Markus & Nicole se verassing plaas verlowing

Ons is gek daaroor as die manne hul dames onverwags vra om te trou en dan boonop ‘n fotograaf gereed te hê om daardie spesifieke oomblik vas te vang.  Blaai onder deur die foto’s en lees hoe Markus vir Nicole verras het met ‘n ring.  Rol af en kyk na die oulike plaas verlowing fotosessie.

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Vertel ons van jul ontmoeting


Ons het by ‘n braai ontmoet en ‘n paar weke daarna op dieselfde plaas begin werk, Alexanderfontein in Darling.  Ons liefde vir die plaas lewe en natuur is een van die eienskappe wat ons na mekaar aangetrek het.  Markus se nederigheid, opregtheid en hardwerkendheid is die eerste eienskappe wat my aangetrek het.  Nicole se spontane vriendelikheid en besorgdheid oor ander het my soos ‘n magneet aangetrek.

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Vertel ons meer van julle verlowing?


Soos meeste Sondae in lam tyd het ek saam met Markus gery om die skape te gaan kos gee. Iets was anders die oggend hy het dieselfde liedjie oor en oor in die bakkie gespeel (Tussen Woorde van Juanita en Karen).  Toe ons stop het hy my gevra om die mes onder die bakkie se sitplek uit te haal sodat ons die voer sakke kan oop sny. Toe ek op kyk staan hy op sy knie met ‘n bordjie (met die woorde “Sal jy my vroutjie wees?”) en die ring.  ‘n Paar oomblikke later spring ‘n fotograaf en ‘n vriendin/grimeer kunstenaar agter die hooi bale uit!

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing foto’sessie?


Markus het die verlowing sessie beplan sonder my wete, sodat ons die spesiale oomblik van verloof raak kan vasvang.  Die plaas waar ons albei werk was sy inspirasie vir die verlowing fotosessie, aangesien dit die plek is waar ons mekaar leer ken het en ek meeste naweke saam hom vee om ry.  Markus is die vee-en saai bestuurder en ek die produksiebestuurder by die olyf fabriek, die skape en olyfbome weerspieël ons beroepe in die foto’s.

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Diensverskaffers: