Gratis: Liedjie-versoek kaartjies

Ons almal hou van verskillende musiek en sal graag wil dans op jou gunsteling liedjie by jou vriendin se troue.  Maar een iets waarvan min mense hou is wanneer die platejoggie rond spring tussen liedjies of altans vergeet om jou gunsteling liedjie te speel.

Onthou die platejoggie is baie besig tydens die dans en kan nie altyd aandag gee aan gaste se versoeke nie.  Nelia van Nooi Kreatief het met ‘n oulike oplossing gekom. Liedjie-versoek kaartjies wat jy maklik van ons webtuiste kan aflaai en by die huis kan druk.  Só kan jou gaste net hulle gunsteling liedjie neerskryf en dit aan die platejoggie gee.  Die platejoggie kan ook rekord hou van wat nog gespeel moet word en wat klaar gespeel was.

AFLAAI

© Günther Schubert of Vörsprung Studio

© Günther Schubert of Vörsprung Studio

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

© Günther Schubert of Vörsprung Studio

AFLAAI

Diensverskaffers:

Skryfbehoeftes: Nooi Kreatief