Michael & Rachel se paartjie fotosessie

Michael en Rachel se paartjie fotosessie is baie oulik en ons hier by Mooi Troues is opgewonde om dit met ons lesers te kan deel.

Die paartjie het op skool ontmoet en is al 8 jaar saam.  Hulle het die fotosessie vir die pret gedoen om nuwe foto’s saam te kry.  In die foto’s wat ons hieronder deel kan ons sien die paartjie is nog dol gelukkig en verlief.

Paartjies wat idees vir hul eie fotosessie soek kan rustig afrol en Michael en Rachel se oulike paartjie fotosessie geniet.

Die eerste ontmoeting:


Ons het ontmoet toe ons op skool was – Michael het in graad 9 skole verander en ons het toe ontmoet toe hy na my skool toe gekom het.  Ons is nou so bietjie langer as agt jaar in ʼn verhouding.

Gunsteling eienskappe van mekaar:


Rachel:

My gunsteling eienskap van Michael is sy onvoorwaardelike ondersteuning. Hy het my oneindig lief en hy is nog altyd my nommer een ondersteuner in alles wat ek doen. Hy het ʼn groot hart en maak altyd tyd vir my maak nie saak hoe besig die lewe is nie

Michael:

My gunsteling eienskap van Rachel is dat sy my altyd kan laat lag en ek het altyd ʼn glimlag op my gesig as ek saam met haar is.

Drome as paartjie:


Ons drome vir die toekoms is om hopelik binnekort verloof te raak en te trou en dan as getroude paartjie saam hard te kan werk om eendag ons eie gesin te onderhou.

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


Ons is mal daaroor om saam in die bosveld te gaan kamp.  Ons hou ook daarvan om die wêreld te reis en nuwe plekke en dinge saam as ʼn paartjie te ervaar.

Rede vir die fotosessie:


Ons het die fotosessie net vir pret gedoen sodat ons ʼn paar nuwe fotos van ons as ʼn paartjie het.  Ons het baie lank laas foto’s van net ons twee geneem.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons wou foto’s in die natuur neem omdat ons altwee baie daarvan hou om buite in die warm son te wees omdat dit is waar ons op ons gelukkigste is.

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Rachel:

Wat ek as romanties beskou is om iets saam te doen wat vir altwee van ons betekenis hou.  Nie net om uit te gaan vir ʼn ete nie, maar om byvoorbeeld na die restaurant toe te gaan waar ons ons eerste afspraak gehad het, of om ʼn piekniek in ons tuin te hou eerder as om iewers heen te gaan.  Ek waardeer altyd so klein bietjie moeite om ʼn afspraak spesiaal te maak.

Michael:

Om net tyd saam te spandeer en die toekoms saam te beplan.  Om saam te beplan en te droom oor ons volgende avontuur is my idee van romanties.

KOVID 19 se uitwerking op jul verhouding:


Dit het definitief ʼn effek op ons verhouding gehad.  Omdat ons agt jaar lank mekaar kon sien wanneer ons wil was dit ʼn aanpassing om op tegnologie staat te maak om met mekaar te kan praat eerder as om in persoon te kon gesels en dinge saam doen.  Maar dit het ons definitief sterker gemaak en ons waardeer nou die tyd wat ons saam deurbring baie meer.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: