Wean & Nicci se Pragtige Helder Troue

Met opgewondenheid deel ons Wean en Nicci se pragtige helder troue met Mooi Troues se lesers.  Hierdie skilderagtige unieke troue in die Wes Kaap is een wat jy nie moet mis nie!

Die paartjie foto’s is sprokiesagtig mooi.  Met die natuur tonele by Cherry Glamping kon dit nie meer beeldskoon uitdraai nie.  Ons is mal oor die geskilderde sonsak wat só romantiese atmosfeer skep.  Hierdie moderne rustieke trouvenue is pragtig met sy beeldskone omgewing en uitsigte.

Fender Bridal het die aller mooiste trourok vir Nicci ontwerp.  Die inspirasie vir Nicci se trourok was “ou wêreldse sjarme”.  Nicci het 3 uitrustings “in een” gehad – vir die seremonie: ’n driekwart mou bo-stuk gemaak van ingevoerde moderne kant met crepe romp; vir die onthaal het sy die crepe romp verruil vir ’n sjiffon romp en die bo-stuk vir sjiffon moue.  Die elegansie van die trourok het haar natuurlike skoonheid versterk en het ʼn tydlose, betowerende voorkoms gegee.

Die dekor en blomme deur 4 Every Event was ongelooflik pragtig en helder.  Alles het só perfek saamgewerk om ʼn uitsonderlike atmosfeer te skep.  Die kreatiwiteit en aandag aan detail het duidelik in die trou dekor en blomme uitgeblink. Dit het die venue omgetower in ʼn wonderlike skouspel van skoonheid.

Die span  het ook gesorg vir ruikers vir die bruid en haar gevolg. Hulle was verantwoordelik vir die huur van meubels en die installasie van al die liggies by die troue.

Ehl-Kah Creative was die trou koördineerders vir hulle troudag en het seker gemaak dat alles vlot geloop het en al diensverskaffers was op tyd en opgestel.  Mens kan altyd staat maak op Ehl-Kah Creative en hulle span om dit vir jou en jou gaste ʼn onvergeetlike fees sonder stres te maak.

Rol af om meer te lees oor die paartjie se troue en hul liefdesreis!

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het heel toevallig ontmoet by ʼn wynfees in Oktober 2019 (Wine on the River) en het so goed oor die weg gekom.  Ons het vir ʼn geruime tyd vriende gebly voordat Wean my Oktober 2021 uitgevra het.  Op my 30ste verjaardag in September verlede jaar het hy vir ons twee ʼn verrassings reis gereël.  Ek het my vermoedens gehad, maar niks groot nie.  Na ʼn pragtige stap deur die woud, was ek besig om reg te maak vir wat ek gedink het ʼn gesin middagete was, maar het uiteindelik verloof geraak.  Dit was só spesiaal en ek sal dit altyd onthou as een van my gunsteling dae.

Trourok:


Omdat ek self ʼn trou fotograaf is, sien ek gereeld hoe sommige bruide sukkel om te dans en hul aand in ʼn lang rok, of ʼn styfpassende lang rok te geniet.  My beste vriendinne het toe saam na ʼn paar aanpassings gekom en ek het regtig verlief geraak op ʼn hele paar rokke.  Ek het ʼn plan gehad en ek wou daarby hou, en ek is so bly ek het dit gedoen.

Ek het Fender Bridal op Goggle gevind, hulle is baie naby aan my gebaseer, so ek het my kanse gewaag en ʼn konsultasie bespreek.  Sonder om te veel in te meng, laat hulle jou soos die enigste bruid in die wêreld voel!  Hulle het vir my ʼn rok ontwerp wat 4 elemente bevat om dit soos ʼn heeltemal ander rok te laat lyk sonder om verander te word.  Ek het ʼn kort boob-tube rok (1) gehad, met ʼn romp wat ek kon aantrek en oor my rok kon uittrek (2). Ek het ʼn stunning cami gehad vir die seremonie (3) en ook aanknip moue sodat ek die nag kon dans sonder dat dit afgly (4).

Meer oor 4 Every Event:


4 Every Event is ʼn familie besigheid in die Overberg Grabouw/Elgin area.  Hul spesialiseer in troues – hoofsaaklik ʼn dekor en verhuring maatskappy.  Alles van die gewone huur items soos eetgerei, glase, borde – tafels, stoele, basies al die praktiese items wat paartjies mag nodig kry by hulle troues, tot die mooi maak items soos die blomme, beligting, meubels, dansvloere en tente.

Hulle dienste is aanpasbaar vir elke paartjie in terme van beperkte huur items of ʼn volle diens.  Die span se passie is troues, die details, die stilering, ontwerp en dan die op die dag se diens om alles bymekaar te bring.  Hul mik vir ʼn groen voetspoor in hul besigheid en fokus daar op om tweedehandse items aan te koop en oor te doen.  Hulle maak ook baie van hulle eie meubels, gebruik slegs sover moontlike tweedehandse hout, seisoenale blomme en herwinbare produkte.

Trou Venue:


Een van die belangrikste dinge vir ons was dat almal kon oorbly en jol tot watter tyd hulle wil!  Ons was opsoek na ʼn venue wat ons toegelaat het om te doen presies wat ons wou en ons wou ook ʼn venue hê waar al ons gaste die Vrydagaand bymekaar kon kom en tyd saam met vriende en familie kon spandeer wat hulle dalk lanklaas gesien het.  Cherry Glamping het ons al die bogenoemde gegee.  Dit was ook lekker naby die huis so dit het elkeen van ons boksies afgemerk.  Dit is ook absoluut stunning daar wat ook gehelp het. 🙂

Verloof- en Trouringe:


My ring is die wonderlikste skepping wat jy nog ooit gesien het.  My ouma het vir my 2 diamante en ʼn saffier gelos.  Wean het ʼn paar wenke by my geneem wat ek voorheen aan hom gestuur het, en ʼn meesterstuk ontwerp met die stene wat my ouma vir my gelos het.  Dit is eerlikwaar die mees spesiale stuk juweliersware!

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Ek het nie regtig ʼn gunsteling oomblik nie.  Ek bedoel dié hele dag was skouspelagtig!  Maar ek moet sê, om in die trougang af te stap is redelik verstand bysterend. 🙂 So as ek moes kies, sou dit waarskynlik dit wees.

Meer oor Fender Bridal:


Fender Bridal Design het ’n aanlyn winkel met ʼn versameling goed gekoördineerde trourokke, meng-en-pas trou kledingstukke, bykomstighede (sluiers ens.) en juwele. Alles op hul aanlyn winkel kan ook in persoon besigtig en aangepas word by ons ateljee in Somerset-Wes, slegs 40 minute se ry van Kaapstad af.  Hulle voer trourok materiaal in van regoor die wêreld, en kliënte het toegang tot die nuutste ontwerpers materiaal en kant wat beskikbaar is.

Hul produkte word in Suid Afrika vervaardig wat beteken hul kan in minder as 2 maande jou trourok vir jou aflewer indien nodig.  Fender Design bied ook vir bruide die opsie om aanpassings te maak op die silhoeët, kleur en materiaal waarvan die rok gemaak is.  Patrone word uniek vir elke kliënte opgetrek volgens die bruid se liggaamsbou wat beteken hul werk nie met standaard rok groottes nie.  Hul koerier bestellings regoor die land – konsultasies geskied dus aanlyn of in persoon.  Daar is ʼn verhurings opsie.

Meer oor Ehl-Kah Creative:


Ehl-Kah Creative spesialiseer in beplanning en koördinering van troues en geleenthede.  Hulle gaan probeer om altyd die JA te vind vir hul kliënte en om wonderlike ervarings te skep terwyl hul koste-effektief werk.  Hulle verhoudings met hul paartjies is vir ons baie belangrik omdat elke paartjie/kliënt is uniek.  Die span glo dat die reis wat hul saam met hul paartjies stap voor die troue is net só belangrik soos die troudag.

Hul werk saam met ʼn droomspan van diensverskaffers wat hul meer baie sterk verhoudings opgebou het en wat hul paartjies die beste diens moontlik bied. El-Kah Creative spesialiseer in trou skryfbehoeftes ook soos die ontwerp van welkom borde, spyskaarte vir die tafel en ook troue geskenkies wat ons paartjies vir hulle gaste wil gee!  Hulle sien uit daarna om die beste dag van jou lewe te beplan!

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Dit is ʼn verskriklike vraag! Ek het my diensverskaffers gekies omdat ek geweet het hulle sou ongelooflik wees! 

Die kos was iets waaroor almal nog praat, so ek moet sê, Stan het regtig uitgehaal en gewys met die canapes en die hoofgereg.  Dit was ongelooflik en ek kan nogal moeilik wees as dit by goeie kos kom. 

Om ʼn goeie platejoggie te hê, is eintlik die beste ding wat jy vir jouself kan doen!  Armand was ongelooflik en het almal op die dansvloer gehou!

Trou Dekor en Styl:


Ons het nie ʼn vasgestelde kleurskema gehad nie.  Ons wou alles moes aards en eenvoudig hê.  Ek wou kleiner blomme op die tafel hê, want kom ons wees eerlik, niemand praat daarna ooit oor die blomme nie.  Ek wou hê die tafels moet elegant lyk sonder dat die blomme spasie opneem sodat mense dinge moet rondskuif.  Die een ding wat ek nie wou hê nie, was Eucalyptus blare.  Hulle lyk net vir my vals.  Ek wou egte plante hê en het regtig baie hulp gehad van Nadia van 4Every Event wat ons blomme en dekor gedoen het.  Ek het vir haar ʼn paar idees gestuur en sy het die visie gesien en dit tot lewe gebring!

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Wees selfsugtig vir julself!  Soveel mense raak betrokke en probeer help.  Ja, dit kan nuttig wees, maar onthou dit is jul dag.  As daar iets spesifiek is wat JULLE wil hê, doen dit dan!  Moet ook nie te veel bekommer oor almal anders op die dag nie.  Almal is daar om jou liefde en geluk te ervaar, jy hoef nie iemand anders gelukkig te hou by jou troue nie.

Eerste Dans:


Lief- Karlien van Jaarsveld

Trou Begroting en Beplanning:


Wean en Nicci het 105 gaste by hul troue gehad met ‘n koste van ongeveer R2 400 per persoon.  Die koördineerder het vir om en by 7 maande aan die troue beplan.

Artikel Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: