Johan & Restelle se oulike plaastroue

Die mooi troue van Johan en Restelle deel ons graag vandag met jul op Mooi Troues en hul verlowing was ook gepubliseer op ons blad.  Julle kan na Johan en Restelle mooi verlowing hier loer.  Ons is bly om ‘n paadjie saam paartjies te loop.

Hier is baie inspirasie in die fotos wat jul onder kan deur blaai onder ander soos die hanger waarop Restelle se trourok hang, die sakkies waarin hul konfetti was en die asemrowende mooi dekor van hul troue.  Die dekor van hul troue gee ‘n regte plaas gevoel en ons is versot op die Granate wat uit die dak hang.  Die klein windpompe en gehekelde figuurtjies is ‘n briljante tikkie inspirasie.  Ons weet sommer julle gaan baie idees van die troue kry veral as jul gaan met ‘n plaas tema vir die trou dag.

johan-en-restelle-troue_0002 johan-en-restelle-troue_0003 johan-en-restelle-troue_0004 johan-en-restelle-troue_0005 johan-en-restelle-troue_0006 johan-en-restelle-troue_0007 johan-en-restelle-troue_0008 johan-en-restelle-troue_0009 johan-en-restelle-troue_0010 johan-en-restelle-troue_0011


Hoe het julle ontmoet?

Ons het die eerste keer ontmoet nadat my werkgewer (wat soos ‘n tweede ma is ) ‘n entrepreneurs kursus bygewoon het  waar Johan een van die aanbieders was.  Hy het haar aan haar eie man laat dink en nadat sy vasgestel het dat hy enkel lopend is het sy hom apteek toe gebring om ons aan mekaar voor te stel.


johan-en-restelle-troue_0012 johan-en-restelle-troue_0013 johan-en-restelle-troue_0014


Hoe het julle verloof geraak?

Ek het gedink ons gaan saam met sy niggies wat vir die naweek in Hartenbos was uiteet.   Op pad restaurant toe het hy vir my gesê ons moet net eers by sy huis stop want hy het sy beursie vergeet.  Toe ek die huis binne stap het hy die hele gang vol kerse gepak en ons fotos orals op geplak.   Die paadjie het gelei na n piekniek mandjie, met al my gunsteling lekkernye.  Die oomblik was perfek toe hy my vra om vir ewig syne te wees en met oë vol trane en n dol gelukkige hart het ek JA gesê!


johan-en-restelle-troue_0015 johan-en-restelle-troue_0016 johan-en-restelle-troue_0017 johan-en-restelle-troue_0018 johan-en-restelle-troue_0019 johan-en-restelle-troue_0020 johan-en-restelle-troue_0021 johan-en-restelle-troue_0022 johan-en-restelle-troue_0023 johan-en-restelle-troue_0024


Hoe lank was julle bymekaar voordat jul getrou het?

Ons het mekaar in Maart 2014 ontmoet en op 17 Oktober 2014 begin uitgaan, 1 Mei 2015 verloof geraak en op 19 Maart 2016 ewig trou aan mekaar beloof. 


johan-en-restelle-troue_0025 johan-en-restelle-troue_0026 johan-en-restelle-troue_0027 johan-en-restelle-troue_0028 johan-en-restelle-troue_0029 johan-en-restelle-troue_0030 johan-en-restelle-troue_0031 johan-en-restelle-troue_0032 johan-en-restelle-troue_0033 johan-en-restelle-troue_0034 johan-en-restelle-troue_0035 johan-en-restelle-troue_0036 johan-en-restelle-troue_0037 johan-en-restelle-troue_0038 johan-en-restelle-troue_0039 johan-en-restelle-troue_0040 johan-en-restelle-troue_0041 johan-en-restelle-troue_0042


Advies aan ander paartjies wat nog moet trou?

Wedersydse vertroue,  liefde, respek en eerlikheid tesame met kommunikasie is die boustene van ons huwelik.  Geniet jou maat, wees lief en onthou altyd dat julle net aan mekaar geleen is.  Daarom moet ons elke dag ons heel beste vir mekaar gee!


johan-en-restelle-troue_0043 johan-en-restelle-troue_0044 johan-en-restelle-troue_0045 johan-en-restelle-troue_0046 johan-en-restelle-troue_0047 johan-en-restelle-troue_0048 johan-en-restelle-troue_0049 johan-en-restelle-troue_0050 johan-en-restelle-troue_0051 johan-en-restelle-troue_0052 johan-en-restelle-troue_0053 johan-en-restelle-troue_0054 johan-en-restelle-troue_0055 johan-en-restelle-troue_0056 johan-en-restelle-troue_0057 johan-en-restelle-troue_0058 johan-en-restelle-troue_0059

Diensverskaffers: 

  • Fotograaf : Anina Harmse
  • Trourok : Eurobride Cape Town
  • Venue , blomme,  dekor en spyseniering : La Rosa Blu – Jane van Jaarsveld en span
  • Troukoek en bunting: Hanita Vivier (vriendin van bruid)
  • Cake Toppers : Lalla B Hekelwerk (Lezelda Faul)
  • Hare: Jesica Joubert – Jesica’s
  • Grimering : Gabriela Neto
  • Buttoneers : Help n Bruidjie
  • Skryfbehoeftes : Cat Signs George