Niël & Anica se informele trou samekoms

Niël en Anica se troue was ‘n informele, buitelug samekoms van vriende en familie wat die twee se liefde vir mekaar wou vier.  Hulle het as paartjie besluit om weg te skram van idee van ‘n formele geleentheid en daarom gaste aangemoedig om informeel te wees met hekkiemerkerinstellings soos #geenpakkegeenhakke.  Die twee het ook baie vriende en familie se hulp ingespan om selfs dinge soos Anica se eie trourok, te maak en geld te spaar.  Mooi Troues is veral ook mal oor hoe die venue afwisselende stoele gebruik wat sommer ‘n tikkie ekstra karakter tot die troue gevoeg het. Lees onder meer oor hul ontmoeting, advies en om meer te sien van die pragtige foto’s van hul informele gesellige samekoms.

Hoe het julle ontmoet en watter eienskappe trek jul aan tot mekaar?


Ons het op ons héél eerste dag op universiteit ontmoet.  Ons het ook in ons eerste jaar uitgegaan, en toe later in die jaar opgebreek.  Ek het vas geglo hy is my trouman, maar hy was nie noodwendig daarvan oortuig nie.  Ná drie jaar, in ons altwee se finale jaar op universiteit, het ons mekaar weer raakgeloop en ná ‘n hele paar koffie afsprake, het dinge begin ernstig raak.  Ons persoonlikhede is absoluut die teenoorgestelde.  Niël is die rustigheid vanself, terwyl ek vinniger opgewonde én opgewerk raak. Ek het so iemand rustig in my lewe nodig en hy weer iemand soos ek.  Ons is die perfekte balans vir mekaar.

Wat was die styl van die troue en waar het jul julle inspirasie gevind?


Ons wou van die begin af ‘n baie informele troue gehad het.  Nie een van ons was te sentimenteel oor enige trou-tradisies nie, en ons het besluit om ons eie ding te doen – dít waarvan ons hou. Vandaar ook die houtborde op die tafels, wat as “borde” vir die gaste se gourmet hamburgers gedien het.  Die houtborde was ook die gaste se geskenke om saam huis toe te vat. PS: My man het AL die borde self gemaak en daar was 235 gaste – ‘n Ysterman!  Een van ons hekkiemerkerinstellings was #GeenPakkeGeenHakke om te verseker dat niemand te formeel aantrek nie en net kom om te kom ontspan en saam te kuier.  Van die begin af was dit ook ons droom om buite te trou, maar ons wou ook by ‘n venue naby een van ons se ouerhuise trou.  Kwasinungu Nature Venue was baie naby aan sy ouerhuis, en dit was asemrowend toe ons gaan kyk het daarna.  Die natuurskoon was net iets anders!  Min venues kon ook 235 gaste akkommodeer, terwyl Kwasinungu kon.  Die mense wat die venue bestuur was ook hartsmense – vriendelik en opreg, en het werklik ‘n ekstra myl vir ons gestap.

Was julle met wittebrood?


Ja, my man het my verras met ‘n Mauritius-toer.  Hy het ‘n maand voor die tyd vir my ‘n lys met 40 bestemmings gegee, en elk een of twee doodgetrek.

Wat sou jul verander het as jul kon?


Behalwe dat dit kat en hond gereën het, en ons absoluut niks daaraan kon doen nie, sou ek niks anders wou verander nie.

Advies wat julle aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Die gastelys was vir ons die moeilikste.  Dit is regtig belangrik om teenoor niemand sleg te voel wanneer julle hulle nie uitnooi na die troudag nie.  Dink mooi oor wie julle as paartjie ‘n pad in die toekoms in gaan stap, en nooi daardie mense.

Wat was julle trou begroting ?


Die begroting vir troue was tussen R110 000 en R120 000. Dit het egter nie ons klere, grimering, hare, geskenkies vir gevolg, ens. ingesluit nie.  Dit het baie gehelp dat so baie mense na aan my kon help.  My skoonma het byvoorbeeld die blomme gedoen, my eie ma het my rok, asook die bruidsmeisies se rokke gemaak, my vriendin het die koeke hanteer, ens.  Dit het ons baie gespaar.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Venue en Spyseniering: Kwasinungu Nature Venue
  • Fotograaf: Frisson Photographic
  • Videograaf: Pandagraphy Films
  • Blomme: My skoonma, Ina Scholtz en haar vriendin.
  • Hare: Ek het my eie hare gedoen.
  • Grimering: My vriendin, Michelle Ellis.
  • Rok, asook bruidsmeisies se rokke: Ma van die bruid.
  • Albei troukoeke: Vriendin, Ronél Vermaak.
  • Ouens se klere: Old Khaki
  • Ouens se strikdasse: Design by Q&A