Iwan & Theonette se stedelike verlowing fotosessie

Die verlowing fotosessie van Iwan en Theonette sal vol inspirasie wees vir paartjies wat vir die stedelike gevoel wil gaan met hul verlowing fotosessie.  Die beton-oerwoud van Braamfontein in Gauteng het gesorg vir die perfekte agtergrond en ons kan sien die paartjie is in hul element.  Die fotograaf het sy taak welgedaan met die speel van lig.  Geniet die fotos en dink sommer aan ‘n plek in die stad naaste aan julle om ook iets soortgelyk te doen.

Vertel ons hoe het julle ontmoet


Ons eerste afspraak was by ‘n lieflike Italiaanse restaurant, die tipe wat vir generasies deur dieselfde familie besit en bestuur was.  Ons is albei mal oor Italiaanse kos, so ons was “af na ‘n goeie begin”.  Soos enige eerste afspraak was dit so klein bietjie vreemd aanvanklik, maar na nie te lank nie het die ure verby gevloei in gesprek.  Dit was duidelik dat daar van toe al ‘n konneksie gevorm het, iets wat nog nooit vervaag het nie.

Vertel ons hoe het julle verloof geraak?


Hierdie punt is geskryf van Iwan se perspektief af:  Theonette het my vir my 30ste verjaarsdag verras met ‘n verrassingspartytjie by presies dieselfde restaurant waar ons eerste afspraak was, min-wetend dat ek so amper dit ook gekies het om haar te vra die volgende aand.  Darem was dit nie die geval nie.  My oom verskaf water aan die luukse restaurant Signature in Sandton en ek was bewus dat sy altyd nog dit wou gaan probeer het.  So ek het ‘n storie opgemaak dat een van my goeie kliënte (wat ook in was op die spel) my en haar wou uitvat vir my verjaarsdag (dit was die dag na my 30ste) na Signature, om saam te vier en die aand te geniet.  Die middag voor die aandete, moes ek met die kelner koördineer om die ring presies op die regte tyd uit te bring en die orkes om die regte lied presies op die regte tyd te sing. Gedoen, klaar.  Ons het toe uitgegaan om my “kliënte te gaan ontmoet” by die deftige restaurant.  Toe ek ‘n SMS kry dat hulle dit nie gaan maak nie (hoe tragies ongeskik op daai stadium) besluit ons om maar voorgereg te bestel.  Die plan was om die voorgereg uit te bring met ‘n verlowings ring, maar Theonette het my toe ‘n “kurwe bal” gegooi deur nie ‘n voorgereg te bestel nie.  Toe die bord met die silwer koepel bo-op voor haar neergesit was het sy sommer dadelik aangedring dis nie hare nie en toe ek aandring nee, dit is vir jou het sy agter gekom iets is aan die gaan.  Die kelner het die deksel gelig met die ring daarin, ek het voor die vol bespreekte restaurant op my knieë gegaan en heeltemal my versigtige woorde wat ek neergeskryf het vergeet in angs en net gesê wat op my hart was.  Sy het ja gesê, die orkes het gespeel en boonop alles het my oom skelm voor die tyd gereël dat ‘n bottel sjampanje by ons tafel bedien word na die vraag.  Dit was mooi ek was nog nooit so bly in my lewe nie en ek sal altyd terug dink aan daardie aand met ‘n gevoel van avontuur, liefde en die beste antwoord wat ek nog ooit gekry het.  Almal in die restaurant het vir ons hande geklap en ons was altwee dronk van emosie in die oomblik.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Om die waarheid te sê, ons is albei eintlik introverte, so ‘n verlowing foto sessie was nie een van ons se idee nie, maar een van Theonette se wonderlike vriendinne het dit vir ons as geskenk gegee en ons kan natuurlik nie nee vir ‘n geskenk sê nie.

Ons het twee opsies gehad: Natuur of Stad.  Theonette het al verskeie kere Iwan se bos besoeke verduur, so ons het gevoel ‘n Stad fotosessie sal ‘n spesiale opsie vir Theonette wees.  Ons was glad nie teleurgesteld nie.  Rozier het die voorstel gemaak om die Neighbourhoods Market in Braamfontein te gebruik vir ‘n agtergrond.  Vroeg oggend, die strate nog stil tussen die massiewe geboue.

Die oggend fotosessie was maklik, dit was nie so styf soos wat ons gedink het nie en die oomblikke was heel spontaan.  Die resultaat was beter as wat ons ooit kon dink het.  Okay Deer het oomblikke tussen ons gevang wat ons nou vir altyd kan hou, oomblikke wat ander mensie nie het nie, oomblikke wat net ons sin is vir ewig.

Vertel ons van jul droom troue?


Theonette is nie die tipe wat droom oor wit trourokke en blomme meisies nie.  Om ‘n droom troue te probeer op dink het was nogal moeilik.  Ons is albei ontwerpers en dit bedoel ons wil albei iets baie spesiaals hê wat gaan anders en onthoubaar wees vir ons.

Ons weet nog nie of ons, ons “droom troue” kan vasheg nie, maar die grootste droom is om ons naaste mense daar te hê om te getuie dat ons vir mekaar lief is en sal lief hê vir die res van ons lewes.

Dit gesê, ‘n droom troue kort altyd goeie musiek.  Ons loop ‘n fyn balans tussen tradisioneel en modern, terwyl ons elkeen ons eie persoonlikheid wil toe leef.  Ons het ook besluit om een lang tafel (soos die Middeleeue) te hê in plaas van aparte tafels, met ‘n winter troue tema, en baie kerslig, probeer ons dit klein en intiem hou.  Ons totale gaste getal is minder as 70 mense. (Wel, klein vir ons )

Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Okay Deer
  • Plek: Neighbourgoods Market, POST coffee shop,  Father Coffee Shop