Ryan & Elmarie se klassieke selfdoen troue

In vandag se artikel deel ons graag met ons Mooi troues lesers die klassieke selfdoen troue van Ryan en Elmarie, in Noord-Wes. Hierdie paartjie het self hulle troudag beplan in ʼn verlowings tydperk van slegs vyf maande.

Elmarie se koninklike langmou trourok met die fyn detail saam met Ryan se tradisionele swart pak, strikdas en onderbaadjie het so ʼn klassieke styl weerspieël ʼn perfekte voorbeeld dat ʼn tydlose styl altyd ʼn goeie opsie sal wees vir jou troudag en in die mode bly.  Hulle klassieke styl was opgehelder deur kleurvolle rokke vir die strooimeisies en ʼn baie dramatiese kapel om by die gevoel van hulle troudag in te skakel.

By die onthaal het kleurvolle blomme en dekor weereens lewe na die spasie gebring, saamgevat deur stylvolle lang kandelare op die tafels vir ʼn ekstra bietjie diversiteit.  Indien jy besig is om jou groot dag te beplan en opsoek is na ekstra inspirasie en betroubare diensverskaffers, gaan besoek ons Mooi Troues trougids.  Klik hier vir jou een stop winkel om jou troudag te beplan en ons trougids te besoek.

Rol gerus af en geniet meer van Ryan en Elmarie se klassieke selfdoen troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar ontmoet op ʼn jeugkamp waar ons albei leiers was.

Ons het verloof geraak in dieselfde veld as waar ons die eerste keer alleen ontmoet het.  Ryan het ʼn romantiese piekniek agter op die bakkie vir ons gehou en vir my sy dagboek gelees oor sy gevoelens oor my. Daarna het hy vir my ʼn liedjie op die kitaar gespeel wat hy self geskryf het met woorde wat ek eenkeer in ʼn boodskap getik het oor hoe ek die toekoms indink saam met hom.  Op sy knieë in die reën het hy my gevra om te trou terwyl hy sing.

Die Verlowing Tydperk:


Ons verlowing tydperk was slegs 5 maande omrede ons reeds 7 jaar saam was en wou nie langer wag.  Nee, ons het die troue self beplan.

Merkwaardigste Oomblikke:


Bruid:

Die inloop in die kerk was die mees merkwaardigste deel van my dag. Ek het ballerinas gehad wat voor my uit gedans het en die hele gevoel was emosioneel en soos ʼn regte sprokie.

Bruidegom:

Die spesiaalste oomblik van die dag was om my pragtige bruid te sien inloop in die kerk.

Finansiële Aspekte:


Ons het aanvanklik ʼn trou begroting van R100 000 gehad maar toe ons die werklike kostes van troues sien het ons op die einde dubbel daardie bedrag spandeer.  Rakende die advies oor begroting sal ek sê dat dit is ʼn goeie idee om ʼn trou lokaal te kry wat alles insluit en ʼn verskeidenheid dekor het.  Ons moes byvoorbeeld stoele ekstra inhuur en paar ander goedjies waarvoor ek nie begroot het nie.  Maak doodseker oor wat die trouvenue alles insluit.

Ons het 114 gaste onthaal.

Paartjie se styl:


Ons styl in klassiek, tydloos en stylvol.  My trourok was koninklik met die lang mou, fyn krale werk en lang sleep.  Die styl van my rok is tydloos.

Ryan se Tuxedo het alles perfek gekomplimenteer met die skoon wit en swart lyne.  Ons trouringe pas so perfek by ons karakters.  Mens kan sien hoe goed ons mekaar ken deur die keuse van ringe.

Vermaak:


Ons het ʼn paartjie gehad wat die kerk liedjies vir ons gesing het en het ook ʼn meisie gehad wat viool tydens die ‘vinger ete’ gespeel het.

Die Besluitnemingsproses:


Op finale besluite het ons saam as paartjie besluit.  Die vriende en familie het net nou en dan deel van die besluitnemingsproses geraak indien ons opinies nodig gehad het.

Spesiale Tradisies:


Ons het Libanese danse gedoen saam meeste van die gaste omrede Ryan is Libanees.

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:


Ek is ʼn baie ge organiseerde bruid gewees.  Daar was self ʼn presiese tyd program vir elke bruidsmeisie om te weet hoelaat om hare en grimmering te doen.  As gevolg daarvan was die dag baie suksesvol en perfek op tyd maar daar was wel goed wat ek sou wou verander, ek was onrustig gedurende die fotosessie en wou dit half net verby kry.  Ek is spuit ons het nie meer fotos individueel saam met mense geneem nie.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Doen deeglike beplanning.  Beplan die hele dag in minute.  Gee vir die haarkapper en vir die grimmering kunstenaar ʼn lys van hoelaat wie moet sit vir hare of grimmering.  Dit was een van die beste goed wat ek kon doen.

Deel werk uit.  Mense sal graag wil deel wees van die troue en jy hoef nie bv alles die Vrydag self te gaan oplaai orals nie.

Bruidsmeisies moet verstaan dat hulle moet help en nie net daar is om mooi op die fotos te lyk nie.  (Ek het as ʼn grap vir hulle ʼn kontrak laat teken)

Venue & Dekor:


Vir my as bruid was die kapel die belangrikste.  My trourok was groot en het spasie nodig gehad en die styl van die rok kon slegs by ʼn pragtige dramaties kapel pas.  Die inspirasie van die kleurvolle dekor was absoluut net omdat Ryan versot is op enige iets kleurvol.  Ek voel sy persoonlikheid is ook kleurvol en hy kan enige situasie positief en mooi maak.

Gunsteling Diensverskaffers:


Die ‘Venue”.  Anderland in Potchefstroom het vir ons puik diens gegee en het gedurende die troudag seker gemaak alles verloop perfek.  Ons het selfs voor die troue saam met die eienaar deur die plek gestap en die inloop ens. geoefen.

Eerste Dans:


Ons het wel die dansvloer ge open met die eerste dans.  Die liedjie waarop ons gedans het was die selfde liedjie waarop ons, ons heel eerste dans gehad het – Hero deur Enrique Iglesias.  Ons het danslesse geneem en dit was een van die lekkerste ervarings voor die troue.  Ons het vreeslik gelag en het die vrou wat ons geleer het ook baie geniet.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: