Siya & Unathi se Glansryk Troue

Ons is baie opgewonde om Siya en Unathi se glansryk troue by ʼn luukse wynlandgoed en trou venue in Stellenbosch met julle te deel.  Omring deur versorgde tuine, moderne argitektuur en prentjie mooi berge, skep dit die perfekte agtergrond vir dié paartjie se troue.  Hierdie paartjie is al vyftien getroud en vier hul liefde met die hernuwing van hul geloftes.

Unathi het beeldskoon gelyk in haar trourok.  Ons hou baie van die detail op haar skouers, dit gee die rok daardie ekstra tikseltjie interessantheid.  Om haar voorkoms af te eindig het sy ʼn pragtige Jimmy Choo skoen aangehad wat haar trourok so mooi gekomplimenteer het.  Unathi het net so dapper gelyk in sy pragtige ontwerper swart en wit troupak.

Die paartjie se trou dekor het soveel mooi elemente, dit is modern, stylvol en tydloos.  Met die moderne trou venue wat omring is deur glas en uitkyk op die versorgde tuine gee dit vir jou daardie binne buite gevoel.  Wit en goud was die hoof kleure van die trou dekor.  Die mooi rose en groenigheid wat bo die tafels gelig word gee bietjie hoogte aan die trou dekor wat so mooi is.  Om alles mooi bymekaar te bring is ʼn wit dansvloer gebruik en die paartjie se voorletters van hul name op die dansvloer geskryf in goud.

Geen troudag is perfek, sonder ʼn span professionele diensverskaffers nie.  As jy jou troudag beplan, besoek gerus Mooi Troues se Trougids.  Hier sal jy fantastiese diensverskaffers vind vir jou troue.

Unathi en Siya het enige paartjie se droom wittebrood gehad in Mauritius.  Dit is een van die mees romantiese wittebrood bestemmings en populêr onder Suid-Afrikaanse paartjies.  Rol af om meer te lees oor Siya en  Unathi se glansryk troue en ook hul liefdesreis as paartjie.

Bride getting ready Bride getting ready Bride getting ready Bride getting ready Bride getting ready Bride getting ready Bride getting ready Bride getting ready

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het op universiteit ontmoet in my eerste jaar.  Hy het my gevra om te trou in ons eerste jaar, maar ek het nie ‘ja’ gesê nie.  So in my laaste jaar in April 2004 het ek ‘ja’ gesê.  So dit is toe dat ons storie saam begin het.

Hy het in 2004 vir my gevra om te trou en ek het ingestem.  Ons was só verlief en kon nie ons oë van mekaar af hou nie.  Daardie tyd het Siya sy regs-artikels gedoen en ek was besig met my laaste jaar in medisyne.

Bride getting ready Bride getting ready Bride getting ready Bride getting ready Bride getting ready Bride getting ready Bride getting ready Bride getting ready Bride getting ready Bride getting ready Bride getting ready Bride getting ready Bride getting ready

Trou Begroting:


Die trou begroting was om en by R500,000 en ja, ons het definitief oor dié begroting gegaan!

groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready

‘Nie-so-perfek’ oomblikke:


Die reën was die bedreiging, maar dit het my kans gegee om alles te doen. Ek het oproepe gehad wat vir my gesê het om ʼn tent te huur, of die seremonie na binne te verander.  Ons Gazebo was nie buite opgestel nie, as gevolg van reën moes ons net foto’s daar binne neem.  Die buitelug sitplekke wat ek vir welkom drankies gehuur het, kon nie opgestel word nie as gevolg van die reën.

Maar steeds voel ek nie dat iets gemis was nie, want ons het pragtige foto’s van die wolke as ons agtergrond gehad.  Die reën het eers begin val toe ons binne was.  Ek het geloof in my God gehad dat ek steeds in die paadjie in die versorgde tuin sal afloop, en ek het!  Die hele troue was só mooi en die wolke het dit nog mooier gemaak.

wedding ceremony at Cavalli Estate in Stellenbosch wedding ceremony at Cavalli Estate in Stellenbosch wedding ceremony at Cavalli Estate in Stellenbosch wedding ceremony at Cavalli Estate in Stellenbosch wedding ceremony at Cavalli Estate in Stellenbosch wedding ceremony at Cavalli Estate in Stellenbosch wedding ceremony at Cavalli Estate in Stellenbosch wedding ceremony at Cavalli Estate in Stellenbosch wedding ceremony at Cavalli Estate in Stellenbosch wedding ceremony at Cavalli Estate in Stellenbosch

Paartjie se styl:


My trourok was ʼn wit moderne rok met ʼn toe skouer met drie verskillende ontwerpe in een trourok.  Die eerste was ʼn prinses-rok, sonder die boonste romp om vir jou ʼn meermin-rok te gee en rits dan die onderkant oop om vir jou ʼn kort dans-/partytjie-rok te gee.

Die bruidegom se pak was ʼn swart en wit ontwerpers pak.

Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate

Merkwaardigste Oomblikke:


Toe ek in die trougang afstap het en my man gesien het by die kapel.  Asook toe hy my vertel hoe lief hy vir my is en my vra om weer met hom te trou.

Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate

Spesiale Tradisies:


Ons het nie enige spesifieke kulturele tradisies by dié troue gehad nie.  Dit was net hernuwing van geloftes, seremonie, die onthaal en partytjie tyd.

Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate white and gold wedding at Cavalli Estate

Venue & Dekor:


Ek het sowat na 7 trou venues op een dag gaan kyk.  Ons het begin by Cavalli, waar ek onmiddellik oortuig was.  Teen die tyd dat ek  na die res van die venues gekyk het, het ek dit met Cavalli Estate vergelyk en dit het nie ooreengestem nie.

Ek is mal oor die natuur, vrede en skoonheid (glansryk).  Cavalli het dit alles vir my gebied.  Voordat ek trou dekor kon byvoeg, was die plek reeds perfek.  Die versorgde tuine is my gunsteling deel en stem ooreen met my groenigheid en blomme versiering en skep die regte atmosfeer vir my troudag dag en ons as paartjie.

white and gold wedding decor at Cavalli Estate white and gold wedding decor at Cavalli Estate white and gold wedding decor at Cavalli Estate white and goldwedding decor at Cavalli Estate white and gold wedding decor at Cavalli Estate white and gold wedding decor at Cavalli Estate white and gold wedding decor at Cavalli Estate white and gold wedding decor at Cavalli Estate white and gold wedding decor at Cavalli Estate white and gold wedding decor at Cavalli Estate

Die Besluitnemingsproses:


Dit was ons 15de herdenking.  Die bruid het meeste van die besluite geneem.  Ek het ʼn span dames gehad wat my gehelp het met van die beplanning, maar die finale besluit was my besluit as die bruid.

white and gold wedding decor at Cavalli EstateBeautiful marble wedding cake white and gold Luxury wedding decor at Cavalli Estate white and gold Luxury wedding decor at Cavalli Estate white and gold Luxury wedding decor at Cavalli Estate white and gold Luxury wedding decor at Cavalli Estate white and gold Luxury wedding decor at Cavalli Estate

Gunsteling Diensverskaffers:


Dit is moeilik te kies, want om een-of-ander-rede ook al het ek die beste diensverskaffers gehad, maar hieronder is my kort lysie:

  1. Jaco van Just Jacks
  2. Cavalli Estate – Sal nooit vergeet hoe mooi hulle diens op die dag was nie.
  3. Moet nooit my fotograwe vergeet nie.  Hull was so geduldig met almal en moes ook die tyd verleng.
  4. Cedric Nkolele die vermaaklikheidster en sy DJ 5.
  5. Tanya wat ons troukoek gemaak het.
  6. N Concepts se mooi dekor.
  7. Hoe kan ek klank en ligte van AV direk vergeet.

Ek kan nie een spesifiek noem nie, maar al die bogenoemde was fantasties.

white and gold Luxury wedding decor at Cavalli Estate white and gold Luxury wedding decor at Cavalli Estate white and gold Luxury wedding decor at Cavalli Estate white and gold Luxury wedding decor at Cavalli Estate white and gold Luxury wedding decor at Cavalli Estate white and gold Luxury wedding decor at Cavalli Estate white and gold Luxury wedding decor at Cavalli Estate white and gold Luxury wedding decor at Cavalli Estate white and gold Luxury wedding decor at Cavalli Estate white and gold Luxury wedding decor at Cavalli Estate

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Aan al die bruide:

Gee jouself genoeg tyd om te beplan, want daar is baie dinge wat gebeur soos die tyd aanstap.  Kommunikeer die begroting met jou verloofde sodat daar geen verrassings vir hom is nie.  Kry mense om te help, want jy weet nooit alles nie, veral as jy wil pret hê tydens die beplanning.  Nie alles sal op jou manier gebeur nie, maar omhels die dag en die positiewe uitkomste.  Ontspan en maak seker jy lyk pragtig.  Moenie mense nooi wat jou pragtige dag gaan bederf nie.  Laastens, maak seker dit is wat jy wil hê, nie wat ander mense wil hê nie, of jy sal dit wil oordoen.  As jy kinders het, betrek hulle asseblief by jou troudag.  Hulle hou daarvan.

white and gold Luxury wedding decor at Cavalli Estate white and gold Luxury wedding decor at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate

Eerste Dans:


“Lets dance again”, dis hoe dit in die program geskryf was.  Die liedjie was ʼn Thousand Years deur Christina Perri.

Die keuse van dié liedjie was gebaseer op die feit dat ons mekaar van reg van die begin lief het, en ons nog steeds lief is vir mekaar soos gister (Duisend jaar).  My man hou nie regtig van dans nie, so ons het ooreengekom dat ons net los dans sal hê, maar ek het baie voorberei vir die dans.  Ek het een met my ‘matrons’ gehad, een met my seun, een met my dogter en een alleen.

Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli EstateLuxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate Luxury wedding at Cavalli Estate

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: