Jacques & Nicole se kleurvolle plaastroue

Ons is opgewonde om Jacques & Nicole se kleurvolle plaastroue met Mooi Troues se lesers te deel.  Jacques is ʼn plaasjapie en Nicole ʼn stads meisie … Dit is ʼn wen kombinasie.  ʼn Plaastroue is altyd lekker, maak nie saak wat nie.  Dan om dit lekkerder te maak sit jy moderne dekor elemente by dit en jy het ʼn wenner.  Ons is ook baie opgewonde dat Nicole dekor en trourok inspirasie van Mooi Troues gekry het.

Nicole se pragtige trourok is van Bride&co, elke toekomstige bruid se een-stop-winkel vir al jou trourok en strooimeisie-rokke.  By Bride&co is daar letterlik iets vir elke persoon se smaak, grootte en styl.  Jy het ook die opsie om ʼn rok te koop of huur by hulle.  Nou weet jy waar om jou te soek vir jou trourok en strooimeisie-rokke.

Ons is mal oor die paartjie se trou dekor, dit is kleurvol en baie stylvol.  Jy het nogsteeds daardie eg plaastroue gevoel, met moderne dekor elemente.  Gaste tafels se dekor is meer simplisties met proteas en verskillende potjies en neutrale materiaal servette.  Dan is die paartjie se tafel meer vol gedrapeer met die mooiste blom ontwerp.  Geniet hierdie kleurvolle plaastroue en deel dit met jou vriende.

kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue

Ons liefdesreis


Ons het mekaar Januarie 2014 in Potchefstroom ontmoet.  Albei van ons het daar studeer en ons het toevallig langs mekaar in dieselfde kompleks gebly op daardie tyd.  Ons het vinnig bitter goeie vriende geword.  Elke dag gesels en tot laatnag gesit en koffie drink.  Kort voor lank het ons besef dat ons meer van mekaar hou as wat ons wou erken.  Ons het besluit om die liefde ‘n kans te gee en dit was die beste besluit was ons ooit kon maak.

Jacques het my op die 31ste April op sy ouma Miemie se plaas gevra om sy meisie te wees.  Ons verhouding was so goed, altyd net goed en is nogsteeds.  Hy is ‘n ware gentleman en maak wraggies na amper 6 jaar steeds elke keer vir my die kar deur oop.  Ek kon nie vir beter gevra het nie.  Ons was vir so bietjie meer as 4 jaar in ‘n verhouding tot Jacques op die 27ste Junie 2018 die JA woord gevra het.

Ons was saam my ouers op vakansie by die Suid-Kus toe Jacques besluit ons moet op ‘n uitstappie gaan Oribi Gorge toe vir die dag. Sonder dat ek enigiets vermoed het is ons as gesin in die kar gespring op pad Oribi Gorge toe.  Onwetende dat my pa met die mooiste ring in sy sak rondloop.

Op Leopards Rock het Jacques aangedring dat ek moet sit en so in die verte in staar sodat hy ‘n foto kan neem.  Ek het gesit en staar, en staar en … toe ek omkyk om te vra of hy klaar is toe sit hy agter my op sy knieg.  Dit was so groot verassing en ek het eers vir hom gevra “Wat maak jy nou!?” voordat ek 100 keer “Ja” gesê het.

kleurvolle plaastrouekleurvolle plaastroue

Inspirasie van Mooi Troues


Ek het baie dekor idees gekry op die Mooi Troues webwerf en het altyd rondgesnuffel vir idees oor rokke waarvan ek dalk sal hou en hare idees.

kleurvolle plaastrouekleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue

Die verlowing tydperk


Ons was vir ‘n jaar en 3 maande verloof.  Toe het ons dadelik na ons verlowing begin troue beplan maar het besluit om genoeg tyd te gee sodat ons alles rustig kan beplan en genoeg geld wegsit.  Ons het nie ‘n troubeplanner gehad nie en het alles self beplan.  Ek en Jacques het wel hulp gehad van vriende en familie.

kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue

Finansiële aspekte


Ons het nie ‘n vasgestelde begroting gehad nie.  Ek en Jacques het wel verskeie verskaffers se pryse met mekaar vergelyk voordat ons net blindelings besluite geneem het.  Albei van ons het besluit dat ons nie graag kostes wil sny op die venue, dekor en fotos nie, omdat dit mekaar komplementeer en ons tog net een keer in ons lewe hierdie spesiale dag gaan beleef en al wat na die tyd oor is daarvan is tog jou fotos.

Ons het 90 gaste onthaal.   Dit was slegs naaste familie en vriende.  Mense wat deel vorm van ons daaglikse lewe.

Bietjie finansiële raad aan ander paartjies
  • Moenie oorhaastig wees om te troue wanneer jul verloof raak nie.  Gee vir julself genoeg tyd om aan jul groot dag te beplan sodat dit nie ‘n stresvolle affêre word nie, jy moet dit geniet.
  • Sny op jul begroting met goedjies soos gaste geskenke (ons het nie gaste geskenke gehad nie), julle trou uitnodiging (mense gooi dit in elk geval in die asblik), die troukoek (eet mens dit regtig?)

kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue

Merkwaardige oomblikke


Nicole

Die merkwaardigste oomblik was toe ek vir die eerste keer my pa sien.  Hy het dadelik tranerig geraak en my pas is iemand wat se mens huil as jy hartseer is, nie as jy gelukkig is nie.  Ook toe ek in die kapel instap en vir Jacques sien glimlag met ‘n lippie wat bewe, my hart het gesmelt.

Jacques

Die merkwaardigste oomblik was toe ek vir die eerste keer vir Nicole in die kapel sien instap, sy het pragtig gelyk.  Ons Dominee se preek was ook besonders en iets wat ons altyd sal bybly.

kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue

Gunsteling Diensverskaffers


Venue: The Stone Cellar
  • Asemrowend mooi, lekkerste kos, vriendelikste en professionele op die dag koördineerder.  Sam is fantasties, as dit nie vir haar was was, was ek ‘n bolletjie stres maar sy hou mens so rustig en haar tydsbeplanning is puik
Dekor: Hartelief Styling
  • Monette het regtig so groot passie vir haar werk en sy is so kunstig.  Ons het net ‘n paar idees rondgegooi en sy het presies gedoen wat ons wou hê en dit was so mooi.
Fotograaf: BOLD Photography
  • Chane is so talentvol en die gemaklikste mens om mee oor die weg te kom.  Jy lag heeldag sonder om te probeer.  Sy is ongelooflik.

kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue

Raad aan ‘n toekomstige bruid en bruidegom


  • Neem elke sekonde van die dag in vandat jy jou oë oopmaak vroegoggend.  Almal se vir jou dat die dag te vinnig verby gaan en dit is regtig so.
  • Eet teveel, want die kos is so lekker en vandag mag jy maar bietjie ekstra eet vir die tye wat jy te min geëet het omdat jy gestres het of die rok gaan pas.
  • Gaan na verskeie plekke toe om rokke aan te pas.  Maak seker die rok is mooi en gemaklik.  Jy wil nie heelaand ongemaklik voel nie en jy wil tog lekker kan dans.
  • Vat jou tyd om te besluit op iemand wat jou hare en grimering doen.  Dit moet perfek wees.  Moenie bang wees om te se as jy nie daarvan hou nie.
  • Wat wil JULLE hê?   Dit is julle spesiale dag. Beplan dit soos julle wil.  Kry dekor wat in julle smaak val.  Nooi gaste wat julle daar wil hê.  Eet wat vir julle lekker is.  Dans op die liedjies waarvan julle hou.  Kies ‘n datum en tyd wat julle pas.  Dit gaan nie oor wat die gaste wil hê nie, dit is julle dag.  Gaan eet ‘n lekker ontbyt voor julle die dag begin, want as jy eers begin fotos neem en regmaak in daar nie tyd om te eet nie.  Vertrek later die middag op wittebrood.  Dit is glad nie lekker om vroeg om te staan die dag na die troue nie.

kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue

Wittebrood


Ons het baie gesels oor waarheen ons graag op wittebrood wil gaan.  Ek is ‘n onderwyseres en is ongelukkig gebind aan skoolvakansies, en die September/Oktober vakansie is net ‘n week lank.  Ons het toe ooreengestem dat ons eie land so mooi is en ons sommer hier in Suid-Afrika gaan witbrood hou.  Ek het nie geweet waarheen ons gaan nie, en Jacques het alles beplan.  Hy het die oggend op die lughawe eers vir my vertel dat ons op pad is Knysna toe.

Ons het in die Tsitsikama Woude gebly by Forest Valey Cottages.  Dit is so mooi daar.  Die mooiste uitsig oor die woud en boonop net 10 minute se ry dan lê jy lekker op die strand.  Ons het daar aangekom in die reën en papnat gereën toe ons uit die vliegtuig klim.  Die res van die tyd was helder sonskyn dae en ons het onsself gate uit geniet.

Ons het ‘n kar gehuur, oral rondgery en besigtigingstoer gedoen.  By al die lekker plekkies in die hawe en rondom Knysna geëet, ook ‘n paar kilos opgetel … Die hoogtepunt was ‘n bootrit op die Ocean Odyssey waar ons gaan walvisse en dolfyne kyk het.  Dit was so lekker wegbreek.

kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue

Venue en dekor


The Stone Cellar was die eerste venue waarna ons gaan kyk het en dit het dadelik ons harte gesteel.  Jy sal weet as jy die regte plek sien.  Ons wou ‘n plaastroue hê maar steeds modern.  Jacques is ‘n plaasjapie en Nicole kom van die stad af.  So dit het ons altwee se agtergrond mooi saamgevat.  Ons wou beide ‘n kleurvolle somertroue hê en dit is presies wat Hartelief Styling vir ons bymekaar gesit het.  Rustiek maar tog elegant.

kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue

Ons eerste dans


Nie een van ons is fantastiese dansers nie maar ons het besluit om ‘n natuurlike dans te doen, sonder enige dansklasse en snaakse danspassies.  Ons het so 2 weke voor die troue besef dat ons nog glad nie geoefen het vir die dans nie, en het toe sommer ‘n paar aande in my ouers se sitkamer en op die stoep lekker gesokkie.  Ons het op “Klein dorpie gevoel” van Bok van Blerk gedans.  Dit is die liedjie wat beide van ons laat terugdink aan die begin van ons verhouding en waar alles begin het.  Dit was ons lang pad liedjie wanneer ons van Potch af by beide van ons se ouers gaan kuier het.  Ons het dit altyd kliphard in die kar geluister en saamgesing.

kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue kleurvolle plaastroue

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers