Driaan & Ilze se tuin verlowing

Soos elke paartjie uniek is in alles wat hulle doen, het Driaan die meisie van sy drome gevra om saam met hom te gaan “skydive” toe hy die groot vraag wil vra.  Dit was sy eerste keer daarom neem dit tyd voordat hy sy senuwees tot bedaring kan kry nadat sy voete grond gevat het.  Natuurlik sê die mooi Ilze ja.  In ‘n mooi tuin is Elize Mare Fotografie daar om die verliefde paartjie se verlowings fotos te neem.  Die agtergrond van ‘n mielieland en mooi struike skep pragtige fotos waarna die paartjie nog baie jare kan kyk om mooi herinneringe te koester.


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Driaan se ouma het verlede jaar eendag haar versekerings maatskappy besoek, en Ilze daar ontmoet.  Ouma het bietjie uitgevra of Ilze dalk ‘n kêrel het, waarvan die antwoord toe nee was.  Wel, Ouma Annatjie het bietjie Cupido gespeel en die twee se nommers aan mekaar gegee.  Driaan het my gekontak, op ‘n afspraak geneem, en dit was liefde met die eerste oogopslag.



Hoe het julle verloof geraak?

Driaan het my gevat om te gaan ‘skydive’.  Nie my eerste keer nie, maar wel syne.  Toe ons op die grond land, en hy weer sy voete gevind het en die senuwees kalmeer het, het hy afgegaan op sy knieë en my gevra om te trou.  My antwoord…. JA natuurlik!



Wanneer beplan julle om te trou?

Ons trou op 11 Junie 2016 op Goedgedacht, Groblersdal.


Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: