Barend & Eileen se Karaktervolle Plaas Troue naby Kroonstad

Paartjie se Instagram Profiel:

Eggenoot 1: eileen_loftieeaton Eggenoot 2: barend_loftieeaton

Barend en Eileen se troudag was ’n besonderse liefdesviering. Dit het die ware betekenis van ’n intieme gemeenskapsfees vasgevang. Die paartjie het hul troue op die pragtige plaas gevier waar die bruid grootgeword het. Die plaas lê net buite Kroonstad in die Vrystaat. Hierdie selfdoentroue was ’n opregte spanpoging. Familie en vriende het hande gevat om hul visie ’n werklikheid te maak.

Die paartjie het ’n styl gekies wat gemaklik en eg aan hulself was. Hul seremonie en onthaal het in ’n rustieke plaasskuur plaasgevind. Die troudekor was eenvoudig, maar treffend. Pragtige jakobregops het die ruimte versier. Die bruid se ma het dit spesiaal vir die geleentheid in haar tuin geplant. Kleur en blomme het vir kreatiewe trou-idees gesorg. Dit het die skuur in ’n lewendige feesarea omskep.

Eileen se trourok het tydlose troumode perfek weerspieël. Die ontwerp was eenvoudig, met fyn simmetriese detail aan die kante en op die rug. ’n Opwindende danstroue was vir hulle belangrik. Daarom het die rok slim hakkies aan die binnekant gehad. Die sleep kon maklik invou vir die dansvloer. Die bruid en bruidegom het saam met hul 136 gaste ’n heerlike, gemaklike ervaring geniet. Dit het tot onvergeetlike oomblikke gelei.

Die foto’s hieronder vang die opgewondenheid en natuurlike skoonheid van die omgewing pragtig vas. Hierdie unieke troukonsep bied volop trou-inspirasie. Dit is ideaal vir enige bruid wat van ’n elegante plaastroue droom.

Ons nooi lesers uit om hierdie beeldskone liefdesreis te ervaar. Geniet gerus die paartjie se spesiale storie en foto’s. Besoek ook Mooi Troues se aanlyn trougids. Daar kan julle diensverskaffers vind wat jul droomtroue ’n werklikheid kan maak.

Trourok:


My trourok was soos ek, eenvoudig met ʼn bietjie detail aan die kante en die rug en natuurlik simmetries. Stylvol en tydloos. Ons wou graag ʼn danstroue hê, dus was dit belangrik dat my rok dit ook toelaat. Ek het hakkies aan die binnekant van my rok gehad sodat my rok binnetoe kon invou in plaas daarvan dat die sleep my verhoed om lekker te kan dans.

Ons wou graag ʼn feesviering gehad het saam met al ons vriende en familie – ʼn dag wat gemaklik is en wat ONS is. Deel van ʼn fees, is vir ons kleur en ons het beslis ʼn kleurvolle troue gehad. Ek, die bruid, is mal oor blomme – verskillende kleure en soorte en ons het verskriklik baie blomme gehad in elke kleur. Ons het in ʼn plaasskuur getrou, dus was ons dekor en styl eenvoudig en “rustic”, maar tog elegant.

Paartjie se Verlowing:


Die bruidegom het ʼn naweek weg saam met ons vriendekring gereël om te gaan kamp by hul vakansiebestemming, Die Dam in Augustus 2024. Die Dam se naam is verleidelik aangesien dit eintlik by die see is, maar dit is in ʼn baai, dus is daar nie baie golwe nie en van daar die naam.

Ek, die bruid, sou die verbaas gewees het as ons in oefenklere is, as ons verloof raak nie en dit is presies hoe dit wel gebeur het. Die bruid was salig onbewus van enige planne. Daar was wel ʼn paar uitdagings die oggend toe ons veronderstel was om rustig langs die see te gaan draf. Uitdaging nommer 1: die wind het verskriklik gewaai – soveel so dat ek, die bruid, glad nie lus was om te gaan draf nie. Uitdaging nommer 2: eweskielik het dit ook begin reën.

Ons het wel gaan draf ten spyte van die uitdagings en ʼn kilometer later, het die bruid begin onraad vermoed. Die bruidegom sak toe op sy knieg af en so tussen die wind en die reën is daar toe ʼn JA!

Ons het terug huistoe gestap waar ons albei se gesinne en nog hartsvriende toe aangesluit het – dit was lieflik en het die res van die naweek saamgekuier en gevier.

Verloof- en Trouringe:


My verloofring het my liefste man self ontwerp sonder enige insette van my kant af. Ons het wel gaan ringe pas en ek is baie dankbaar ons het, want dit Pinterest prentjies wat jy dink is mooi, lyk soveel anders aan jou vinger as op die foto. Ek het riglyne gegee soos goud en ronde vorm, maar die res was sy handewerk. Hy het ʼn halfuur voordat The Diamond Guy met my verloofring begin het, besluit om 7 klein diamante aan elke kant by te voeg en dit is vir my so uniek aan my verloofring. Eenvoudig, maar tog met fyn “detail”. Ek is mal oor my ring.

Ons troupante het ons by BellaCosa laat maak – fyn diamante in ʼn halfmaan vir die bruid en natuurlik ʼn goeie ring vir die bruidegom. Daar is min dinge so aantreklik soos ʼn man met ʼn goeie troupant.

Trou Dekor en Styl:


Van die begin af het ons geweet dat ons graag ’n feesviering saam met al ons familie en vriende wou hê, maar tog was ons baie doelbewus met ons gastelys. Uiteindelik het 136 gaste deel van ons spesiale dag geword, en ons kan met oortuiging sê dat dit werklik besonders was.

Die droomtroue het plaasgevind op die plaas waar ek grootgeword het, net buite Kroonstad in die Vrystaat. Omdat dit ’n selfdoentroue was, was dit heerlik om saam met familie en vriende te beplan, voor te berei en hard te werk om ons droom ’n werklikheid te maak.

Ek kan met oortuiging sê: “It takes a village to plan and execute a wedding,” en ons is ongelooflik dankbaar vir ons “village” wat hierdie dag saam met ons moontlik gemaak het.

Ons het ook verskeie mense wat ons goed ken ʼn takie gee, of moet ek eerder sê, taak. Ons tannies het die blomme rangskik, sussies, vriendinne en niggies het gehelp om die onthaalsaal mooi gemaak asook ma’s. Ma’s is ʼn wonderlike ding! My ma het jacobregops in haar tuin geplant wat ons hoofsaaklik gebruik het as dekor. Ons het gemik om eg en eenvoudig te wees, tog treffend.


    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: