Jaco & Elretha se oulike troue in Parys

Ons deel met Mooi Troues se lesers Jaco en Elretha se oulike troue in Parys omring deur pragtige natuurtonele.  ʼn Troue in die natuur is altyd mooi, met grondpaaie, bosse en die pragtige landskappe van die natuurskoon.  Watter beter agtergrond prentjie kan mens dan voor vra?

Die paartjie se liefdes verhaal het begin met ʼn koffie uitnodiging.  Na ses jaar saam het Jaco vir Elretha gevra om te trou met met hom by ʼn ete langs die Vaalrivier.   Daarna het die trou beplanning proses en het hulle hierdie pragtige troudag ge-visualiseer.  Elretha het ʼn liefde vir vetplante en proteas en dit is hoe die paartjie toe besluit het om dit te implementeer by hul trou dekor.

Die venue was vir hul een van die belangrikste elemente.  Jaco en Elretha wou trou by ʼn plek waarvan hul baie hou.  Ons is mal oor die manier hoe die dekor ʼn tipe vintage gevoel het met die moderne simplistiese gevoel van die venue.   Die proteas en vetplante staan so mooi uit op die rou hout tafels.   Hul vertel dat hul meeste van die dekor items self probeer doen het.

Rolf af om meer te lees oor die paartjie se troue.  As jy opsoek is na professionele diensverskaffers vir jou troue, besoek Mooi Troues se Trougids.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek het in Potchefstroom groot geword en in die Vaaldriehoek kom studeer, waar ek en Jaco mekaar ontmoet het.  Als het begin met ʼn koffie uitnodiging wat albei ons lewens van daardie oomblik verander het.  Na 6 opwindende jare het Jaco my gevra om te trou met ʼn romantiese ete langs die Vaalrivier by Pont De Vaal.

Jaco het die verlowing ʼn geheim gehou.  Ek was aangenaam verras gewees toe hy afsak op sy knieë en die groot vraag vra.

Die Verlowing Tydperk:


Ons het besluit om nie lank te wag nie en na 3 maande en 17 dae het ons voor die kansel gestaan.  Ons het die troue self gereël met die hulp van familie.

Finansiële Aspekte:


Om die begroting kleiner te maak het ons besluit om die aantal gaste minimaal te hou.  Dit was vir ons belangrik om ʼn venue te kies waarvan ons albei hou.  Om kostes te bespaar het ons op ʼn Woensdag getrou wat ʼn vakansiedag was met 63 gaste.  Ons het probeer om so veel as moontlik van die dekor en gaste geskenkies self te maak.

Advies:

Dit is jou groot dag spandeer eerder meer op dit wat vir jou belangrik is en baie beteken, sny dan eerder op die minder belangrike.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir ons altwee was dit die oomblik toe ons in mekaar se oë gekyk het en ons trou aan mekaar, voor God en ons familie beloof het.  Die senuwees en die opgewondenheid was groot.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Daar was ʼn oomblik waar ons gebruik gemaak het van daardie partytjie “poppers” wat blinkers in die lug op skiet wat ons wou “pop” met die fotosessie.  Jaco het die “popper” perongeluk verkeerd om gehad, plaas van in die lug in skiet, toe skiet als op die grond uit.  Al het dit heeltemal uitgedraai soos ons nie beplan het nie het ons so lekker gelag.

Paartjie se styl:


Ons het nie ʼn spesifieke styl gehad vir die troue nie, ons wou dit eenvoudig maar mooi gehou het.

Met my rok het ek heeltemal iets anders in gedagte gehad, wou meer die Victoriaanse styl met kant gehad het.  Maar met die eerste besoek by Fynbos Bridal Boutique Vaal pas ek heel eerste die Louisa rok aan wat baie elegant, stylvol en vol detail is.  Die rok is baie uniek en anders as die gewone trokke daar buite.

Ons het besluit op ʼn vlootblou blou pak, wit hemp met bruin skoene en belt, wat beide formeel en informeel is.  Dit komplimenteer enige styl, oordat dit klassiek, veelsydig en elegant is.

Die Besluitnemingsproses:


Ons albei het saam die finale besluite geneem en mekaar in-ag geneem, dit is ʼn baie spesiale tyd en so belangrik om elke oomblik saam te geniet wat lei tot die groot dag.  Ons familie was betrokke gewees en ons baie gehelp en idees gegee maar tog het ons die finale besluite geneem.

Gunsteling Diensverskaffers:


Al ons diensverskaffers was briljant en baie professioneel gewees.  Ons was veral baie gelukkig gewees met Corene Photography wat die foto’s gedoen het en Red Ark Studios wat die ligte en musiek gedoen het. Hulle albei het ons verwagtinge uit oortref met uitstekende diens.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ons sê elke dag hoe dankbaar ons is dat ons die 16 Desember 2020 kon getrou het, ons het nie nodig gehad om enigsins ons troue te geskuif het nie.  Maar KOVID-19 het ʼn effek gehad want die 14de Desember het die President aangekondig dat ons net tot 11uur toe saam met ons geliefdes kan kuier.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Ons raad aan ander bruidspare is:

Hou die stres vlakke laag en vind vreugde ín die beplanning van die troue en bly by jou eerste keuses.  Hoe meer julle na iets anders kyk, raak jy net deurmekaar.

Lewe in die oomblik en neem dit in.  Al die beplanning van die troue is verby so as die oggend van die troue aanbreek geniet elke oomblik daarvan, dit gaan so vinnig verby.

Vermaak:


Daar was ʼn swaai op die dek waar ons gaste met ʼn Polariod kamera foto’s kon gaan neem het en ʼn ietsie skryf in die gaste boek.  Tydens die fotosessie het ons gaste lekker vinger happies en drankies geniet met sagte musiek in die agter grond.

Venue & Dekor:


Ons het ʼn lys gemaak van venues op die internet wat ons albei van hou en dan die 2 plekke waarvan ons albei die meeste gehou het gaan besoek en toe saam ʼn besluit geneem.  Casa Cara Lodge het ons albei se harte gewen en ons is nie een oomblik spuit nie.  Oordat die Kerk en die saal klaar mooi was het ons minimaal aan dekor gespandeer, ons wou nie die mooi van die plek weg gevat het nie.  Op die tafel het ons dit so eenvoudig as moontlik probeer hou.  Ek het ʼn liefde vir proteas en vetplante dis hoekom ons op dit besluit het. Ons het ons eie hout bordjies gemaak waarop die kerse gestaan het.

Wittebrood:


Ons was Februarie 2020 op die MSC wat ʼn ongelooflike ervaring was.  Ons wou weer gegaan het, maar net vir langer dae.  Maar die boot het die 14de vertrek en 18de Desember terug gekom en ons het die 16 Desember 2020 getrou, toe moes ons planne verander het.  So het ons Balito toe gegaan, waar ons in The Vinyard Guesthouse gaan bly het, waar ons elke oggend die lekkerste ontbyt gekry.

Eerste Dans:


Ons eerste dans was Caleb & Kelsey se weergawe “A thousand years“.  Oordat ons nie regtig dans nie, het ons besluit om op ʼn rustige liedjie te dans.  Ons het vir danslesse gegaan wat baie gehelp het.  Ons het net ʼn gedeelte van die dans roetine gedoen wat toe baie mooi uitgedraai het.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: