Rouxdolf & Louise-Marie se pragtige selfdoentroue

Rouxdolf & Louise-Marie se selfdoentroue is propvol inspirasie vir paartjies wat graag baie goed met ‘n begroting wil werk.  Louise-Marie deel ook ‘n paar wenke waar hul fondse gespaar het.  Hulle spog dat hul R10 000 onder hul aanvanklike begroting was.  Dit is baie goeie nuus en meer fondse om te spandeer op ‘n wittebrood of selfs iets vir hul huis …  Ons weet ons lesers sal baie goedkoop trou idees in die inskrywing kry.

Rol af en kry inspirasie hoe om ‘n sakpas troue soos ‘n spog troue te laat lyk.

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


8 Desember 2018, Louise-Marie 32 en Rouxdolf 30

Veil Bridal Couture Veil Bridal Couture Veil Bridal CoutureVeil Bridal Couture Veil Bridal Couture Veil Bridal Couture Veil Bridal Couture Veil Bridal Couture Veil Bridal Couture Veil Bridal Couture Veil Bridal Couture Veil Bridal Couture Veil Bridal Couture Veil Bridal Couture Veil Bridal Couture Veil Bridal Couture

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Die rok was heeltemal anders, met tossels.  Dit het net gevoel of die rok vir my gemaak is.  My vriendin het ‘n bruidsboetiek en sy het gesê ek moet sommer rokke kom pas vir die lekker.  Na baie aanpassings het sy die laaste rok uitgebring, en toe ek dit sien, toe weet ek dis die een.  Dit het ‘n romantiese effek met kant en die tossels was net heeltemal iets anders,  soos ek nog nooit van te vore gesien het nie.

Pretoria Wedding Venue - The Greenhouse Café Pretoria Wedding Venue - The Greenhouse Café

Vertel ons meer van jul ringe


Rouxdolf het ‘n unieke ontwerp laat optrek by ‘n privaat handelaar – dit is roosgoud met ‘n baie romantiese effek en ‘n unieke heirloom ontwerp.  Dit het ‘n hele paar diamante in en die diamante is met baie noukeurigheid uitgekies deur my man.

Sy ring is ook roosgoud met ‘n houtlagie in.  Dit is ‘n tungstang ring.

Rosegold wedding ring with touch of wood Pretoria Wedding Venue - The Greenhouse Café Alexis Muntz Photography

Vertel ons meer oor die fotograaf en videograaf


Ons het ‘n wonderlike ervaring met ons fotograaf gehad – van die begin af het ons gekliek en ons was opgewonde oor haar werk.  Sy is baie professioneel en het geluister na ons behoeftes.  Die eind resultaat van haar werk was meer as waarvoor ons gehoop het.

Ons videograaf is ‘n werk-kollega wat vir ons as geskenk ‘n video opname gedoen het.  Ons was baie bevoorreg om hierdie geskenk te ontvang en nou te kan terugkyk op ons dag.

Pretoria Wedding Venue - The Greenhouse Café Pretoria Wedding Venue - The Greenhouse Café Alexis Muntz Photography Alexis Muntz Photography

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Die seremonie was ons spesiaalste oomblik – ‘n goeie vriend het ons getrou en het al ons gaste so betrokke gemaak in die oomblik, om self ook oor hul eie huwelike te dink en saam met ons as getuies te staan oor ons groot gelofte voor God.

As ons kon verander sou ons graag tyd wou stop en die horlosie laat stil staan.

Alexis Muntz Photography

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Dames: Los die klein dingetjies wat jy weet net meer druk op jou gaan plaas.  Hoe minder dingetjies, hoe minder het jy wat kan skeefloop.  Maak seker die groot en belangrike dinge is in plek.  Ek persoonlik het baie dinge uitgelos soos ringboksies, ruikertjies, geskenkies, geen ruiker is gegooi nie, geen koek is gesny nie en al die bedankings is op ‘n blaadjie gedoen.

Manne: Moenie vaskyk in tradisie nie, dit beperk die dag (bv bruidegom se toespraak, kan gedoen word sonder die manne se steurings en kousband is nie altyd nodig om te gooi nie).

Alexis Muntz Photography Alexis Muntz Photography

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons het op Facebook gesien dat Rosemary Hill in die proses was om ‘n nuwe venue oop te maak.  Ons het eendag daar gestop, net om te kyk hoe dit lyk, dit was nog voor ons verloof was.  Net daar het ons besef, sou ons verloof raak, sal hierdie die plek wees waar ons trou beloof.

Pretoria Wedding Venue - The Greenhouse Café Pretoria Wedding Venue - The Greenhouse Café Pretoria Wedding Venue - The Greenhouse Café Alexis Muntz Photography Pretoria Wedding Venue - The Greenhouse Café

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Ons ‘n behoefte gehad om uit beginsel uit ons uitgawes te beperk.  Alhoewel ons ‘n eksklusiewe troue gehad het wat pragtig was, kan ons met trots sê ons het met R10 000 onder begroting uitgekom.  Ons het baie klein dingetjies gesny wat ons gevoel het onnodig was soos byvoorbeeld troukoek, geen bruidsmeisie rokke en redelike minimalisties op die dekor.

Pretoria Wedding Venue - The Greenhouse Café Alexis Muntz Photography

Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons gastelys was 65 mense omdat ons behoefte slegs vir naaste vriende was, amper geen familie.

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Daar was geen druk op onsself gesit om ‘n perfekte dans uit te voer nie.  Ons het ‘n baie oulike en energieke liedjie gekies eerder as ‘n ernstige intieme liedjie.  Die idee was in elk geval net om mekaar te geniet terwyl ons dans op Oh Honey se I love You Will still Sound the Same.

Alexis Muntz Photography

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons was bevoorreg om in Mauritius te wees op wittebrood.  Dit was inderdaad ‘n idilliese vakansie so op ‘n eiland.  Ons het vooraf besluit om nie te veel aktiwiteite aan te pak nie maar eerder om die oord te geniet en lekker uit te rus na ‘n lang jaar.

Pretoria Wedding Venue - The Greenhouse Café

Diensverskaffers