Wico & Mareli se pragtige selfdoen troue

Ons deel graag vandag met al ons Mooi Troues lesers die pragtige selfdoen troue van Wico en Mareli in Limpopo.  Wico en Mareli het self hulle pragtige selfdoen troue beplan in ʼn simplistiese aardse kleurskema.

Die paartjie het hulle troudag gehou by ʼn trouvenue in Limpopo.  Die venue het dadelik hulle oog gevang met sy prentjie mooi natuurskoon.  Hierdie trouvenue is omring deur berge, riviere en golwende graslande op ʼn plaas in die Stoffberg omgewing.  Die diensverskaffer was ook definitief een van hul gunsteling gewees vir hul pragtige selfdoen troue, en het mooi by hulle aardse kleurskema ingepas.

Hierdie paartjie het ʼn aardse kleurskema gehad wat mooi ingeskakel het met die omgewing se natuurskoon.  Hulle het bruin en elemente van groen gebruik saam met romantiese beligting om die onthaal area te versier.  Ten spyte van slegte weersomstandighede, het als perfek uitgedraai en hulle het getrou by die venue se pragtige klipkerk.

Rol af om die foto’s te geniet van Wico en Mareli se pragtige selfdoen troue.

Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue

Paartjie se Liefdesreis:


Ons, Wico en Mareli, het saamgewerk as kollegas by AfriForum.  Ons het mekaar in die begin van 2016 ontmoet, en eers September 2018 begin “uitgaan”.  Toe Wico my die eerste keer gesoen het, het hy vir my gesê – Mareli as ek jou vanaand soen, gaan jy geen ander man weer in jou lewe soen nie.

Wico het my gevra om te trou toe hy ouers gaan vra het in Clarens.  Dit was nog vlak 4 inperking in 2020 en ons het met permitte oor die grense gery.  Daar kon Wico nie meer wag nie en het toe by Noah Cheese ʼn romantiese piekniek gereël en my daar verras op sy knieg, net buite die dorpie tussen die pragtige Golden Gate berge.

Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue

Die Verlowing Tydperk:


Ons het op 13 Junie 2020 verloof geraak en op 27 Februarie getrou – ons was 8 maande verloof.

Ons het geen troubeplanner gehad nie – Ek, Mareli het alles self gereël, met die hulp van Wico en familie.  My werk vereis van my om funksies te reël en te koördineer, so ek het aanvanklik gedink dat dit nie so groot taak was nie, maar is baie verlig al die reëlings is nou verby.

Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue

Finansiële Aspekte:


Aanvanklik was daar nie ʼn bepaalde begroting nie – eintlik R0.  So enige skenkings van die ouers en familie was met ope arms verwelkom.  Ek, Mareli, het baie min geld gespaar gehad vir hierdie feestelikhede.

Ons het aanvanklik 150 gaste uitgenooi, maar met KOVID-19 en gaste wat skrikkerig was (wat mens 100% verstaan) was ons op die ou einde 120 gaste.

Al die verskaffers het ons baie tegemoed gekom en binne begroting gebly.  My ouers het die venue koste gedra, Wico se ouers het ʼn kontant som bygedra en ʼn paar goed betaal.  My oupa en ouma het ook geld vir ʼn platejoggie geskenk en die res is maar so in die 8 maande afbetaal.

Die totale bedrag was so R90 000.

Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue Pragtige selfdoen troue

Die Besluitnemingsproses:


Beide ek en Wico – maar meerderheid ek.  Ons familie en vriende het nie eintlik gedeel in die besluitnemingsproses nie, maar wel in die voorstel van idees.

Merkwaardigste Oomblikke:


Die merkwaardigste oomblikke, was verseker die heerlike partytjie van die troue.  Ons het verskriklik lekker saam met al ons vriende en familie gekuier.

Ten spyte van KOVID-19 het almal baie lekker gekuier, ons heerlik gedans en die kos was besonders – lekkerste troukos nog – dankie Fransien!

Aanvanklik wou ons baie graag in die kerk op Stoffberg trou, maar weens KOVID-19 regulasies sou dit nie toelaatbaar gewees het nie.  Toe sou ons onder by die stroom (buite) getrou het, maar wou eintlik steeds in die kerk getrou het.  Die Vrydagmiddag en aand toe begin dit verskriklik reën, asook Saterdagmiddag om 14:00 toe die diens begin het.  Toe moes ons in die kerk trou en dit was so spesiaal.

Ons albei was so rustig gewees, niks het verkeerd geloop nie – en ons kon letterlik net elke oomblik geniet.  Ten spyte van inperking en KOVID-19 kon ons, ons droom dag gehad het en dit verskriklik baie geniet het.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Moenie keuses maak op grond van familie en vriende se idees nie – doen wat vir julle lekker is.  Hou die toesprake kort en min.  Sorg dat julle ʼn goeie kroeg het.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Net dat van die gaste dit nie wou bywoon nie, omrede hul bang was dat hulle kon aansteek.

Paartjie se styl:


Ons het nie regtig ʼn styl gehad nie, meer ʼn kleurskema – aardse kleure.  Alles was aardse kleure met veral groen en gebrande oranje.

Mareli se trourok:

Aanvanklik het ek ʼn rok van oorsee bestel, maar toe dit hier aankom was dit glad nie wat ek ingedagte gehad het nie.  Ek het toe ʼn ander rok gaan soek, en besluit op die rok van hoe dit op die foto’s gelyk het.

Wico se pak:

Ons het by Woolies ingestap en die mooi Vlootblou Country Road pak was toevallig op ʼn uitverkoping.  Ek was so dankbaar, want anders sou Wico nooit ʼn keuse kon maak tussen al die opsies nie.

Die trouringe:

Wico het my ring presies laat maak van die foto’s wat ek vir hom gestuur het en Wico se ring was sy oupa – Willem Nicolaas (wie se name hy het) se ring wat hy dra.  Ons het net die naam daarin graveer.

Venue & Dekor:


Wico het groot geword in Middelburg en ken Fransien van Mellow Stream.  Ons het na net een ander venue gaan kyk en dadelik op Mellow Stream besluit.  Fransien was ʼn goeie gasvrou en ons wou graag ʼn naweek troue gehad het – Mellow Stream was ideaal daarvoor.

Inspirasie vir dekor was die aardse kleurskema, gloeilampies en kurk.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ek kan nie net een uitlig nie.

Fransien van Mellow Stream – so gemaklik en op die bol.  En waarde vir geld – sy het vir ons baie meer gegee as waarvoor ons betaal het.

Reinette die fotograaf – sy het baie afslag op die foto’s gegee en ʼn video-opname verniet gedoen.

Spesiale Tradisies:


Nee wat, net die gewone, kerk troue waar my pa my ingebring het, kousband en blomme gooi.

Eerste Dans:


JAAA!!!  Dit was so oulik, ons het die dansbaan op Queen se treffer – I was born to love you oop gemaak toe ons ingestap het.  Ons het nie vir danslesse gegaan nie, maar mense het ons gevra (ons neem dit as ʼn kompliment).  Ons het ook tydens die aand so 3 liedjies gehad, wat ons vooraf op besluit het en vir die platejoggie gegee het, as dit gespeel het, het ons mekaar op die dansvloer gekry en gedans.

Vermaak:


Ons vermaak was net so besonders.

Wico se nefie en niggie – Bos en Cindy van Potch het die gaste vermaak tydens die vinger etes.  Cindy se stem is pragtig en tydens die koue reën gevoel, wou mens net ʼn kaggel aansteek en heelaand vir hulle luister.

Platejoggie Tiaan – het die gaste tot 4:00 die oggend met musiek vermaak.  Ons het baie lekker gedans en die gaste kon maklik ʼn liedjie by die platejoggie versoek het.

Wico het vir my tydens sy toespraak gesing en kitaar gespeel – so spesiaal.

Wittebrood:


Ons was Hoedspruit toe … by ʼn luukse tent safari kamp.  Ons wou baie graag Mauritius beleef, maar is steeds toe, en hierdie was die beste alternatief.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: