P.J & Elzanne se Allesverloren troue

PJ en Elzanne sweer ewige eg aan mekaar en die bruilof is gevier met 220 gaste teenwoordig op die prag plaas Allesverloren, maar teen strydig met die plaas se naam is waar honderde paartjies al voorheen getrou het.

Alhoewel PJ en Elzanne in ‘n kerk getrou het kan paartjie hul seremonie onder digte bome hou wat iets besonders is.  Ons is mal oor die Geel en Grys kombinasie van die troue en alles het so perfek saam gewerk van die kamer waar PJ aangetrek het tot die stoel waarop hy sit om sy skoen se veters was te maak. As die kombinasie reg gedoen word is dit ontsettend mooi en ons sien min troues met die vars op die oog kleurskema.

Ons het die troue baie geniet en hoop julle word geïnspireer om ook by Allesverloren te troue.

anri-marinus_0052 anri-marinus_0053 anri-marinus_0054 anri-marinus_0055 anri-marinus_0056


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek het na skool Onderwys studeer in Wellington.  Een Saterdag in die Burger was daar ’n advertensie vir ’n graad 1 pos te Vyeboom.  Ek het dadelik aansoek gedoen en die pos gekry.  Die eerste maand in Vyeboom was ek by ’n doop, daar het ek vir P.J ontmoet.  Ons het die dag heerlik gesels. Na die doop het ons mekaar vir ’n jaar nie gesien of van mekaar gehoor nie, al het ons in die selfde dorp gewoon.  Nog ’n jaar het verby gegaan, ons was toevallig by dieselfde dans van my skool.  Lekker gedans en gekuier.  Na die dans het ons weereens vir ‘n jaar nie gepraat nie.  Nog ’n jaar is toe verby en kry mekaar weer die volgende jaar vir die derde keer by die skool se dans.  Lekker gekuier en gedans.  ’n Week na die dans het hy my genooi vir koffie.  Ek kon nie wag nie, ek het my mooi gemaak en gegaan.  Terwyl ek na sy voordeur toe gestap het, het hy al die deur oopgemaak, ek het nie die trappie gesien nie en val toe voor hom.  Knie was stukkend en net bloed oral.  Ek was baie skaam en van daardie dag af het ons meer saam gekuier en mekaar leer ken.  Ek het van die doop af geweet ek is mal oor hierdie man.


anri-marinus_0057 anri-marinus_0058 anri-marinus_0059


Hoe het julle verloof geraak?

Ons woon op is plaas in Vyeboom. P.J neem my gereeld om saam met hom op die plaas rond te ry.  Ek weet nie veel wat hier aangaan nie maar is mal oor die “uitry” PJ is ook mal oor visvang en ek help om gereeld lyn opdraai vir sy visstokke.  Die een aand moes ek hom weer help met lyn opdraai, dit neem nogal lank en ek is nie altyd lus nie, maar ek help hom maar.  Toe ons nog so besig is om lyn op te draai lui sy foon. Ek hoor net hy sê oor die foon: “Ai ek kom nou.” Hy sê toe vir my ‘n pyp het gebars hy moet nou gaan kyk.  Voorbarige ek wil toe dadelik saamry nog voordat hy my kon saamnooi.  Ons het vreeslik ver op in berg gery (daar is nie eers ‘n pyp met water nie, nou weet ek dit hehehe).   Tot bo gery en gestop.  Hy roep my toe en sê kom kyk net die pyp.  Ek klim toe uit en stap om na hom, daar gaan hy op sy knieë en vra my om te trou.  Uit die veld geslaan, dadelik ja gesê en heerlik sjampanje gedrink met die mooiste uitsig.


anri-marinus_0060 anri-marinus_0061 anri-marinus_0062 anri-marinus_0063 anri-marinus_0064


Hoe lank was julle saam voor julle getrou het?

Ons het twee jaar uitgegaan en was ses maande verloof.


anri-marinus_0065 anri-marinus_0066 anri-marinus_0067 anri-marinus_0068 anri-marinus_0069 anri-marinus_0070


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Julle moet beste vriende wees.  Kommunikasie is baie baie belangrik.  Deel hoe julle voel en praat alles uit.  Lag elke dag saam en geniet mekaar.  Maak vir Jesus julle basis van jul huwelik.


riebeek kasteel wedding venue width= riebeek kasteel wedding venue yellow wedding decor yellow wedding decor yellow wedding decor riebeek kasteel wedding venue yellow wedding decor yellow wedding decor yellow wedding decor riebeek kasteel wedding venue riebeek kasteel wedding venue anri-marinus_0082 anri-marinus_0083 anri-marinus_0084 anri-marinus_0085

Diensverskaffers