Antoinette & Denise se plaas troue

Ons hoor gereeld dat paartjies ontmoet by die werk en die romanse begin soos ons onder lees van Antoinette en Denise se liefdes verhaal.

Plaas tema troues is baie gewild onder Mooi Troues se lesers en Antoinette en Denise se trou is vol inspirasie vir paartjies wat die tema wil volg.

Geniet die fotos en kry sommer tonne inspirasie vir jou troudag.



Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Ek, Antoinette, en Denise het van alle plekke by die werk ontmoet, Zone Fitness Willowbridge.  Ek was die Assistent Operasie Bestuurder daai tyd en Denise was ‘n verkoopskonsultant.  Denise vertel altyd vir almal die eerste dag wat sy my by die werk ontmoet het het sy geweet sy gaan met  my trou.

Ons het eers vir mekaar ogies gemaak in die gimnasium en na ‘n week of wat het Denise die senuwees bymekaar geskraap en my gevra of ek nie my nommer vir haar wil gee.  Ons het dag en nag mekaar gesms ( WhatsApp was nie in nie) en arme Denise het meer lugtyd gebruik as kos. Sy het my genooi vir n braai by haar huis en die res is geskiedenis, ons van toe af onafskeidbaar.

Denise het verseker ‘n paar eienskappe wat my dadelik aantreklik gemaak het –  waaghalsig, sportief, vol energie en almal se pêl.  Wat sy in my gesien het sal net sy weet, maar duidelik het dit gewerk.



Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?

Ek is verskriklik lief vir die plaaslewe, windpompe.. Alles wat te doen het met die buitelug.  Ek was mal oor die hooiballe en goiingsak en kant – alles eenvoudig, maar tog so fraai en plaasagtig.  Denise het nie regtig altyd ‘n sê gehad nie…!



Was julle met wittebrood? Indien wel, vertel ons meer daarvan.

Ons was vir ons witte Phuket Thailand toe vir twee weke.  Son, see, skemerkelkies dis al wat ek kan sê.  Dit was ‘n wonderlike ervaring al was dit ons tweede keer daar.



Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Maak jou metgesel jou beste vriend, geniet alles wat mooi en dalk nie so mooi saam.  Op die einde van die dag is dit in elk geval net julle twee wat agter geslote deure sit en moet julle mekaar kan geniet, waardeer en respekteer mekaar.



Diensverskaffers