Ons deel vandag ‘n vrolike gestileerde fotosessie met jou. Mooi Troues het ‘n gestileerde fotosessie by Langkloof Roses buite Paarl gehad om jou met inspirasie te voorsien vir die gebruik van pienk en wit skakerings as jou kleurskema.
Die talentvolle blomme ontwerper, Heike van Fleur Le Cordeur was verantwoordelik vir die blomme rangskikkings en ook Bernice, ons model, se krans. [kraak] Wedding and Event Coordination was in beheer van die stilering en koördinering van die fotosessie.
Bernice se grimering en hare is gedoen deur die talentvolle Chantelle Landman, ‘n Kaapstad gebaseerde grimering kunstenaar. Günther Schubert het die pragtige foto’s geneem vir die gestileerde fotosessie.
Die idee agter die fotosessie is om jou te wys hoe om met sagte kleure te werk, maar nogsteeds ‘n elegante en baie sterk gevoel te skep vir jou troue. Die tema is perfek vir enige seisoen van die jaar, maar jy kan wel ‘n skouer baadjie kry vir die rokkie indien jy bietjie koud kry. Ons wil ‘n spesiale dankie sê aan Langkloof Roses wat hulle venue vir ons aangebied het op baie kort kennisgewing. Bernice se rok is van Ever After en is die Trieste rok van die White One by Pronovias group reeks.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Günther Schubert
- Grimering: Chantelle Landman
- Venue: Langkloof Roses
- Model: Bernice
- Blomme ontwerper: Fleur Le Cordeur
- Stilering en Koördinering: [kraak] Wedding and Event Coordination
- Rok: Ever After