Deidre & Stephan se plaas verlowing fotosessie

Die paartjie verliefde paartjie lyk gemaklik in denim en stewels waar hul verlief in mekaar se oë staar.  Deidre kon nie anders as om ja toe sê toe Stephan met die mooi groen oë die ring uithaal en haar vra  om te trou nie.  Op die agtergrond was die maan vol in die naghemel terwyl hulle alleen op die dek van hul naweekplekkie ‘n drie-gang maaltyd geniet.  Hulle mooi verlowings fotos op ‘n plaas waar sitrus swaar aan die bome hang is baie uniek.  Hulle geniet elke oomblik van die fotosessie terwyl hul honde-kind seker maak hy is deel van die groot herinnering.

farm engagementfarm engagement farm engagement farm engagement


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek het saam met ‘n paar vriende vir ‘n naweek in Jeffreysbaai gaan kuier en het vir Stephan daar ontmoet.  Toe ek die eerste keer in sy groen  oë kyk het ek geweet dit is my trou man. Dit was in November 2010.


farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement


Hoe het julle verloof geraak?

Hy het ‘n verrassings naweek gereël. Ons het die Saterdag ingeboek by Oceana naby Port Alfred. Hy het gereël dat ons ‘n drie gang maaltyd op ons dek by die kamer eet die aand. Dit was heerlik. Ons het by kerslig gesit en die maan was uit. Dit was so romanties!! Toe hulle die nagereg neersit het ek onmiddellik ‘n happie gevat. Toe se Stephan dat hy my iets wou vra voor ons begin eet!!!

Daai happie nagereg het soos poeier in my mond geraak. My hart het so vinnig geklop. Hy het ‘n ring boksie oopgemaak en daar was my trouring!

Ek het natuurlik JA gesê, opgestaan en hom gesoen.


farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement


Wanneer het julle getrou?

Ons is die 28ste November by Lombardini naby Jeffreysbaai getroud


farm engagement5 farm engagement farm farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement