Reon & Truche se oulike verlowing fotosessie

Reon en Truche het ‘n baie mooi verlowing fotosessie gehad met baie oulike idees vir inspirasie vir ‘n verlowing fotosessie.  Ons by Mooi Troues hou van die fotos waar hul selfone in is met foto’s van hulself.

cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot


Hoe het julle ontmoet?

Ons ontmoeting … Ons was 13 jaar oud in Graad 8.  Die groot bek blonde meisie het my aandag gehad van dag een af volgens Reon.  Ons verhouding het nie hier afgeskop nie maar wel baie vinnig goeie vriende geword.  Reon het belang gestel in my, maar vriendinne het my voorgespring en hom af gevat.  Reon was die blou oog skater seun wat altyd deur my hande geglip het maar altyd my aandag getrek het.  Skool loopbaan was gou verby en so het ons padjies geskei.   Drie jaar later loop ons mekaar raak in O’Hagens.  Ons het onmiddellik chemie gehad en nie op gehou gesels nie.  Opgevang en nommers uit geruil, eerste amptelike afspraak twee dae daarna.


cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shootcute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot


Hoe het jul verloof geraak?

Ons was toe nou al 5 jaar ‘n paartjie.  In die Kaap op vakansie, Blouberg strand, die Blue Peter, musiek en vuurwerke. Moet ek meer sê?….. 1 Jan 00:00am het hy op sy knee gegaan.


cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shootcute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot


Vertel ons van jul droom troue?

Ons wil ‘n gemaklike en eenvoudige troue beleef.  Ons wil partytjie hou.  Goeie musiek en baie mense!!  Ook baie lekker kos natuurlik!


cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot cute engagement photo shoot

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: