Romantiese Wittebrood by Cellar1947 in Robertson

Opsoek is na ‘n romantiese wittebrood na die Robertson area?  Jy hoef jy niks verder te soek nie, ons het die perfekte selfsorg plek vir jou gevind.  Cellar1947 is geleë op die Roodehoogte Plaas in Robertson en is ‘n luukse selfsorg-eenheid wa ideaal is vir ‘n naweek wegbreek na Robertson.  Om te dink Cellar1947 was ‘n ou wynkelder wat op ‘n werkende is en nou verander is in ‘n moderne eenheid waar jy jou vakansie herinneringe kan maak.

Die moderne staal konstruksie en oorspronklike baksteen mure aan die binnekant werk perfek saam.  Dit skep die gevoel van ‘n moderne glaskas en die ou wêreldse baksteen mure van die ou wynkelder.  Die moderne struktuur met baie glas gee vir jou oneindige uitsigte van die Langeberge wat die plaas omring en ook die mooi uitsigte van die landerye.  Jy sal verseker die uitsig in neem gedurende jou verblyf, want daar is geen gordyne nie.  Geniet ‘n glasie Lemoen sap of sjampanje geniet met die sonsopkoms terwyl jou ander helfte ‘n heerlike ontbyt vir jou maak.

Braam is die gasheer en ‘n baie vriendelike persoon wat passievol is oor Cellar1947 en die plaas waarop dit gebou is.  Hy vertel graag oor die transformasie van die ou wynkelder tot die nuwe luukse selfsorg eenheid.

Wittebrood Robertson

Die kombuis geriewe


Die kombuis is ten volle toegerus met ‘n gasstoof, elektriese oond, eetgerei, breekware, ketel, yskas-vrieskas eenheid, mikrogolfoond, potte. panne en skottelgoedwasser.

Iets uniek aan Cellar1947


Callar1947 het ‘n ondergrondse wynkelder wat bedek is met ‘n 200 kilogram deur in die sitkamer gedeelte.  Ons was verwelkom deur Braam en Riaan met ‘n sjokolade en wyn-paring onder in die kelder wat op ‘n tyd ‘n tenk was en nou gerestoureer was in ‘n regte ondergrondse wynkelder.  Dit is iets anders as die gewonde kelder wat jy in ‘n selfsorg eenheid sal sien.  Definitief ‘n moet om te kom ervaar.  Daar is koerant papiere teen die kelder se dak wat terug dateer na 1946.

  Wittebrood Robertson

Meer oor die twee slaapkamers


Die hoofslaapkamer wat bo is, het ‘n koning grootte bed.  Daar is ‘n tweede slaapkamer is onder geleë, langs die leefarea en het ‘n dubbelbed en deure wat uitloop op die grasperk.  Die hoofslaapkamer se badkamer is iets soos van ‘n Pinterest-bord, groot en modern.  Dit is prentjie mooi afgewerk met industriële elemente en verfynde wit afwerkings vir die stort, bad en wasbakke.  Die kontras tussen die verfynde afwerkings en die industriële gevoel, pas perfek bymekaar.

Wittebrood Robertson Wittebrood Robertson Wittebrood Robertson Wittebrood Robertson Wittebrood Robertson

Ontspan buite


Cellar1947 het ook ‘n lieflike klein verhitte swembad/borrelbad wat reg voor die stoep area.  Perfek is vir ‘n romantiese aand op wittebrood onder die sterre met jul gunsteling wyn van die Robertson area.  Buite is daar ook ‘n lekker groot tafel en ‘n braai area.  Cellar1947 is ook sentraal geleë en nie ver van die dorp af nie.   Robertson het fantastiese restaurante en wynplase, daar is meer as genoeg opsies om jul besig te hou.

Wittebrood Robertson Cellar1947 Wittebrood Robertson Cellar1947

Leefarea fasiliteite


Cellar1947 se dubbel-volume leef area is lekker ruim.  Dit sluit fasiliteite in wat jy nie sommer by ander selfsorg eenhede sal ontvang nie.  Wanneer dit kom by binne-huise vermaak is daar Satelliet-TV, Gratis Wi-Fi, Xbox met speletjies, Netflix en ook Showmax.  Wat ‘n fantastiese boeket van opsies.   Daar is ‘n ses sitplek eetkamer tafel langs die kombuis.  Dit maak dit lekker gesellig maak vir die wat besig is om kos te maak.

Bespreek jul wegbreek nou!


Opsoek na ‘n romantiese wittebrood plek in Robertson, of selfs ‘n paar aande wegbreek voor die troue, kontak Braam deur ‘n e-pos te stuur na  braam@roodehoogte.co.za vir meer verblyf kostes en beskikbaarheid.  Cellar1947 gaan definitief ‘n populêre wegbreek plek word.  Bespreek ‘n wegbreek voor jou vriende en familie hierdie juweel agterkom.

Volg Cellar1947 op Facebook en Instagram.

Wittebrood Robertson Cellar1947