Jana & Pelser se selfdoen troue

Dit was op ʼn ysige môre op ʼn staproete met die Drakensberge en opkomende son as uitsig toe Pelser op sy knieë gaan om die groot vraag te vra.  Jana kon nie verstaan waarom hy so opgewonde was vroeër die oggend nie maar toe maak alles vir haar sin.   Die paartjie beplan hulle troue en doen  van die goed, soos die blomme, self.   Pelser se voete was onder hom uitgeslaan toe hy Jana die eerste keer in  sy klas by CTU in Potchefstroom sien in ʼn rokkie.  Dis egter op hul troudag dat sy verseker weer sy asem wegslaan op pad na die altaar.  Ons by mooi troues wens hulle ʼn geseënde huwelik toe en hoop dat hulle nog baie jare saam gaan lag en mekaar se beste vriende sal bly.

Driaan & Ilze_0036 Driaan & Ilze_0037 Driaan & Ilze_0038 Driaan & Ilze_0039

Hoe het ons die eerste keer ontmoet?


Ons het saam klas gehad by CTU in Potchefstroom. (Hy onthou nou nog en herinner my gereeld oor die groen somers rokkie wat ek aangehad het die eerste dag van klas)

Driaan & Ilze_0040 Driaan & Ilze_0041 Driaan & Ilze_0042 Driaan & Ilze_0043 Driaan & Ilze_0044 Driaan & Ilze_0045 Driaan & Ilze_0046

Hoe het ons verloof geraak?


Hy het my op ʼn verrassings vakansie Clarens toe gevat, ek het gedink ons gaan net sneeu kyk, min wetend van sy planne.  Dit was die 11de Julie 2013, in die hartjie van die winter, 5 uur die oggend, en hy wil op ʼn stap roete gaan by die berg op.  Ek het gedink hy is laf, dis ysig koud, pik donker, en hy is baie opgewonde.  Ons het ʼn plek gekry om te sit met ʼn perfekte uitsig oor die Drakensberge en die son op die horison,  Hy het op sy knieë gegaan en dit was die ongelooflikste oomblik van my lewe.

Driaan & Ilze_0047 Driaan & Ilze_0048 Driaan & Ilze_0049 Driaan & Ilze_0050 Driaan & Ilze_0051 Driaan & Ilze_0052 Driaan & Ilze_0053 Driaan & Ilze_0054 Driaan & Ilze_0055 Driaan & Ilze_0056

Hoe lank was ons saam voor ons getrou het?


5 jaar en 4 maande

Driaan & Ilze_0057 Driaan & Ilze_0058 Driaan & Ilze_0059 Driaan & Ilze_0060 Driaan & Ilze_0061 Driaan & Ilze_0062 Driaan & Ilze_0063 Driaan & Ilze_0064 Driaan & Ilze_0065

Advies wat ons aan ander paartjies kan gee?


Elke verhouding is anders, maar iets wat vir ons baie beteken is kommunikasie, en om saam te lag, of dit vir jouself of mekaar is. Ons is absoluut mekaar se beste vriend.

Driaan & Ilze_0066 Driaan & Ilze_0067 Driaan & Ilze_0068 Driaan & Ilze_0069

Diensverskaffers: