Ontbyt geïnspireerd gestileerde fotosessie

Vandag deel ons die laaste gestileerde fotosessie van die 6 inskrywing vir die Mooi Troues kompetisie.  Soos al voorheen genoem het ons die foto sessie op geen spesifieke volgorde gedeel nie. Dié foto sessie is ʼn ma en dogter ontbyt.  Jou ma is jou beste vriendin en daar is niks meer spesiaal om tyd saam jou ma te spandeer voor jou troudag nie.  Lees gerus onder meer oor die foto sessie.

Styled Shoot 5_0001


Die pragtige Lanzerac Hotel geleë op die buitewyke van Stellenbosch is een van die oudste wynplase in die distrik en het ʼn ryk geskiedenis van feeste.


Styled Shoot 5_0003 Styled Shoot 5_0004 Styled Shoot 5_0005


Hierdie 300 jaaroue landgoed, is in 1991 omskep in ʼn hotel wat vandag  wêreldwyd bekend is.

 Mees onlangs is die onthaal lokaal, beter bekend as “The Cellar Hall”, meesterlik oorgedoen met net die beste en mooiste dekor.  Omring met die mooie Jonkershoek berge en die plaas se wingerd terrasse  maak dit nou een van Stellenbosch se gewildste. Boonop bied 48 Luukse kamers  en hulle wêreldklas wyne  gaste ʼn onvergeeflike ervaring.


Styled Shoot 5_0006 Styled Shoot 5_0007 Styled Shoot 5_0008


Ons kon nie wag om hulle ryk tradisie en nuwe toevoeging aan die wêreld te wys nie. Clara en haar ma se spesiale ontbyt en ma -en -dogter tydjie saam is vasgevang. Die troukoek het sy staanplek gekry in klein glas-huisie. Roelien het haar harp gespeel  en   personeel  het  ‘Deconstructive’ melktertjies  bedien. Niks minder as goud en  orgideë  was goed genoeg vir hierdie fees….


Styled Shoot 5_0009 Styled Shoot 5_0010 Styled Shoot 5_0011 Styled Shoot 5_0012 Styled Shoot 5_0013 Styled Shoot 5_0014 Styled Shoot 5_0015 Styled Shoot 5_0016 Styled Shoot 5_0017 Styled Shoot 5_0018 Styled Shoot 5_0019 Styled Shoot 5_0020 Styled Shoot 5_0021 Styled Shoot 5_0022 Styled Shoot 5_0023 Styled Shoot 5_0024 Styled Shoot 5_0025 Styled Shoot 5_0026 Styled Shoot 5_0027

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: