Christo & Anke stedelike verlowing fotosessie

Christo en Anke se verlowings fotosessie het in die middestad van Pretoria plaasgevind.  Hulle tema was baie gemaklik, maar het steeds nie die alledaagse gevoel af gegee nie.  Die donker atmosfeer gesamentlik met die ou kerk en geboue waarteen hulle af geneem was, het ‘n  indrukwekkende en dramatiese steeds warm gevoel geskep.  Christo het vir Anke langs die Irene rivier gevra om sy vrou te word.  Hulle droom troue wat hulle in gedagte het sal ‘n gemaklike dag vol spesiale oomblikke wees saam met die mense wat na aan hulle harte lê.  ‘n Dag wat almal lekker saam kan kuier en lag en hulle net teen volle kan geniet.  Marissa Meiring , The Girl with the Camera het hulle foto’s geneem en ook baie oorspronklike insette en idees gegee oor hulle fotosessie.  Hulle was mal oor haar voorstelle en hulle was baie tevrede met die eind resultate.  Wees seker om nog besonderse foto’s te besigtig in die res van die artikel.

photographers in pretoria

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Ons het mekaar ontmoet by ‘n gemeenskaplike vriend se verjaarsdag by Brauhaus Amm Dam net buite Rustenburg.  Christo was oulik genoeg om my ‘n rukkie later vir koffie te nooi en het ons so lekker gekuier dat koffie sommer aandete geword het. Van die eerste afspraak af, was ek mal oor die feit dat ons oor enige iets en alles kon gesels.  Christo se goeie maniere, algemene kennis en oulike humorsin het my ook dadelik beïndruk.  Anke se sprankelende persoonlikheid en mooi glimlag het my laat besef dat ek haar definitief beter moet leer ken!

photographers in pretoria photographers in pretoria

Vertel ons meer van julle verlowing?


Christo het gesê ons gaan vir sy ouers in Hennenman kuier vir die naweek.  Toe ek egter by hom aankom het hy gesê ons moet maar eerder later die aand ry, want die verkeer was aaklig.  Hy het toe voorgestel dat ons ‘n entjie gaan stap en my gevra om te trou langs die rivier in Irene.  Daar was sjampanje en die ring was mooier as my mooiste droom!  Daarna het ons weg gegaan vir ‘n heerlike naweek en al die plekke gaan besoek wat ons gereeld besoek het toe ons aanvanklik begin uitgaan het.  Dit was baie spesiaal!

photographers in pretoria photographers in pretoria

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Die troufoto’s gaan ‘n baie natuurlike agtergrond hê weens die venue waar ons trou en wou ons juis ander tipe foto’s neem as verlowingsfoto’s.  Ons het saam met Marissa gaan koffie drink en sy het genoem dat sy nog altyd in Pretoria middestad wou foto’s neem.  Ons was dadelik mal oor die idee!

photographers in pretoria photographers in pretoria photographers in pretoria

Vertel ons wat is jul droom troue?


Ons droom troue is ‘n gemaklike dag vol spesiale oomblikke saam met die mense wat na aan ons harte lê.  ‘n Dag wat almal lekker saam kan kuier en lag.

photographers in pretoria photographers in pretoria photographers in pretoria photographers in pretoria

Diensverskaffers: