Pieter & Marissa se pragtige verlowing

Dominique van Hello Love Photography het Pieter en Marissa se pragtige verlowing was gevang om mooi kiekies. Gaan loer onder die paartjie se foto sessie.


Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0001Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0002 Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0003 Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0004


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons was saam op skool by H/S Florida. Sedert gr.8 was ons baie goeie vriende. Pieter het uiteindelik in Gr.11 besluit om my uit te vra danksy ons “Wiskunde Vraestel 3 klasse” geselsies na skool in Juf. Niemann se klas. Hy het my gevra om saam met hom die dag na die botaniese tuine te gaan en daar het hy my uitgevra met ‘n piekniek en mooi uitsig.


 

Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0005 Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0006 Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0007 Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0008 Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0009 Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0010 Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0011 Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0012 Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0013


Hoe het julle verloof geraak? 

Ons het ‘n Wegbreek na Port Alfred gehad vir Pieter se sogenaamde “konferensie” by Oceana Wildlife and Beach Reserve. Daar het ons ‘n heerlike tyd gehad waar ons middagete op die strand geniet het, ‘n ‘Game Drive’ op die wildsplaas waar ons uitgeklim het en ‘n glasie vrugtesap in die wild geniet het. Elke keer as ek uitvra oor Pietie se “konferensie” het hy net die regte goed gehad om terug te sê… “die mense kom eers vanaand en ons vlug was vroeg oggend so toe dog ek ons kan die dag sommer saam geniet”…”jy kan die spelling op my presentasie deurgaan as ons by die chalet is want ek moet dit van ‘dropbox’ af download via wi-fi”… selfs die personeel het almal mooi saamgespeel en gesels oor die konferensie…

Die aand net na sewe uur jaag Pieter my aan omdat ek nog staan en my hare doen – “Kom Liefie! Ons is laat”- Net daar besluit ek toe om my hare net soos dit is te los en loop hand-in-hand saam Pieter by die Chalet uit. En toe die groot oomblik… Aandete om 19:00 in die chalet net langs ons met pers blommetjies (my gunsteling kleur) en kerse as dekor. Die oomblik is net nog meer spesiaal gemaak deur die mooiste romantiese musiek in die agtergrond te speel. Elke liedjie is persoonlik gekies deur ons ‘kelnerin’. Dis toe dat Pieter vir my sê dat daar geen “konferensie” is nie en nog voordat ek enigsins kon dink aan ‘n verlowing was Pieter reeds op sy knieë langs my…


Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0014 Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0015 Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0016 Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0017


Wanneer beplan julle om te trou? 

Ons trou die 12de Desember 2015 in Wildernis, Wes-Kaap. Pieter is tans ‘n finale jaar Elektriese Ingenieurswese & Inligtingstegnologie student en ek ‘n Rekeningkunde Honneurs (STR) student by UJ, dus het ons besluit om eers te trou nadat ons, ons studies voltooi het.


Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0018 Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0019 Pieter & Marissa se verlowing soos op Mooi Troues_0020


 Diensverskaffer: