Kleurvolle Trou Inspirasie

Met opgewondenheid deel ons die kleurvolle trou inspirasie fotosessie met Mooi Troues se lesers.  Ons is totaal en al verlief op die kombinasie van Indiese trou- en moderne elemente wat deel vorm van dié kleurvolle trou inspirasie fotosessie.  Helder kleur is tans hoogs mode wanneer dit kom by trou dekor en blomme, so maak seker jy mis nie hierdie pragtige trou inspirasie fotosessie nie.

Dié gestileerde fotosessie was by die luukse, The Lakeside trou venue, oos van Pretoria. The Lakeside se glaskas trou venue is die perfekte ligging vir die gestileerde fotosessie.  Die helder kleure van die trou dekor en pragtige blom ontwerpe staan so mooi uit teen die wit tafel en interieur van die trou venue.  Tikseltjies goud elemente skep ʼn statige en luukse voorkoms.  Met al die verskillende helder kleure gee dit ʼn lewende en baie opwindende gevoel aan die fotosessie.

Die model het beeldskoon gelyk en ons is totaal en al verlief op die trourok keuses vir die fotosessie.  Dit gee toekomstige bruide ʼn idee van die verskillende trourok style en detail op die trourokke.

Ons is mal oor elke liewe element van die trou inspirasie fotosessie.  Tot die fyn detail van die trou skryfbehoeftes wat so mooi helder en kleurvol is.  Die model se mooi hare en grimering, juweliersware en die prentjie mooi foto’s wat elke liewe element so mooi vasgevang en gekombineer het.

Alles is moontlik as jy ʼn span professionele en talentvolle trou diensverskaffers het. Rol af om meer foto’s te sien van die kleurvolle trou inspirasie fotosessie en om meer te lees oor die inspirasie agter die gestileerde fotosessie.

Wie het die fotosessie gereël?


JCS Photography

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons leef in ʼn era waar die trou industrie op ʼn daaglikse basis evolve.  Almal is opsoek na iets nuut en uniek wat jou troudag gaan laat uitstaan.  Ek het ongeveer drie maande beplan aan hierdie sessie en het besluit om twee verskillende “tipe” troues te kombineer om iets modern en kleurvol te skep.  Indiese troues het ongelooflik baie elemente wat hul troues spesiaal en uniek maak, soos helder kleure en diere wat hulle inkorporeer. Ek het hierdie elemente geneem en dit gekombineer met ʼn tradisionele wit troue en so het die konsep ontstaan.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ek het eerste met Stephanie van Fynbos Wedding Shoppe kontak gemaak en die konsep met haar gedeel.  Sy wou dadelik deel wees en die soektog het begin.

Ek was opsoek na ʼn venue van glas en The Lakeside was my eerste keuse.  Hulle het ook dadelik ingestem en een vir een het die res van die verskaffers in plek geval vir die shoot.

Elke verskaffer het hulle puik van hul taak gekwyt en dit het my wildste verwagtinge oortref.

Agter die skerms van die fotosessie:


Die dag was een groot sukses en dit was ʼn voorreg om saam elkee van die verskaffers te kon werk.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Ons was altesaam 12 verskaffers wat saam gewerk het om die sessie ʼn realiteit te maak van regoor Suid-Afrika.  Ek het met elkeen die mood board gedeel en dit was vir my ongelooflik om te sien hoe alles perfek by mekaar inskakel om die volledige prentjie te vorm op die ou-end van die dag.

Dekor:


Nicky wat die dekor en blomme gedoen het was ongelooflik.  Ek het met haar my visie en idees gedeel en sy het dit ʼn realiteit gemaak.  Die tafel was gedek met minimalistiese elemente sodat die fokus op die blomme en dekor wat uit die dak gehang het kon val.  Die blomme wat ons gekies het was alles in seisoen en het die kleur element laat pop op die tafel.

Linda van The Petal floristry het die origami elemente verskaf en dit het alles so mooi afgerond.

Kleurskema:


Helder kleure is vreeslik in die mode en Indiese troues is veral bekend vir hulle kleurvolle blomme en dekor.  Daarom het ek gedink om elemente van ʼn wit troue en Indiese troue te kombineer.  Ons het baie gefokus op skakerings van rooi, oranje, geel, appelkoos en goud.  Laastens het ons die ligte blou element inkorporeer by die kerse en ek is só dankbaar, want dit het alles perfek afgerond.

Venue en Ligging:


Ek was van die begin af opsoek na ʼn glas venue met moderne argitektuur.  The Lakeside was my eerste keuse en hulle het dadelik ingestem vir die sessie.  Die glas en wit afwerking het gesorg dat die helder kleure uitgestaan het en die fokus daarop geplaas kon word.  Die venue se uiterlike elemente en ligging het natuurlik ook bygedra tot die perfekte foto’s.

Trourok:


Stephanie van Fynbos Wedding Shoppe het op twee noupassende rokke besluit met rompe wat kon afhaal.  Ons wou gaan vir een klassieke en een meer moderne look en dus kon ons dit maklik regkry met die twee verskillende rokke.  Albei rokke het ongelooflik baie detail gehad en was uitgewerk met kraletjies en sequince wat perfek ingepas het by die konsep van die shoot.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Neem hierdie inspirasie en maak dit jou eie, voeg elemente by na jou styl en smaak.  Helder kleure is tans baie in die mode en mens kan lekker rondspeel met al die elemente.

Addisionele Inligting:


Hierdie sessie bevat iets van alles en sluit nie net idees in vir die bruid en tafel nie, maar ook vir al die voor-af opwinding en klaarmaak.  Ons hoop julle geniet elke foto en vind sommer vreeslik baie inspirasie by die shoot.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers: