Eksentrieke Swart & Wit Gestileerde Trou Inspirasie

Met opgewondenheid deel ons die eksentrieke swart en wit trou inspirasie by Monte Christo Wedding Venue met jou.  Die gestileerde fotosessie was gedoen om inspirasie te skep vir paartjies wat opsoek is na ʼn trou tema wat anders is as die gewone.  ʼn Swart trourok wat definitief jou gaste se koppe sal laat draai en aan die gons kry!

Monte Christo Wedding Venue in die Limpopo provinsie is die perfekte trou venue vir die fotosessie gewees.  Omring deur prentjie mooi uitsigte van damme, bome en die pragtige Wolkberg-bergreeks kan jy nie verkeerd gaan met jou keuse van trou venue nie.  Die rou konkreet vloere en baksteen mure het die perfekte agtergrond geskep vir die tema van dié trou inspirasie fotosessie.

Dekor elemente was meer eenvoudig gehou met fyn liggies wat teen die muur af drapeer is agter die troukoek.  Dit trek jou aandag na die troukoek toe en gee ook ʼn romantiese atmosfeer as jy by die tafel sit.  Groen dekor elemente soos die bloekombos blare op die tafel en die groen lap tafel loper gee die trou dekor ʼn sagter gevoel.  Swart en goue elemente op die hout tafel staan só mooi uit en is in kontras met die neutrale agtergrond.

Ons is gaande oor die buite foto’s langs die plaasdam en tuine by Monte Christo Wedding Venue.  Dit is soos iets uit ʼn strokiesverhaal.  Rol af om meer foto’s te sien van die eksentrieke swart en wit trou inspirasie fotosessie en inspirasie te kry vir jou eie troue.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: