Ons Verjaar Vandag

Een jaar gelede, op 9 Mei 2013 het Mooi Troues aanlyn gegaan.  Ons het Mooi Troues gestig met die doel om Suid-Afrika se beste Afrikaans Aanlyn Trou Tydskrif te wees.  Vandag is ons baie trots om te sê ons het definitief ons doel bereik.  Mooi Troues is nie net jou alledaagse aanlyn publikasie nie;  Vir ons kom kwaliteit eerste en dit is hoekom ons so suksesvol is in die jaar periode.

Feite:

  • Vanaf Mei 2013 tot Mei 2014 het ons leser getalle met 540.36 % gestyg.
  • Ons het amper 4000 ‘likes’ op Facebook in 1 jaar.
  • Suid-Afrika, Nederland, Engeland en Amerika is die top leser area’s van Mooi Troues.
  • In Suid-Afrika is Gauteng, Wes-Kaap en Vrystaat is ons hoogste leser getalle.
  • Mooi Troues was al in 112 verskillende lande gelees.
  • Vanaf 2014 skiet ons al ons eie Trou Inspirasies.
  • Mooi Troues is gebaseer in Kaapstad en het vanaf April 2014 ‘n Mooi Troues Gauteng span ook.

Onder is ‘n boodskap van ons eienaar:

Ek is Günther, eienaar van Mooi Troues.

Mooi Troues het in 2013 onstaan toe ek ‘n leemte in die mark identifiseer het vir Afrikaanse aanlyn-tydskrifte ten opsigte van troues. Ek het besluit dat dié tydskrif ‘n baie hoë standaard moet handhaaf, om lesers nét die beste te bied, dat hulle na my inskrywings sal terugkeer. Ek het ook besluit om werk daarvan te maak om my lesers elke dag met nuwe inspirasie te voorsien.

My visie vir Mooi Troues is groei, nie net vir dié besigheid nie, maar ook ander besighede, soos dié wat bydrae lewer om die inskrywings moontlik te maak. Ek is ook ‘n entrepreneur en het van jongs af gedroom om eendag my eie besigheid te besit

Vir my is daar niks meer kosbaar as passie nie.

Ek wil persoonlik baie dankie se aan elke een van ons spesiale Mooi Troues lesers wat elke dag ons aanlyn tydskrif lees en deel. As dit nie vir julle ( ons lesers ) was nie sou die projek glad nie moontlik gewees het nie en ook nie so suksesvol kon wees soos dit vandag is nie.

Dan aan elke liewe trou diensverskaffer wat ons van inhoud voorsien het ‘n spesiale dankie dat julle in ons geglo het tot vandag toe en ons gehelp het om die mooiste inhoud bymekaar te sit vir ons lesers. Julle is almal baie talentvol en ek wil persoonlik dankie se aan elke een van julle.

Aan ons fantastiese adverteerders en bydraers baie dankie vir julle ondersteuning en finansiële en morele hulp om Mooi Troues aanlyn te hou. Sonder julle sou Mooi Troues altyd net ‘n droom kon wees en nie ‘n realiteit nie. Julle ondersteuning word baie waardeer.

Dankie aan die Mooi Troues span wat baie vroeg oggende, laat aande, naweke en publieke vakansie dae moet deur werk met al die gestileerde fotosessies, beplanning van inhoud en al die ander dinge wat gepaard gaan vir julle harde werk en motivering. Julle is ‘n droom span wat dit moontlik maak vir ons lesers om al die mooi goed te sien.

Wie is Mooi Troues se bydraers:

  • Samantha du Toit Photography
  • Jenni Elizabeth Photography
  • Invitation Gallery
  • White Kite Studio
  • Nooi Kreatief { Nuut }
  • Garniche | Event & Wedding Planning