Rikus & Bianca se selfdoen plaastroue in Mpumalanga

Op 10 Desember 2017 het beste maats van laerskool na baie jare eg aanmekaar gesweer.  Ons deel graag die liefdes verhaal van Rikus en Bianca.

Mpumalanga het vreeslike mooi dele en is perfek om prentjie mooi kiekies te kry.  Veral as die bruid asemrowend lyk in ‘n rok van Bridal Room en haar gevolg van strooimeisies baie fraai lyk in verskillende kleure en snitte rokke.  Dit is ‘n fantastiese idee om elke strooimeisie haar unieke rok te gee.

Die paartjie se Wittebrood reis is ‘n briljante idee waaroor ons gek is!  Ons moedig ons lesers aan om eerder plaaslik te toer eerder as oorsee.  Suid-Afrika is een van die mooiste lande en as Suid-Afrikaners moet ons met entoesiasme ons Moederland verken.  Rikus en Bianca se reis was ongelukkig kort geknip nadat hul verskriklike nuus ontvang het.

Word geïnspireer deur die paartjie se troue.  Ons hoop ons kan jul liefdes verhaal ook binnekort op Mooi Troues deel.


Vertel ons hoe het julle ontmoet?

Ek en my man Rikus het ontmoet in Graad 4 waar ons beste maats geraak het.  Rikus het op Valentynsdag vir my en my vriendin ‘n P.S. sjokolade gekoop om te sê ons is sy beste maatjies.  Ons het deur hoërskool ook beste maats gebly en is saam matriekafskeid toe.  Ek het na skool oorsee gegaan en hy het gaan swot op Tukkies en na twee jaar het ek terugkom en ons het begin uitgaan.  Ons het  19 Oktober 2012 begin uitgaan waar hy my op ‘n trappie gevra het om sy meisie te wees ek het net daar geweet ons gaan trou!  Ons het 4 jaar uitgegaan toe hy my vrae om sy vrou te wees op  19 September 2015 toe Suid-Afrika teen Japan verloor het, sal dit nie sommer vergeet!  Ons het  10 Desember 2016 getrou.

Die eienskap wat my tot Rikus aangetrek het is dat Rikus baie doelgerig is en hy sal altyd hard werk om my gelukkig te maak.  Hy is dinamies en vertoon baie goeie leierskap en sy hande staan nie terug vir hard werk.

Die eienskap van Bianca wat my aangetrek het toe ek geweet het dat sy my trou-vrou is, sy het ‘n vegter gees en sy vat nie sommer nee vir ‘n antwoord….sy het ‘n ongelooflike glimlag en haar vriendelikheid straal reg deur my.  Bianca is baie goedhartig en het ‘n sagte hart vir almal om haar sys al altyd ander bo haarself stel.



Advies vir ander paartjies wat hul troue beplan?

God kom altyd eerste in ‘n huwelik.  Ons huwelik kan net gelukkig wees as ons op HOM fokus!  Daar is geen handleiding vir ‘n gelukkige huwelik  mens moet altyd beste maats bly en goed kan kommunikeer met mekaar en situasies wat moeilik raak,  rustig te kan hanteer en nie net als vir jouself doen maar jou pasmaat in ag te neem.

Die dag van die troue maak seker dat jy almal om jou in ag neem dat jy nie mense afskeep gedurende jou troudag.  Mense kom van ver om saam jou ‘n spesiale oomblik te vier, ‘n verbintenis, ‘n belofte.



Wat sou jul graag wou verander het?

Mens besef nie hoeveel tyd jy saam almal het.  Maak ‘n punt om met elke gas, as jy kan daardie aand te kuier, al gaan dit so vinnig verby maak tyd vir die belangrike dingetjies –  Familie en vriende.

Ek kom uit ‘n familie met twee ma’s en twee pa’s en ek wens ek het die situasie beter hanteer om hulle almal spesiaal te laat voel, om hulle almal op die dag te betrek het.

Maak seker van jou tye, van jou skedule vir die dag.  Die tyd loop so vinnig dat jy aan niks anders dink as jouself, maar waardeer eerder die mense om jou, dit mag ‘n laaste wees.  Al is dit jou man se familie wat jy nie baie van hou of jou familie wat jy verplig was om te nooi, omdat jou ma so sê of die oom wat jy twee jaar laas gesien het, vat ‘n diep asem neem alles in dit is in ‘n oogwink verby!



Wat was die tema en inspirasie vir jul troue?

My grootste inspirasie was my pa, hy het altyd so goed na ons omgesien.  My pa het nog altyd sy vingers stompies gewerk om vir ons te sorg en hy het my geïnspireer om my troue self te doen en hard aan my troue te werk om dit ‘n sukses te maak, want alles wat my pa nog ooit gedoen het was vir ons en hy het altyd ‘n sukses gemaak en as hy nie het, het hy klaar ‘n plan B.

Ek het ‘n tema gehad, dit was plaas.  Hoe ek as kind groot geword het op ‘n plaas en alles wat tot my beskikking was.  Hoe ek deur lang grasse kon baljaar in die buitelewe deur mielielande hardloop as my pa stroop.  Kalfies kan grootmaak, alles wat ek geniet het as kind wou ek terugbring in my troue en die diere waarvan ek gehou het en die herinneringe.

My troudag se styl was baie plein en sag alles het ek en my sussie haarfyn beplan en self gemaak.  My voorkoms was maklik ek wou soos Aspoestertjie lyk.  My ma het die film op ‘n swart band vir my gekoop en ek wou nog altyd soos sy, in ‘n prinses verander; met ‘n groot pof rok enige meisiekind se droom.  Ek het my ouma se pêrels gedra en my ma het my gehelp om die perfekte rok uit te kies (dankie Ma).



Was julle met wittebrood?

Rikus het vir ons ‘n reis beplan om die Kaap beter te gaan verken.  Ons het heeljaar daarvoor gespaar en ons het die eerste nag in Clarens geslaap tussen die pragtige skepping van God se natuur en berge.

Die tweede dag in Zastron by familie (tannie Petro ) en daar het ons die plattelandse klein dorpie verken.

Die derde dag in Graaff Reinet met die mooiste historiese kerk en die beste romantiese restaurant Polka, n moet om daar te eet!

Die vierde dag die wel bekende Oudtshoorn en daar het ons 2 nagte deurgebring.  Ons het al die watervalle, Meiringspoort ens. besoek.  Ons het die Swartberg pas aangepak met ons 4×4 bakkie en die Meiringspoort-pas.  Die volstruise besoek en die aand by Buffelspoort restaurant gaan eet.

Dag vyf het ons in die pad geval op pad Knysna toe.  Ons het in Peace of Eden in Knysna geslaap in die diepte van die Knysna bos.  Ons sou ‘n veertien dag toer gedoen het.  Ons het die oggend regmaak vir die strand en ‘n oproep ontvang dat my man se Pa (skoonpa ) geskiet is en oorlede is met ‘n huis inbraak ons moes alles verder kanselleer en terugkeer huistoe.

Ons sal graag ons roete wil klaarmaak op ‘n ander geleentheid.  Die res van ons roete was Swellendam, Kleinmond, Die strand, Langebaan, Sutherland, Augrabies valle, Kimberley en dan tuis Middelburg.


    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    • Venue: Mellow Stream
    • Aantrek van bruid: Valley of the Rainbow
    • Dekor: Dream Worx en myself
    • Blomme: Blommemark Middelburg
    • Grimering: Le Chique Hair and Beauty
    • Hare: Fia van Salon Jolie Cheveux
    • Juwele: My ouma s’n
    • Koek: Maryna Malan
    • Platejoggie: Johan du Bruto
    • Fotograaf: Simone Franzel
    • Bruidsmeisie rokke: Gelique
    • Bruidegom pak: Woolworths
    • Strikdasse: One Fine Beginning