Marno en Cherise se verrassing verlowing by die Swaelkrans Natuurreservaat is ’n bewys dat geduld en perfekte tydsberekening alles is. Nadat familie en vriende hulle al lank probeer voorstel het, was dit uiteindelik ’n boodskap op Oujaarsaand wat die vonk laat spat het. Net nege maande later het Marno die groot vraag gevra op ’n plek waarvan hy al jare lank gedroom het by die asemrowende Swaelkrans.
Die verrassing is maande lank tot in die fynste besonderhede beplan. Terwyl Cherise geglo het hulle is op pad na ’n rustige naweek weg, het Marno reeds agter die skerms met ’n juwelier besoek, die reservaat bespreek en ’n fotograaf saamgespan om elke oomblik vas te vang. Hy het selfs ’n drone gevlieg om die ja-woord vanuit die lug te verfilm, waarna hul familie by hulle aangesluit het vir ’n feestelike viering met sjampanje.
Die verloofring dra ’n besondere betekenis en ontwerp simboliseer hul liefde wat sterk, uniek en veerkragtig is.
Hoewel die paartjie erken dat troubeplanning soms stresvol kan wees, sien hulle met opgewondenheid uit na hierdie nuwe fase as verloofdes. Hul droom vir die groot dag neig na ’n intieme viering in die natuur, moontlik in die Krugerwildtuin, waar hul liefde vir mekaar én vir die buitelug sentraal kan staan.
Beplan jy self ʼn jul troue en voel oorweldig? Ons by Mooi Troues deel gereeld waardevolle trou beplanning advies artikels, klik hier om meer te lees. Besoek ook Mooi Troues se aanlyn trougids vir die beste fotograwe en juweliers om jou droom oomblik werklikheid te maak.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Vir lank het familie-vriende ons probeer aan mekaar voorstel, maar Marno wou nooit saam werk nie, oujaarsaand het ek uiteindelik vir hom ʼn boodskap gestuur en die 4de Januarie het ons uiteindelik gaan koffie drink.
Marno het my op die 16de Februarie uitgevra op die kabelkarretjie in Hartbeespoort. Na 9 maande is ons verloof op 8 November.

Die groot vraag:
Marno het dit vir maande beplan. Hy was in kontak met al die betrokke partye, die juwelier vir die ring, Swaelkrans Nature Reserve waar dit afgespeel het, asook die fotograaf. Familie was genooi om ʼn half uur na die oomblik by ons aan te sluit vir fotos en sjampanje. Dit was ʼn verrassing vir my. Marno het net gesê ons gaan weg die naweek om net bietjie rustig te raak.

Hoekom ons mekaar liefhet:
Marno sê : Cherise is opreg. Sy kan nie haar emosies wegsteek nie en ek hou daarvan. Sy is reguit, maar eintlik het sy ʼn sagte hart.
Cherise sê: Marno het ’n kalm teenwoordigheid wat my veilig laat voel. Hy is ondersteunend en glo in my drome. Hy het ’n dienende hart.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
So om en by ʼn jaar.

Die verloofring:
Dit was ʼn verrassing. Marno en Francois Grobler van Franchan Diamonds het saam aan die ring gewerk.
Die verloofring is ontwerp deur Francois met groot sorg en aandag aan detail. Die blom patroon is onbewus gekies en na die design deurgestuur is vir goedkeuring het Francois besef die spesifieke blom het ’n diep persoonlike betekenis vir ons gedra. Vir my en Marno simboliseer die spesifieke blom ons liefde, sterk, uniek en veerkragtig, ’n liefde wat bly groei ongeag omstandighede.

Die verloofring:
Dit was ʼn verrassing. Marno en Francois Grobler van Franchan Diamonds het saam aan die ring gewerk.
Die verloofring is ontwerp deur Francois met groot sorg en aandag aan detail. Die blom is onbewus gekies en na die design deurgestuur is vir goedkeuring het Francois besef die blom het ’n diep persoonlike betekenis vir ons gedra. Vir my en Marno simboliseer die spesifieke blom ons liefde, sterk, uniek en veerkragtig, ’n liefde wat bly groei ongeag omstandighede.

Rede vir die verlowing fotosessie:
Marno sê : Ek wou die oomblik vasvang. Ek het met BETS Photography gereël om skelm fotos te neem terwyl ek die vraag vra. Ek het ook ons drone in die lug gehad om die oomblik op video vas te vang.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Marno sê : Ek het ʼn paar jaar vantevore by Swaelkrans gejag. Die natuurskoon en die mooi uitsig was vir my iets besonders en ek het van daardie tyd af gedroom daarvan om daar my toekomstige vrou te vra om met my te trou.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Dit is ʼn nuwe fase in ons lewe wat ons betree. Ons is natuurlik baie opgewonde oor die troue, maar terselfdertyd is dit maar n stresvolle tyd wat voorlê met betrekking tot trou beplanning.

Visie vir droomtroue:
Ons wik-en-weeg nog waar ons wil trou. Ons kyk ook na iets kleins soos ʼn intieme troue in die Kruger Wildtuin, omrede ons altwee lief is vir die natuur. Verder is ons ook al twee nie die partytjie tipe nie.

- Fotograaf: BETS Photography | Kontak
- Fotosessie Ligging: Swaelkrans Nature Reserve | Kontak
- Verloofring: Franchan Diamonds | Kontak
