Ons bly in die Karoo Art Hotel in Barrydale

Ons is absoluut verlief op die Karoo, Route 62, die klein dorpies en vreeslike vriendelike mense.  Ons het ʼn naweek deur gebring in die Karoo Art Hotel in Barrydale, Klein-Karoo.  Dit was ʼn belewenis waaroor ons letterlik opstelle kan skryf, maar ons sal alles in so min moontlike woorde sit.  Barrydale is Ongeveer 246km uit Kaapstad CBD en is werklik ʼn skilderagtige roete.  As jy van Kaapstad op die N1 kom sal jy in Worcester op die R60 pad afdraai wat jou verby die mooi Nuy Vallei neem, deur Robertson  en Ashton se middedorp, verby Montagu en oor die mooi Tradouw pas ry.  Op die roete is vele padstalle en plekkies waar julle kan stop om bietjie rond te loop.

” Keep it funky, keep it Country.”

ExteriorIMG_9494IMG_9492Pool

Barrydale


In Barrydale aangekom ry jy op die R62 waar jy oulike restaurante en Koffie winkels sal sien.  Baie bekend is Diesel en Crème vir die lekkerste verskeidenheid van gourmet melkskommels vir die fynproewers.  Elke sent moeite werd.   So 300m Lady Smith se rigting kry jy ʼn afdraai wat Laing Straat is daar draai jy af en skaars 200m sal jy die Karoo Art Hotel op jou Linker kant sien, op die hoek van Laing en Van Riebeeck Straat.  Die aanmelding my die Karoo Art Hotel is maklik en sonder sukkel.  Die personeel groet jou met breë glimlagge en help jou graag na jou kamer.  Die hele hotel lyk soos ʼn kuns galery en al die kuns werke is te koop.

Daar is ʼn Sitkamer met ʼn kaggel vuur waar julle eetlus wekkers kan geniet, op ʼn middag tee en tydskrif lees.  Die Sitkamer lei ook uit na die Hotel se swem area.  Die kroeg area pas in by die res van die Hotel se dekor. Indien daar ʼn partytjie maker is kan die persoon Platejoggie speel met langspeelplate. Daar is ook ʼn veerpyltjie bord vir goeie sports.

IMG_9548IMG_9476 IMG_9506

Eet:


Die bekroonde restaurant spog met ʼn eg Suid-Afrikaanse spyskaart, met Herders Pastei, Maleise Kerrie om ʼn paar te noem.  Die spyskaart verander ook gereeld om dinge lekker en interessant te hou. Daar is ook ʼn goeie wynlys met wyne uit die Klein Karoo distrik.  Die restaurant is ook gepas vir kleiner en intieme funksies.  Die restaurant  is toe Maandae tot Vrydae gedurende middag ete.

Muchroom resotta pudding 2 snack 2 springbockLanb shank 2

Kunstige Kamers:


Praat van die kamers! Nou hier is wat die Karoo Art Hotel so besonders maak.  Elke van die 15 kamers het sy eie styl en nie 2 kamers lyk dieselfde nie. Die standaard kamer kom met ʼn verwarmer, elektriese kombers vir die winter en dakwaaier vir die somer.  Die luukser en groter kamers kom met ʼn Televisie en DSTV by sou jy wil ontspan tussen al die besigtingingstoere.  Die tuin suite is die mees luukse en modernste van al die kamers en kom met alles bogenoemde asook sy eie privaat binnehof waar julle onder die Karoo nag lug kan buite sit en sterre kyk terwyl jul ʼn drink dingetjie geniet.  Om alles te kroon het die suite 2x buitelug storte.

IMG_956200003BKH_sGarden SuiteGroot Karoo RoomIMG_9423Klein Karoo Room bKlein Karoo RoomMagpie RoomViewsBarrydale Art Hotel side shot web

Teater en Bioskoop:


Die Hotel het ook ʼn teater en bioskoop waar musikante op tree. Die area word ook as die hotel se ʼn trou Onthaal saal gebruik wat ʼn baie gewilde keuse is onder paartjies en kan ongeveer 100 gaste akkommodeer.  Die personeel van die hotel sal met liefde help indien alternatiewe slaap geriewe vir jul trou gaste gereël moet word.

GardenIMG_6656_sFoodBarrydale Art Hotel 2 web

Artikel Krediet:

  • Geskryf deur: Mooi Troues
  • Foto’s verskaf deur: Karoo Art Hotel