Johan en Monique moes as gevolg van KOVID-19 se beperkings hul troue vereenvoudig en gastelys verminder. Alhoewel dit nie ideaal was nie, was dit nie meer noodsaaklik om ʼn enorme venue te hê nie en was hulle in staat om op ʼn spesiale plekkie op Johan se familieplaas te trou – iets waaroor hulle nog altyd gedroom het! Johan en Monique het ʼn eenvoudige oop stuk grond op ʼn plaas soos iets uit ʼn internasionale trou-tydskrif laat lyk! Hulle het besluit om by die klassieke tema vir hul buitelug tou fees te hou waarop hulle aanvanklik besluit het vir hul eerste troudatum.
Tafels met pragtige dekor en blomme deur Anrule Plant and Decor hire is rondom ʼn wit dansbaan rangskik, met naakte gloeilampe en “fairy lights” om ʼn gesellige atmosfeer te verseker. Hul gaste het ʼn heerlike buitelug trou fees onder die sterre geniet!
Alhoewel ons glo dat hul aanvanklike troue net so mooi sou wees, is hierdie troudag bewys dat ʼn groot trou-produksie met 200 gaste nie van ʼn troue asemrowend maak nie; Wat eintlik belangrik is, is dat die troudag jou en jou aanstaande se leefstyl en persoonlikhede komplimenteer, en dat jou naaste familie en vriende teenwoordig is om jul liefdesreis te vier.
Rol af vir foto’s van Johan en Monique se asemrowende buitelug trou fees.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons kom albei van Pietersburg af en weet van mekaar van skool se tyd af. Na ʼn koshuis fees by universiteit, het ons begin saam kuier. Ons het omtrent 3jaar ʼn pad saam gestap voordat ons verloof geraak het. Die 3 jaar was gevul met baie avonture saam vriende en familie en ook drie-kamp; Oefen is een van die baie aktiwiteite wat ons in gemeen het.
In September in my finale jaar op universiteit het ons ʼn 100km MTB race, Karoo to Coast, gedoen wat ons benut het as ʼn week vakansie in Mosselbaai. Ons verlowingsdag, 24 September 2019, het begin met ʼn ‘trail run’ langs die kus waar ons ʼn groot skool dolfyne gesien het. Ek het geen verwagtinge van die dag gehad nie. Ek is voor die vakansie ʼn paar items gegee wat ek moes inpak (lang denim, vellies, deftige rokkie en slaapsak.) Johan het hierdie lys gemotiveer asof dit aktiwiteit is wat ons gaan doen. Hy het ʼn kamtige afslag op ʼn deftige ete gesien en een aand se kamp. Ons is die dag Botlierskop toe waar ons ʼn wild-besigting in die vorm van ʼn perde-rit gehad het na ʼn piekniek plek waar Johan my gevra het om te trou. Daarna ʼn heerlike drie-gang maaltyd en geen kamp! Alles was ʼn groot verrassing!
Die Verlowing Tydperk:
Ons oorspronklike trou datum was 25 April 2020, 7 maande na die verlowing. As gevolg van KOVID-19 het ons eers 12 op 19 September 2020 getrou. Ons het die troue self beplan.
Finansiële Aspekte:
Johan se gesin besit ʼn trou venue wat ons begroting baie kleiner gemaak het, omdat ons die kos en drank ook teen kosprys gekry het. Ons het ʼn troubeplanning tydskrif as riglyn vir kostes gebruik en ʼn Excel dokument vir elke klein detail opgestel, aangesien ons die hele troue self sou beplan.
Ons het ʼn begroting opgestel vir 200 gaste vir omtrent R180 000. Op die ou einde, het ons slegs 60 gaste onthaal met ʼn begroting van R150 000. Ons het gemaklik by die begroting gebly deur klein onnodige goed wat mense nie maklik raaksien nie, uit te los.
Advies:
Spaar baie deur self te beplan en aankope te doen.
Merkwaardigste Oomblikke:
Monique:
Toe ek voor by die kansel kom en Johan se hand neem. Ons eerste soen voor die kansel was ook ʼn baie spesiale oomblik.
Johan:
Die merkwaardigste oomblik vir my was toe Monique by die diens aankom en by die paadjie afstap.
Die Besluitnemingsproses:
Ons verhouding is besonders in die sin dat ons gewoonlik maklik ooreenstem met besluite omdat ons soveel in gemeen het. Dit was heel maklik vir my (Monique) om opsies te hê en dan net seker te maak Johan stem saam. Ons het ook vriende en familie se raad gevra waar ons hulp nodig gehad het.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Bruid:
1. Moenie dink aan wat die 10 kritiese gaste gaan raaksien nie!
2. As die bruid die aand geniet, geniet al die gaste dit.
3. Die tydperk tussen die diens en verwelkoming by die onthaal terwyl bruidspaar foto’s neem is baie belangrik. Voorsien genoeg kos en drinkgoed om gaste besig en vol te hou.
Bruidegom:
1. Betrek soveel moontlike vriende en familie by die gebeure die aand voor die troue en tydens jou regmaak sessie.
2. Moenie onnodig nuwe skoene koop spesiaal vir jou troudag nie. Vryf ʼn paar blink, veral as jy op ʼn plaas trou!
Vermaak:
Ons het ʼn platejoggie gehad, wat na 12 moes aanhou tot omtrent 3uur om die dansende gaste te vermaak!
Venue & Dekor:
Die troue sou oorspronklik by die Fouries se venue gewees het. As gevolg van van KOVID-19 het ons besluit om die troue op die Fouries se plaas naby Swartwater in Limpopo te hou. Dit was nog altyd ons droom om daar te trou! Dit sou net nie moontlik wees met die reëlings verwant aan die oorspronklike aantal gaste nie.
Ons wou graag die troue so na as moontlik aan ʼn regte tradisionele troue hou. Daarom die besluit op wit blomme en kerse as dekor om dit ʼn klassieke atmosfeer te gee.
Wittebrood:
Johan het die wittebrood gereël met die idee dat dit ʼn geheim sou bly. As gevolg van KOVID was dit egter nie moontlik om daarheen te gaan nie. Ons het die ongelooflike geleentheid gehad om soos buitelanders in ons eie land te voel. Ons het plekke besoek besoek wat mens nie andersins sal kan bekostig nie, omdat dit vir buitelanders bestem is. Kapama en Simbavati het ons bederf vir ʼn week met wild ritte, baie kos en romantiese etes. Ons het selfs ʼn ontmoeting met’ n hiëna gehad op ons laaste aand tydens ʼn privaat ete by Simbavati.
Eerste Dans:
Ons eerste dans was op ‘Ek Wil Eendag Kan Sê’ van Ruhan du Toit. Ons het na ʼn klomp liedjies geluister een middag en ek het sommer begin huil op hierdie liedjie, omdat dit so gepas was vir ʼn nuwe paartjie se begin. Die Donderdagaand voor die troue het ons sommer op die hout dansvloer in ons oefenklere ʼn eenvoudige stadige ritme met ʼn paar draaie en “dips” uitgewerk. Ons het geen spesifieke roetine gevolg nie en alles het in die oomblik op die aand gebeur.
- Blomme: Anrule Plant & Décor Hire
- Dekor: Anrule Plant & Décor Hire
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Willow & Wondery
- Venue: Nanini Boerdery (Fourie Plaas)
- Bruidegom-pak: Eurosuit (Bride & Co)
- Grimering: Cabellos Hair and Beauty Polokwane (Adrie Du Plessis)
- Hare: Cabellos Hair and Beauty Polokwane (Adrie Du Plessis)
- Huweliksbevestiger: Malan Storm
- Juweliersware: Lovisa
- Musiek: A2Z Crew
- Platejoggie: A2Z Crew
- Paartjie se verblyf: Klippan River Lodge
- Strooijonkers bykomstighede: Woolworths (Broek & Hemp), Untied (Das),
- Skoene: Edgars
- Trourok: Bridal wardrobe
- Trouring: Cape Diamonds
- Troukoek: Noeline Marias
- Wittebrood plek: Kapama, Simbavati River Lodge