Kevin & Cheré se troue

Dit het begin met ‘n bakkie wat afgeleë in die Kruger Wildtuin staan, reën wat op die grond val, peusel happies, sjampanje, en ‘n groot boom. Op 15 Desember 2010 haal Kevin ‘n gefrommelde boksie agter die spaarwiel uit en so waar is daar ‘n ring binne-in.

Hulle het hul troudag met geloof aangepak en die Liewe Vader het hulle net geseën soos hulle die troue beplan het. Heaven on Vaal was net die regte venue, omdat hulle albei lief is vir die natuur. Ná die ontmoeting met die fotograaf, Open Image Photography, het hulle sommer dadelik geweet hulle sal goed oor die weg kom, die foto’s het inderdaad prentjiemooi uitgekom.

Almal het hul asems opgehou oor die reënbuie wat die hele week vóór die troue gestort het. Die oggend van die troue het die son sy verskyning gemaak net soos Cheré haar verskyning in die paadjie gemaak het. Vir die res van die dag het hulle sonskyn gehad.

“Ons voel baie geseënd oor die spesiale dag wat ons gehad het. Ná die tyd het dit net sin gemaak dat ons reën gehad het op ons troudag – ons het dan reën gehad die dag wat ons verloof geraak het ook!”

_0680 _0681 _0682 _0683 _0684 _0685 _0686 _0687 _0688 _0689 _0690 _0691 _0692 _0693 _0694 _0695 _0696 _0697 _0698 _0699 _0700 _0701 _0702 _0703 _0704 _0705 _0706 _0707 _0708 _0709 _0710 _0711 _0712 _0713 _0714 _0715 _0716 _0717 _0718 _0719 _0720 _0721 _0722 _0723 _0724 _0725 _0726 _0727 _0728 _0729 _0730 _0731 _0732 _0733 _0734 _0735

Diensverskaffers: