‘n Karoo avontuur gestileerde fotosessie

Die Karoo lê baie naby aan Suid-Afrikaners se hart en dus is ons by Mooi Troues baie opgewonde om met julle ‘n Karoo Avontuur gestileerde fotosessie vandag met julle te deel.  Kyk na die foto’s en Mooi Troues se lesers sal sien dat die Karoo ‘n beeldskone natuur agtergrond lewer vir onvergeetlike foto’s.  Die diensverskaffers wat bymekaar gekom het om die fotosessie die realiteit te maak is van die Klein-Karoo dorp, Calitzdorp, en deel met lesers wat die inspirasie wil volg hul advies hieronder.  So rol af, geniet die foto’s en maak seker om die artikel en advies noukeurig deur te lees.

Wie het die fotosessie gereël?


Die fotosessie is gereël deur ek (Pyper van Positive Lights Photography) en my wonderlike “bruid” (Lee-Ann) vir bemarking foto’s.

Inspirasie vir die fotosessie?


Waar om te begin.  Ons woon in ‘n klein dorpie, Calitzdorp, in die Klein Karoo en is omring deur die majestueuse Swartberg berge en die omliggende landskap wat ‘n juweel van kleur en fauna is.  Van daar af het ek besluit ek wil ‘n Wilde Weste/Woestyn tema met ‘n klein bietjie boheemse by gestileerde ontvoering trou fotosessie beplan.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Om rede dat die ligging so ver van die naaste groep van diensverskaffers was, het ons beperkte keuses gehad.  Ons het van daar af besluit om soveel as moontlik onsself te doen om dit makliker te maak.  Ek was bevoorreg om weer met Unveiled Bridal te werk vir die rok op hierdie gestileerde fotosessie, maar hierdie keer met nuwe eienaars en Rietha het rerig uit haar pad uit gegaan vir hierdie sessie!  Ons grimeer kunstenaar was naby die ligging van die fotosessie en goeie vriend van Lee-Ann.  Ek voel ons het lekker as ‘n span gewerk om hierdie visie te skep.

Agter die skerms inligting?


Die dag het nie soos beplan gegaan nie.  In die Klein Karoo was ons baie geseën om ‘n bietjie koeler weer in die maand van Februarie te hê, maar het nogsteeds temperature van +-45 grade Celsius gehad.  Die plan was om die Kruis Rivier pad te ry en in ‘n paar plekke te stop wat rerig die tema in fokus bring en Klein Karoo beskryf.  Met ‘n kar wat langs die pad af gebreek het, wat ons ‘n bietjie baie laat gemaak het en die fotosessie heeltemal verander, het ons die “Goue uur” heeltemal gemis.

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Letterlik alles.  Die sessie was beplan met ‘n avontuur ontvoering in gedagte en om tussen die natuur te wees waar net die bobbejane en perde vir jou aankyk.  Lee-Ann en Johan se egte liefde het die hele sessie gemaak!

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


So eerstens, as jy ‘n troue in die Karoo wil beplan, beplan jou groot dag vir die Herfs of Lente maande – ek het so jammer vir my paartjie in die hitte gevoel!  Behalwe dit, sal ek net aanbeveel dat jy seker maak dat jou rok nie te styf is nie en gemakliker skoene dra vir daai avontuur of bossies foto’s.

Diensverskaffers: