Byron & Monja se feeverhaal troudag

Byron en Monja se visie vir hul troudag was ʼn feeverhaal tuin effek.  Alhoewel hulle tans in Gauteng woon, kon hulle nie die Wes-Kaap se natuurskoon weerstaan nie.  Hulle het ʼn pragtige venue tussen Stellenbosch en Somerset-Wes ontdek, met weelderige tuine en pragtige uitsigte oor die 100 hektaar plaas.  Die moderne venue is opgehelder met bloekom blare en Monja se gunsteling blom – madeliefies.  Hul troudag gee ʼn algemene gevoel van eenvoud en sofistikasie, met ongelooflike detail wat gesorg het vir ʼn onvergeetlike troudag.

Rol af vir meer foto’s van Byron en Monja se feeverhaal troudag.

Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate

Ouderdom van paartjie op troudag.


Byron was 29 en Monja was 28 jaar oud.

Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons was Hoërskool lieflinge.  Na 11 jaar se uitgegaan het Byron my op ‘n groot rots in Paternoster gevra om te trou.  Dit was só romanties!

Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het ‘n paar idees van rokke gehad waarvan ek gehou het.  Byron het ook sy opinie gegee oor wat hy dink mooi sal lyk.  Ek het gaan rokke aanpas en die heel eerste rok wat ek aangepas het, was dié een!  Ek was mal daaroor en het nie eers verder gesoek nie.

Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons het vier jaar terug vir Lana by my tweeling suster se troue ontmoet.  Sy was so fantasies dat ons haar gevra het om óns spesiale dag ook af te neem.  Sy is briljant in fotografie en het ons baie gemaklik laat voel.

Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Al bly ons in Gauteng is ek en Byron mal oor die Kaap.  Ons het dus besluit om vir ʼn venue in die Kaap te soek.  Die oomblik toe ons Cavalli op die internet sien, was ons verlief!  Ons was selfs nog meer beïndruk toe ons vir die eerste keer na die venue gaan kyk het.  Daarna was ons seker dat ons by Cavalli wil trou.  Ons het van die feeverhaal tuin effek gehou met met baie groenerigheid en my gunsteling blom – wit daisies.

Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate

Vertel ons meer van jul ringe.


Ek het voor die tyd vir Byron gewys waarvan ek hou.  Hy het totaal en al my voete onder my uitgeslaan en al my verwagtinge oorskry!  My ring is roosgoud (my gunsteling kleur)  met ‘n infinity band – soos ons liefde vir mekaar.  Byron se ring is ‘n silwer pant met ‘n diamant binne in die pant.

Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Dit is so moeilik om op een oomblik te besluit, maar as ons moet kies sal dit die oomblik wees toe ons ons beloftes mekaar bevestig het.  Die hele dag was vir ons só spesiaal;  Ons sal niks daarvan verander nie.

Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate

Vertel ons meer van jul Wittebrood.


Byron ons hele trip Griekeland toe beplan.  Ons eerste stop was in Athens waar ons die strate van Plaka besoek het en die oulikste restaurante uitgesnuffel het.  Ons tweede stop was Santorini.  Dit is beslis die mees romantiese plek met die mooiste uitsigte wat ek in my lewe beleef het!  Ons volgende stop was Mykonos.  Daar het ons die eiland lewe geniet en heeldag op die strand gelê en drankies gedrink.  Daarna is ons weer terug Athens toe om die laaste van Griekeland te beleef.  Ons het na die Acropolis gegaan het en al die toeriste goedjies gedoen.  Ons wittebrood was by verre die beste trip, met die lekkerste geselskap, waarop ons nog ooit was!

Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Raad aan toekomstige bruide:  Kry ‘n trou-koördineerder wat jou kan help aan jou groot dag beplan.  Jy sal nie spyt wees nie!

Raad aan toekomstige bruidegomme: Maak seker jou strooijonkers drink nie té veel drankies voordat hulle hul toesprake moet lewer nie.

Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Byron het op ‘n dag “From The Ground Up” deur Caleb & Kelsey vir my gespeel.  Hy het gesê dit laat hom baie aan my dink omdat ek so lief is vir Country musiek.  Cian van Amaris Events, ons trou koördineerder, het Simply Social Dance aanbeveel vir dans lesse.  Hulle het spesiaal ʼn dansie uitgewerk op ons liedjie.  Ons het 4 lesse gehad en ook saans by ons huis geoefen.  Dit was só spesiaal en ons het dit vreeslik baie geniet.

Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate

Vertel ons meer oor die inspirasie vir julle troukoek.


Ek en Byron het nie die grootste soet tande nie, so ons was effens onseker oor die troukoek.  Ons ouers het met die kies van ons troukoek ingegryp en gehelp.  Ons het twee verskillende lae gehad:  Vanielje koek met vanielje versiersel en ʼn gemengde bessie vulsel, en ʼn sjokolade fudge Nutella koek.  Daar was ook ʼn muur gehad vol verskillende donuts wat ons gaste baie geniet het.

Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate Wedding at Cavalli Estate

Klik hier vir meer diensverskaffers