Ryan & Simone se Kaapstad verlowing

Hierdie paartjie se verlowings foto’s lyk vars en lig.  Hulle lyk pragtig en verlief presies wat almal beoog vir hul verlowings fotosessie.  Onder kan jy inspirasie vind indien jy ook jou fotosessie wil hou op die strand sonder om te informeel te wees en steeds ‘n speelse element wil inkorporeer.  Die twee het slim te werk gegaan om ook foto’s te neem in die Bo-Kaap met sy helder kleure en so hul foto’s divers te hou en verskeie elemente te kan inkorporeer en nie net die skoon palet van die strand nie.  Lees onder hul verlowings storie en word betower deur hul mooi foto’s.  Voor julle vêrder lees wil Mooi Troues net uitwys hoe mal ons is oor die stadsliggies foto’s aan die einde!  Beslis een van ons gunstelinge.

Hoe het julle ontmoet?


Simome se ma en Ryan se pa het dit opgestel as ʼn “Blinde Afspraak”.  Die Blinde Afspraak was by ‘n restaurant.  Simone het daar aangekom en Ryan sit saam sy vriende en geniet die Rugby.  Simone het regtig gedink dis aaklig van hom.  Hulle sit toe langs mekaar en hy vra: “So, jy’s ʼn Radiograaf?”  Van daar af het hulle lekker gesels, dadelike konneksie.  Omdat albei familie georiënteerd is en families was saam was dit vir elkeen ʼn bonuspunt.  Die paartjie het lekker gesels en kon oor enigiets gesels sonder moeite.

Hoe het julle verloof geraak?


Ryan moes besluit tussen twee opsies en het besluit op die meer sentimentele opsie.  Bentley, ʼn goeie vriend van die paartjie was oorlede in ʼn kar ongeluk wat Ryan oorleef het, wat ‘ n moeilike tyd was vir albei.  Bentley het vir Ryan gesê dat as hy ooit haar wil bederf, moet hy haar na Zwahili Lodge vat vir ʼn naweek.  Met die verlowing stap hulle na die uitkykpunt, Ryan noem toe dat hy iets wil gaan haal in die kar (die Ring).  Ryan vertel toe hoekom hulle daar is, Simone begin huil.  Hy gaan op een knie, Simone huil nog meer!  Die lodge het vir hulle ʼn aandete by die Lodge voorberei.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Johann Bekker het die opsie opgebring vir ʼn bestemming foto sessie in Kaapstad.  Ryan en Simone het goeie herinneringe van Kaapstad, asook het hulle trou venue (Kleinkaap Boutique hotel) hulle die gevoel gegee van die Kaap.  Die verlowing sessie het bestaan uit ʼn 7-area foto sessie.

Vertel ons meer oor jul droom troue?


Klassiek, Elegant, Wit troue. Oorloop van Vriende en familie.  Tuin tema met honderde wit blomme.  Sprokiesverhaal met skitter-ligte.  Mooi ou geboue en tuin, gesofistikeerde intieme affêre

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: