Griekse Bougainvillea Trou Inspirasie

Ons deel met die begin van hierdie nuwe maand, vars trou inspirasie met ons Mooi Troues lesers.  Hierdie inskrywing beeld ʼn Griekse Bougainvillea trou inspirasie uit wat werklik ons maak droom van ʼn troue oorsee.

Die fotograaf wou graag haar idee van ʼn vakansie op ʼn Griekse eiland uitbeeld deur hierdie fotosessie.  Inspirasie is getrek van die Griekse wit huisies wat opgehelder word deur pienk Bougainvilleas.  Die pragtige wit venue het die perfekte speelveld gebied om die tema na lewe te bring en vir die pienk dekor om werklik ʼn indruk te maak.

Die troudekor en die model se trourok weerspieël ʼn tydlose styl wat so elegant lyk met die oorwegende wit kleurskema.  Definitief ʼn tipe koninklike aspek wat die stylvolle trourok na die tafel toe bring.  Sweet Joy Wedding Cakes het ook ʼn pragtige, simplistiese wit troukoek gemaak wat so mooi ingeskakel het by die tema, met sy helderkleurige blom versierings.

Rol gerus af vir meer Griekse Bougainvillea trou inspirasie.

Wie het die fotosessie gereël?


Xanthe van Blommekind Photography

Inspirasie agter die fotosessie:


Met die huidige realiteit waarin ons ons self bevind is die moeilik om oorsee te reis.  Ek en my gesin was van plan om Santorini toe te gaan in 2020.  Dit was ongelukkig nie ʼn moontlikheid nie.  Ek weet ook van soveel bruidspare wat nie toegelaat was om hulle spesiale troudag gevier het soos beplan, of soos hulle daaroor gedroom het nie.  Toe ek begin het met beplanning van ʼn gestilleerde fotosessie was ek geïnspireer deur die Griekse eilande.  Met hulle wit huisies en helder pienk Bougainvilleas om mense te op te kikker met die herinnering van oorsee reise en die perfekte trou dag.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die verskaffers is almal goed bekende verskaffers wat baie goeie dienste lewer.  Dit was ʼn groot voorreg om saam met hulle te werk.

Agter die skerms van die fotosessie:


Agter die skerms het al die verskaffers hand aan hand saam gewerk om die pragtige fotosessie aan mekaar te sit.  Geen onvoorsiene probleme het voorgeval nie.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Die eind produk na al die harde werk was die mees merkwaardigste, om mens se visie te sien tot lewe kom.

Dekor:


Bougainvilleas was gebruik as deel van die blomme rangskikkings wat nie gewoonlik ʼn snyblom is nie.  Hierdie element was ingebring om die gevoel van Santorini en luukse oorsee se reis te illustreer.

Kleurskema:


Die kleur skema was helder rooi en pienk kleure wat duidelik uit gestaan het teen die kenmerkende wit mure van die pragtige Grieks geïnspireerde venue.

Venue en Ligging:


Bergvallei is die perfekte venue geïnspireer deur Griekse eilande met pragtige wit geboue en Bougainvillea bosse.  Dit is soos Santorini in Suid Afrika wat die visie vir die gestileerde fotosessie tot lewe gebring het.

Trourok en bruidegom pak:


Gelique se trourokke is tydloos en elegant.  ʼn Pragtige eenvoud wat my herinner het aan die tipe rokke wat ʼn antieke Griekse prinses sou dra.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Die sleutel is die dekor.  Enige venue kan omskep word in jou perfekte droom trou.  Kry goeie verskaffers wat jou styl verstaan met goeie verwysings, sodat jy hulle ten volle met jou visie kan vertrou en net jou trou dag kan geniet.

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: