
KITS FEITE
5,762,026
BLADSY AANSIGTE
3,192,049.28
MINUTE SPANDEER
OP MOOI TROUES
2,332
ARTIKELS AANLYN
1,425,022
UNIEKE LESERS BEREIK
Bogenoemde statistieke is bereken deur Google Analytics vanaf 9 Mei 2013.
DIE MOOI TROUES STORIE
Mooi Troues was gestig in Mei 2013 in Seepunt, Suid-Afrika, deur Entrepreneurs, Günther en Jaun. Hulle het ʼn gaping in die mark gesien vir ʼn Afrikaans aanlyn trou publikasie, wat trou inspirasie deel op ʼn internasionale standaard en diensverskaffers bemark. Mooi Troues het vinnig gegroei in een van Suid-Afrika se mees geliefste digitale trou publikasies – ook bekend as ʼn webjoernaal. Mooi Troues het vinnig gegroei oor die jare en is nou ʼn betroubare bron van trou advies, trou inspirasie en fantastiese diensverskaffers vir ons lesers.
Günther is die voormalige fotograaf van Top Billing, Expresso Show, en Afternoon Express wat uitgesaai word op SABC3. Bekendes wat Günther mee gewerk het sluit in Annie Lennox, Jennifer Rush, Daniel Bedingfield, Texas Battle wie die rol speel van Marcus Forrester in The Bold and the Beautiful, Arianne Zucker wie die rol speel van Nicole Walker in die NBC sepie Days of Our Live, Drake Hogestyn wie die rol speel van John Black in die Amerikaanse sepsie Days of Our Lives, Judy Boucher, Calum Scott, AKA, Cassper Nyovest, George Calombaris wat een van die beoordelaars is van Master Chef Australia, Matt Preston wat ook ‘n beoordelaar is van Master Chef Australia, Robert Kiyosaki, Hayden Quinn, Adriano Zumbo, Freshlyground, Paxton Fielies en honderde meer suksesvolle individue van sakelui tot sportsterre. Günther het ʼn kwalifikasie in Hotelbestuur en Eiendomsbedryf studies. Met jare se ondervinding in die media bedryf en ʼn passie vir die bedryf het Günther sy ervaring in Mooi Troues geïmplementeer.
Jaun het jare se ondervinding in die gasvryheid bedryf, insluitende restaurante en ʼn vyfster Boutiekhotel, asook die media bedryf. Hy het ʼn kwalifikasie in sosiale media. Met sy passie vir mense en jare se ondervinding in die gasvryheid en media bedryf bring hy ʼn klomp kennis wat geïmplementeer het by Mooi Troues.
Mooi Troues heg waarde aan kwaliteit werk en daarvoor het hulle streng Publikasie standaarde. Mooi Troues het die African Bloggers Awards in 2015 gewen onder die kategorie “webjoernaal met die beste fotografie”. Hulle was ook ‘n beoordelaar vir Top Vendor Wedding Awards in 2015. Mooi Troues het die prys gewen as Beste Trou Webjoernaal in Suid-Afrika by die Top Vendor Wedding Awards in 2017.
Mooi Troues se stigters wou besighede in die trou bedryf, klein-tot-groot besighede, konnekteer met paartjies wat besig is om hulle troue te beplan. Die doel is om plaaslike besighede in Suid-Afrika die kans te gee om hul besigheid se produkte of dienste te adverteer.
Die meerderheid van Mooi Troues se lesers is gebaseer in Suid-Afrika, maar Mooi Troues kan gratis gelees word reg oor die wêreld.
Inhoud wat gepubliseer word sluit in: regte troues, gestileerde trou inspirasie, trou beplanning advies, regte verlowings, skryfbehoeftes inspirasie, gratis skryfbehoeftes, wittebrood wegbreek plekke en vele meer.
Kort nadat Mooi Troues Aanlyn gegaan het, het hulle baie sukses bereik en was gepubliseer deur van Suid-Afrika se top publikasies, insluitende Sarie Bruid Tydskrif, Huisgenoot, You, Bella, Fairlady Bride en Die Burger. Hulle was ook op die bekende televisie program, Pasella op SABC 3. Mooi Troues het ook een keer per maand advies gegee aan Radio Sonder Grense se luisteraars.
Ons ander aanlyn publikasies:
Mooi Leefstyl:
ʼn Afrikaans aanlyn leefstyl publikasie wat jou inspirasie bring insluitende vir jou huis, tuin, mode, skoonheid, bekendes, wegbreek plekke, top restaurante en vele meer sal wys. Ons is baie opgewonde oor Mooi Leefstyl se toekoms. Klik hier om na Mooi Leefstyl te kyk.
Vivacious Weddings:
Mooi Troues se stigters het Vivacious Weddings begin in Augustus 2019. Nadat Vivacious Weddings ʼn bietjie van ‘n breek gevat het gedurende die COVID-19 pandemie het hulle weer aanlyn gegaan in 2022. Dit ʼn is ʼn Suid Afrikaanse trou webjoernaal met ʼn internasionale invloed. Vivacious Weddings fokus op die vivacious bruid van reg oor die wêreld wat inspirasie sal kry van trou diensverskaffers van Suid Afrika. Trou inspirasie vanaf Kaapstad tot Milan! Vivacious Weddings bring vir jou die beste en nuutste plaaslike, asook internasionale trou tendense. Klik hier om na Vivacious Weddings te kyk.
MEES GELEESDE TROUES
TOEKENNINGS




TYDLYN ARGIEF
Mooi Troues streef nog altyd daarna om ons webtuiste so modern en verbruikersvriendelik moontlik te hou. Daarom het ons deur die jare veranderinge aan ons platvorm gemaak sodat dit meer verbruikersvriendelik is en dat ons lesers ‘n gemaklike en stresvrye ervaring het wanneer hulle ons webtuiste besoek.
Deur die jare het Mooi Troues ook ‘n hele paar voorkomste gehad, wat aangepas was soos tendense verander het deur die jare. In die jaar 2017 het Mooi Troues besluit dat ons vir ‘n meer simplistiese voorkoms wil gaan en nie meer ons voorkoms verander gebaseer op tendense nie.
Ons het besluit om ons voorkoms so aan te pas dat al die fokus op die inhoud is wat ons publiseer en minder op ons eie brandmerk. Daar is tot-en-met vandag nog altyd kleiner veranderinge aan ons platvorm, sodat ons die verbruikers se ervaring net meer kan verbeter.
Rol gerus af om te kyk na ons verskillende voorkomste deur die jare.
VANDAG

2016

2015

2014

2013

DANKIE
Mooi Troues wil spesiaal dankie sê aan elke een van die wonderlike besighede wat die afgelope tien jaar ons ondersteun het. Sonder ons lojale adverteerders sou Mooi Troues vir altyd net ‘n droom gebly het.
Dan wil ons ook dankie sê aan ons spesiale lesers wat sulke getroue Mooi Troues ondersteuners is. Julle is fantasties en dankie dat julle gebruik maak van Mooi Troue se fantastiese trou diensverskaffers.
Ons is baie opgewonde om die volgende jare wat kom saam met julle te vier.
Foto Krediet:
- Jose & Candace: Rentia Smith Photography
- Malcolm & Keshia: Fern Green Photography
- Ruan & Kirtsy: Bianca Asher
- Gert & Gaby: The Geldenhuys’










