Henry & Isabel se selfdoen troue

Henry en Isabel het ʼn plaas tema trou gehad en hul wou lekker saam hul geliefdes kuiers so die troue was baie ontspanne.  Alhoewel die Vrystaat reën geval het terwyl Henry en Isabel se trou seremonie aan was is hul gaste vinnig begelei na onderdak en het die reën nie verder hul dag bederf nie.

Ons by Mooi Troues beveel maar altyd aan om ʼn Plan-B te hê wanneer jul seremonie of self onthaal in die opelug gehou word; selfs die wind of as die kwik erg styg kan die baie onplesierig vir jul en jul gaste wees.


Vertel ons hoe het julle ontmoet?

Ons was altwee in dieselfde skool gewees en was baie goeie vriende.  Na skool het ons gereeld saam na funksies, troues en ander geleenthede toe gegaan.  Met tyd het ons vriendskap in liefde verander en ons het eienskappe in mekaar raakgesien waarvan ons altwee gehou het en graag gesoek het in n lewensmaat.  Die mees belangrikste eienskappe waarop ons verhouding gebou is, is Christenskap en vertroue en met daardie twee is en enige verhouding n wenresep!  Omdat ons mekaar so lank geken het was dit lekker om in n verhouding in te gaan en presies te weet wat jy in die ander persoon het. Die gesegde wat sê jou vrou of man moet jou beste vriend wees is definitief op ons van toepassing.



Was julle met wittebrood?

Ons was Bosveld toe gewees vir ons wittebrood waar ons vyf dae in privaat oord gespandeer het en nog vyf dae in die Kruger Wildtuin.  Dit was ons altwee se eerste keer en die Wildtuin gewees en om die natuur en die bosveld vir die eerste keer saam te beleef was baie spesiaal en iets wat ons vir altyd sal onthou.



Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?

Omdat ons altwee van die plaas en buitelewe lewe hou het ons gedink dat ʼn plaas-opskop spesiaal gaan wees en dit is presies hoe die dag uitgedraai het.  Ons het beplan om die seremonie in ʼn laning onder Populier bome te hou.  Ons het die lokaal opgemaak en uiteengesit met ou wynvaatjies, hout baddens met drankies, hout koetse met vinger happies en speletjies vir gaste soos kettie skiet, ring lood,kringetjies en kruisies om die gaste besig te hou tydens ons fotosessie.   Die kleur skema van ons dekor was silwer en wit op hout tafels met Orgidee blomme en olie lampies vir beligting.  Die tafel geskenkies was ‘n hout suiker teelepeltjie met twee beskuitjies.



Wat sou jul verander het as jul kon?

Elke oomblik van ons troue was perfek gewees en daar was absoluut niks wat ons anders wou gehad het nie;  As ons kon toor sou dit lekker gewees het om die tyd vir n paar ure te kon stop!!



Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Geniet die opbou na die troue, omdat mens soveel tyd daaraan spandeer leer mens mekaar nog beter ken en dit is lekker om so groot geleentheid saam aan te pak.  Die beste raad wat een van ons vriende vir ons gegee het is om vir n oomblik by die troue net alleen te sit en alles in te neem en te besef hoe wonderlike voorreg dit is om mekaar te kan hê.


Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Troue Plek: Pepermossie
  • Dekor: Die bruid se moeder, sussies en Pepermossie
  • Fotograaf: Colour Photography
  • Grimering: Christelle Strydom
  • Hare: Ruleen Landman
  • Platejoggie: Executive Sound
  • Videograaf: Bottlerocket
  • Trourok: Celeste Peyper – At Scissors