Pieter & Alicia pragtige selfdoen plaastroue

Hier by Mooi Troues is ons opgewonde om met julle Pieter en Alicia se pragtige selfdoen plaastroue te deel.  Die paartjie gee heelwat goeie wenke vir ander paartjies wat trou inspirasie soek vir hul eie troubeplanning.  Hul trou styl is elegant met ʼn baie vars gevoel.  Hulle het wel ook inspirasie gekry van Mooi Troues se Facebook-blad.

Die paartjie het hul eie troue self beplan en het presies geweet wat hulle soek vir die groot dag.  Wit mure met groen dekor elemente was presies wat hulle wou gehad het.  Hulle het beslis die stap oortref in die troubeplanning met die groen en wit.  Dit beslis ʼn indruk geskep.  Die hele trou venue het ʼn baie vars voorkoms gegee en beslis lewe illustreer.  Presies wat die paartjie se pad uitlê voorentoe.  Om saam ʼn lewe te maak en die lewe saam aan te pak.

Alicia se trourok het die mooiste detail en ʼn pragtige sleep met die fynste detail.  Pieter se pak is ʼn ligte bruin wat haar kant-rok op so ʼn elegante manier komplimenteer het en dan die strooimeisies se donkergroen rokke en die strooijonkers se bruin broeke met wit knopies hemde het mekaar so mooi komplimenteer met die hele gevoel wat die paartjie wou hê by hul pragtige selfdoen plaastroue.

Rol gerus af vir meer oor die paartjie se pragtige selfdoen plaastroue en vind gerus bietjie trou inspirasie.

Paartjie se Liefdesreis:


Ontmoeting:

Ek en Pieter was vir lank vriende op Facebook, maar het nie regtig van mekaar geweet nie. Hy het eendag vir my ʼn privaat boodskap op Facebook gestuur en my nommer gevra.  Ons het so een of twee keer oor WhatsApp gessels, maar na so week het die gesprek dood geloop.  ʼn Hele ruk later vang my oog hom by ʼn musiekfees.  Alhoewel ek nie heeltemal seker was of dit hy is nie, besluit ek om ʼn kans te vat en uit te vind.  Ek het na hom toe gestap en my self voorgestel.  Ek kon sien hy was ook nie dadelik seker oor wie ek was nie, maar later het hy twee en twee bymekaar gesit.  Hy het my die week daarna weer gekontak en genooi vir koffie.  Die een koffie afspraak het gelei na die volgende een en toe ons weer sien toe begin die liefde blom.

Verlowing:

Dit het als begin die oggend van Valentynsdag.  Die dag het begin soos enige ander dag, ek was by die werk en hy was op die plaas besig om te boer.  Ons het nie regtig afgespreek om iets spesifiek te doen vir die dag nie.  Terwyl ek by die werk was kom daar ʼn vrou ingestap met die mooiste bos rooi rose en sê die aflewering is vir my.  Ek maak die kaartjie oop en in die kaartjie vra hy my of hy my die aand kan uitvat vir ʼn romantiese ete met die tyd wat hy my kom oplaai.

Toe hy my die aand kom oplaai vra hy vir my of dit reg sal wees as ons net gou eers die spilpunte kan gaan afsit op die plaas voordat ons gaan eet.  Ek sê toe ja, die plaas is nie te vêr van die dorp af nie.  Terwyl ons die lusern land in ry, vang my oog ʼn romantiese piekniek in die middel van die lusern land.  Hy sê toe vir my ek moet uitklim ons gaan piekniek hou.  Toe ons by die plekkie aankom waar hy die piekniek beplan het sak hy af op een knieg en vra my om te trou.  Ek was sonder woorde.  En was nog stom geslaan oor die perfekte piekniek met bloedrooi kussings in die middel van ʼn grasgoen lusern land.  Ek dink ek het nie dadelik bessef wat regtig gebeur het nie.  Maar ek kon beslis sonder twyfel die Ja-woord uitkry!

Die Verlowing Tydperk:


Ons was 2 jaar lank verloof.  Nee, ons het self ons troue beplan.

Finansiële Aspekte:


Ons oorspronklike begroting was R280 000 en ons het 130 gaste onthaal.  Dit was regtig moeilik om by die begroting te hou.  Jy dink jy weet min of meer wat als gaan kos, maar sodra jy begin beplan, besef jy daar is baie klein goedjies waarvan jy vergeet het.  Ons het dadelik begin om kwotasies aan te vra en dit met mekaar begin vergelyk.  Ons moes ook partykeer gaan sit en onsself vra of party goed regtig nodig is en of ons op sekere goed kan sny.

My raad aan ander paartjies is om eers ʼn volledige lys te gaan maak van dit wat jy bereid is om op sekere goed te betaal.  As jy tevrede is met ʼn kwotasie wat jy ontvang het, maak seker jy bly by daai bedrag.  My raad is ook as jy kan betaal elke maand iets.  Dis baie beter om elke maand iets te betaal as wat jy als moet betaal die maand voor jou troue.  Dit haal baie druk van jou af en kan jy net ontspan voor jou troue.

Merkwaardigste Oomblikke:


Pieter:

Die oomblik toe Alicia by die kerk instap.  Sy het asemrowend gelyk.  Dit is ʼn gevoel wat jy nie kan beskryf nie.  Jy ervaar emosies wat jy nog nooit ervaar het nie.

Alicia:

Die uitdrukking op Pieter se gesig toe ek by die kerk instap.  Pieter is iemand wat nie maklik emosie wys nie.  En om sy gesig vir die eerste keer so vol emosie te sien was besonders.

Paartjie se styl:


Die tema rondom my rok was elegant met ʼn bietjie sexy.  Ek wou natuurlik lyk, maar wou nogsteeds ʼn indruk maak.  Pieter se pak was ook baie neutraal.  Hy is ook iemand wat hou van natuurlik en glo minder is meer.  Hy het gemaklik gevoel in die kleur van sy pak en dit het baie mooi ingeskakel by die tema van die dekor.  Ons altwee het voordat ons nog verloof geraak het al geweet van watter tipe trouringe ons hou.  En dis so toevallig dat die styl rondom ons trou ringe ook natuurlik maar nogsteeds stylvol en elegant is.

Die Besluitnemingsproses:


Die bruid het beslis meer van die finale besluite geneem.  Ek dink ek en Pieter het van die begin af geweet wat ons wil hê.  En as ek ʼn besluit geneem het, het ek nogsteeds sy idees ook in ag geneem.  Ons het ook vooraf saam gesit en gepraat oor dit wat vir ons albei onderskeidelik belangrik was in verband met die trou reëlings.  Ons ouers was ook baie betrokke in die besluitnemingsproses.  Voordat ons ʼn finale besluit geneem het, het ons dit eers met hulle bespreek en hulle opinie rondom ʼn idee gekry.

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:


Daar was een ‘ie-so-perfekte’ oomblik voor die troue.  Een van my strooimeisies se rok was nie reg nie.  Die rok moes eers reg gemaak word die oggend van die troue en dit het ons program met ʼn half uur laat gemaak wat veroorsaak het dat ons minder foto’s by die gastehuis kon neem waar ons almal gaan aantrek het.

Venue & Dekor:


Omdat ons altwee van ʼn plaas agtergrond afkom het ons saam besluit op ʼn natuurlike tema.  Ons wou graag ʼn bos gevoel skep op ʼn elegante manier.  Was opsoek na ʼn bietjie plaas met ʼn bietjie skoonheid.  Beide van ons is mal oor groen en het ons besluit dat dit die hoof kleur is.  Ons wou die natuur van buite deel maak van die dekor binne, en dit is hoe ons ons trou venue gekies het.

Bella Cardi is ʼn stylvolle venue, met groot oop venster wat die natuurlike groen van buite af binne toe nooi.  Ons het dadelik geweet dat die spierwit geboue met die groen veld rondom ons dekor perfek sal komplimenteer.  Die inspirasie rondom ons dekor het so vanself gekom.  Altwee van ons hou glad nie van helder kleure nie.  Ons wou natuurlik gaan maar regtig nogsteeds elegant, en dis hoekom ons besluit het op groen blare met spierwit blomme en silwer bykomstighede.  Dit moes ʼn ontspanne gevoel skep wat nogsteeds sprokies mooi lyk en tydloos sal bly.  Die bos gevoel is ingebring deur gebruik te maak van rou hout tafels en woestynrose hier en daar.

Gunsteling Diensverskaffers:


Dit is regtig onmoontlik om ʼn keuse te maak.  Al ons diensverskaffers was puik.  Ons was nie vir een oomblik bewus van enige iets wat agter die skerms gebeur het nie.  Almal het uit hul pad gegaan om die dag vir ons so perfek as moontlik te maak.  Ons het nie een oproep ontvang van enige diensverskaffer op ons troudag nie, ons het net opgedaag en als was perfek.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Aan al die bruide, probeer om als in te neem van die dag.  Die tyd gaan so vinnig. Moenie toelaat dat klein goedjies jou spesiale dag omkrap nie.  As iets skeef loop, los dit in die mense om jou se hande en moenie probeer om dit self uit te sorteer nie.  Geniet net elke oomblik.

Aan al die bruidegomme, kies strooijonkers wat jy kan vertrou.  Ek het drie baie betroubare strooijonkers gehad en glo my dit help baie.  Dit is nie net die strooimeisies wat help op jou troudag nie, jou strooijonkers het net so groot bydrae.

Eerste Dans:


Ja, ons het ʼn eerste dans gehad.  Ons het die dansvloer geopen op “Ons word een” van Juan Boucher.  Ons wou die dansvloer open op ʼn liedjie wat ʼn lekker atmosfeer skep onder die gaste, maar wat nogsteeds van toepassing was op ons.  En ek dink ons liedjie keuse het presies dit gedoen.  Dit was nie te stadig of te vinnig nie en die liedjie se woorde het perfek gepas.  En ek en Pieter was albei nog altyd mal oor die liedjie.  Ons het ook net gedans soos wat ons altyd doen en het nie gegaan vir danslesse nie.

Wittebrood:


Weens die KOVID-19 Pandemie, het ons besluit om Umhlanga toe te gaan vir ʼn paar dae.  Ons wou graag Maldives toe gaan, maar was onseker rondom die pandemie.  Albei van ons hou van Umhlanga en het besluit om daarheen te gaan.  Ons wil nogsteeds later Maldives toe gaan sodra als rustiger is en daar meer sekerheid is in verband met die pandemie.  Op ons wittebrood wil ons net ontspan en elke oomblik as ʼn getroude paartjie geniet.

Indien julle enige diensverskaffers of inspirasie van Mooi Troues gekry het, spesifiseer asseblief.


Ek het baie van my tafel ruikers se idees van Mooi Troues se Facebook-blad af gekry.  Julle blad het verlede jaar baie groenigheid idees gehad asook inspirasie vir handruikers.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ja, KOVID-19 het beslis ʼn groot impak gehad op die beplanning van ons troue.  Ons oorspronklike trou datum was 17 Oktober 2020 en a.g.v. die pandemie het ons besluit om ons troue te skuif.  Die troue was alreeds halfpad beplan toe die land se eerste inperking begin het.  Beide van ons was bang om van ons deposito’s te verloor en moes ʼn besluit maak om later te trou.  Die onsekerheid het ook baie druk op ons geplaas.  Net sodra jy weer begin beplan, word ʼn moontlike inperking aangekondig en twyfel jy weer van vooraf.  Ons het ook gesukkel met sekere diensverskaffers omdat baie van die besighede moes toemaak tydens die pandemie.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]