Dirk & Elzanne se Minimalistiese Swart & Wit Troue tussen die Wingerde in Wellington

Dirk en Elzanne se groot dag was die perfekte voorbeeld van hoe mooi minimalisme kan wees. Die paartjie was op soek na ’n intieme en warm venue vir hul 60 gaste met ’n mooi uitsig en ’n rustige woudgedeelte waar hulle hul beloftes kon aflê. Die buite-canapé-area het ’n eg Toskaanse gevoel geskep, terwyl die onthaalruimte met ’n groot venster agter die bruidstafel oor die wingerde uitgekyk het.

Elzanne se soeke na haar droomrok het ’n unieke draai gekry. Sy het nog altyd geweet dat sy ’n rok met ’n halternek-styl wou hê, maar dit was moeilik om die regte een te kry. Nadat sy amper op ’n ander rok besluit het, sien sy een aand op die TV-reeks Binnelanders hoe die karakter Tracy in presies haar droomrok trou. Elzanne het die ontwerper se naam op die kredietlys aan die einde van die episode neergeskryf en haar dadelik gekontak om te hoor of sy die rok kon huur.

Die dekor en styl van die dag het gewys dat minder dikwels meer is. Swart en wit was die hoofkleure van die troue en gaste is gevra om ook swart aan te trek. Die tafels is eenvoudig versier met net genoeg blomme, baie kerse en sagte feetjieliggies wat ’n warm en intieme gevoel geskep het.

Hierdie mooi viering wys dat die klein besonderhede dikwels die grootste indruk maak. Beplan jy jou eie intieme troue? Besoek die Mooi Troues aanlyn trougids en ontdek die land se beste trouverskaffers wat jou kan help om jou droomdag ’n werklikheid te maak.

Trourok:


Ek wou super graag ʼn halternek-ontwerp rok dra. Dit was nie maklik om te kry nie. Ek het so semi op ʼn ander rok besluit toe ek een aand op Binnelanders sien Tracy trou in my droomrok. Ek het die ontwerper se naam neergeskryf toe hul al die name laat rol aan die einde van die episode en haar gekontak om te hoor of ek die rok kan huur. ʼn Week later vlieg ek Johannesburg toe om te gaan pas. Soos ʼn handskoen en een week voor die troue koerier sy die rok vir my. Soos ʼn droom wat waar word.

Paartjie se Verlowing:


Ons het op 31 Januarie 2025 verloof geraak by Mount Grey Cabins. Dit was ‘n absolute bederf. Ons het in die Kol-Kol hot tub tyd spandeer. Dirk het my gunsteling kos gekry en voorberei. Hy het my na ete buite toe gevat op die dek en vir my die sterrehemel gewys. Ek het nog nooit soveel sterre en sterre so duidelik gesien nie. Dirk het toe afgegaan op een knieg. Ek was bitter emosioneel, maar dit was so maklike ja!

 

Verloof- en Trouringe:


My verloofring is ‘n ronde diamant met vier kloutjies. Ek het twee troupante want ek wou dit stack. Dit alles het ek op Pinterest gesien. My grootste droom was ‘n groot diamant, want vir hom gaan ek vir ewig dra. Dirk wou my graag gee wat my hart begeer. Ek is steeds verlief op my ringe.

Trou Dekor en Styl:


Ons wou ʼn venue hê wat warm is, klein genoeg sodat ons 60 gaste nie verlore sal raak nie. Ek het gesoek na mooi landskap, iets anders (die woud gedeelte waar ons getroud is). Die buite canapé area was eg Toskaans. Die saal het ʼn groot venster agter die bruidstafel gehad wat op die wingerde uitgekyk het. Prentjiemooi!

Ons dekor was elegant, stylvol en minimalisties. Alles wat wit en swart, net genoeg blomme, kerse en liggies. Almal het ook swart aangetrek en dit was soos hul sê ‘less is so much more’!

Trou Begroting en Beplanning:


In slegs drie maande het die paartjie hul droomdag self beplan en geskep, met 60 geliefdes teenwoordig en ’n begroting van R150 000.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: