Scott & Leanne se gesellige plaastroue

Scott en Leanne se gesellige plaastroue was gevier by Mpumalanga trouvenue en Mooi Troues diensverskaffer, The Cowshed.  Die venue het ook ‘n kapel op die plaas, so dit maak dit baie maklik vir paartjies om sommer die seremonie en onthaal bymekaar te hou, sonder dat hul gaste te ver hoef te reis.  Scott en Leanne het ook 190 gaste gemaklik onthaal in die trouvenue.

Leanne se strooimeisies het ook pragtig gelyk in rokke van Gelique, wat ook ‘n Mooi Troues diensverskaffer is.

Hulle het Mooi Troues se Instagram gevolg en baie oulike trou idees van ons Instagram gekry.  Mooi Troues se lesers kan ons Instagram volg deur eenvoudig net hier te klik.

By Mooi Troues trots ons, onsself daaraan om met betroubare troudiensverskaffers te werk en het ‘n trougids opgestel vir Mooi Troues se lesers.  Vind betroubare trou diensverskaffers soos Scott en Leanne op Mooi Troues se trougids deur net hier te klik vir ons aanlyn Trougids.

Rol af en geniet die paartjie se gesellige troue.

wedding dresses

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het 23 September 2018 getrou en ons albei was 28 jaar oud op ons troudag.

bridemaids flowergirls bridesmaids flowergirls wedding dresses

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ek en Scott het ontmoet toe ons 16 jaar oud was was tydens vakansie aan die Suidkus.  Ons het vriende gebly tot ons matriekjaar toe ons begin uitgaan het.  Net voor ons 9-jaar herdenking het Scott my gevra om sy vrou te word.

wedding rings groom suit

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


My soektog na ‘n trourok was nogal ‘n skrikwekkende taak. Die foto’s op Pinterest waarop ek verlief geraak het, het nie my liggaamsvorm gepas nie en ek het myself baie teleurgestel ná baie aanpassings.   My niggie het aanbeveel ek probeer De La Vida en van die oomblik wat ek daar in gestap het, het ek geweet dit is waar ek my trourok sal vind.  Toe ek my trourok aangepas het, het ek beeldskoon gevoel en sommer geweet ek sal nie baie verstellings hoef te doen nie.  Ek was verlief daarop hoe my trourok my op ons troudag laat voel het.

wedding venues chapels mpumalanga wedding venues chapels mpumalanga wedding dresses wedding venues chapels mpumalanga wedding venues chapels mpumalanga wedding venues chapels mpumalanga wedding venues chapels mpumalanga wedding venues chapels mpumalanga wedding venues chapels mpumalanga wedding venues chapels mpumalanga wedding venues chapels mpumalanga wedding venues chapels mpumalanga

Vertel ons meer van jul ringe.


Leanne se verloofring is ‘n erfstuk van Scott se familie wat herontwerp is om dit ‘n meer moderne gevoel te gee.  Sy het verkies om nie ‘n trouring te hê nie.  Scott se ring is van Tungsten gemaak en is ‘n donkergrys.

wedding venues chapels mpumalanga wedding venues chapels mpumalanga wedding venues chapels mpumalanga wedding venues chapels mpumalanga wedding venues chapels mpumalanga wedding venues chapels mpumalanga

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Die troue was ‘n bestemming troue en ons het dit moeilik gevind om trou diensverskaffers in die omgewing te vind.  Ons het maande spandeer en troufotograwe en -videograwe se werk aanlyn gevolg.  Ek en Scott het albei dadelik verlief geraak op Dust and Dreams photography oor die natuurlike lig wat hul gebruik.  Elke trou wat hul afneem se foto’s is so eerlik en pragtig.

bridal party bridesmaids groomsmen bridal party bridesmaids groomsmen bridal party bridesmaids groomsmen bridal party bridesmaids groomsmen bridal party bridesmaids groomsmen bridal party bridesmaids groomsmen bridal party bridesmaids groomsmen bridal party bridesmaids groomsmen bridal party bridesmaids groomsmen bridal party bridesmaids groomsmen bridal party bridesmaids groomsmen

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag?


Ons wou ‘n troudag hê wat nie net oor die bruid en bruidegom gaan nie.  Ons wou hê familie en vriende moet bymekaar kom en ‘n naweek wegbreek met mense wat ons almal liefhet en waardeer.  Een merkwaardige oomblik was toe Scott en ek vir twee minute stil gestaan het en kyk hoe mense met mekaar gesels het en Unice-Ann Catering die wonderlike ete geniet.  Ons het geweet op daardie oomblik dat al die maande van beplanning die moeite werd was.  Ons sou nie een ding verander nie

wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Aan die bruid: Beplanning kan stresvol wees, maar maak ‘n belofte aan jou bruidegom dat jul op dieselfde span is.  Moenie toelaat dat ander gevegte tussen die twee van julle veroorsaak nie.  Wees ferm met wat jy wil, maar moenie Bridezilla word nie.  Op die dag, vind ‘n stil plek om saam met jou nuwe man te sit en alles in te neem, al is dit net vir 5 minute.

Aan die bruidegom: Wees van die begin af betrokke en gee jou mening oor wat jy wil hê.  Dit maak dat jy jou troudag soveel meer waardeer.   Die beplanningsproses kan vir julle albei baie stresvol raak, aanvaar die argumente, luister na raad en dan maak saam met jou bruid ‘n besluit.   Aan die einde van die dag is dit jul spesiale dag.  Geniet dit!  Wat ‘n jol!

wedding photography wedding photography wedding photography wedding photography wedding photography wedding photography wedding photography wedding photography

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons het geweet The Cowshed was ons trou plek vanaf die oomblik toe ons op die plaas voet gesit het.  Leanne se grootouers het ‘n plaas besit en die bekendheid daarvan het ‘n gevoel van nostalgie geskep.  Ons trou dekor is gesentreer rondom die kos.  Die gevoel wat ons wou die skep is die van ‘n familie Sondag middagete.  So het ons besluit  om kos as ‘n familie-styl tafel te bedien, wat beteken dat die tafels ons kos moes inpas wat van die middel bedien word.  Alles het in plek geval en toe het ons daarvandaan aan beweeg.

wedding venues mpumalanga wedding venues mpumalanga wedding venues mpumalanga wedding venues mpumalanga wedding venues mpumalanga wedding venues mpumalanga order of events order of events wedding venues mpumalanga wedding venues mpumalanga wedding venues mpumalanga wedding venues mpumalanga wedding venues mpumalanga

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?  Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het nie ‘n vaste begroting gehad nie, maar ons het geweet ons wou nie ‘n belaglike bedrag spandeer nie.  So het ons diensverskaffers versigtig gekies en uitgelos wat ons nie nodig gehad het nie.

Ons het 190 gaste onthaal.

farm style wedding food farm style wedding food farm style wedding food farm style wedding food farm style wedding food farm style wedding food groom speeches emotional bride

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons is albei van die bos, so Scott het ‘n verrassings wittebrood na Botswana gereël.   Dit was ongelooflik.  Ons het op die Chobe-rivier gebly en het ‘n week lank ontspan en in ons pragtige omgewing ingeneem.

farm style wedding food farm style wedding food farm style wedding food

Vertel ons meer oor jul eerste dans 


Toe ons na ons trou video gekyk het, het ons so baie gelag!  Ons het nie danslesse geneem nie, want ons wou so natuurlik as moontlik lyk.  Dit lyk asof ons albei twee linker voete het en waarskynlik vir lesse moes gaan, maar dis een oomblik wat ons altyd sal onthou.

\

Diensverskaffers: