Wihan & Liezl se verrassing verlowing

Wihan en Liezl se verrassing verlowing sal jou ʼn traantjie laat pik.  Dit is ʼn vreeslike oulike verrassing verlowing fotosessie gewees, tot hul baba hond was deel van die fotosessie!  Tog te kostelik.  Liezl was onder die indruk dat Wihan ʼn 9 jaar herdenking fotosessie gereël het.  Nie te min het hy eintlik ʼn verrassing verlowing gereël.

Alles het so mooi bymekaar ingevloei.  Die natuur tonele en prentjie mooi sagte landelike landskappe met die paartjie se oulike uitrustings.  Hul baba hondjie wat definitief die fotosessie se aandag baie geniet het.  Jy kan die paartjie se opgewondenheid voel deur die foto’s.  Baie glimlagte en ʼn traantjie van gelukkigheid.

Mooi Troues is ʼn bron van inspirasie en gratis advies vir paartjies, soos Wihan en Liezl wat besig is om hul troue te beplan.  As jy opsoek is na diensverskaffers vir jou troudag, besoek Mooi Troues se Trougids.  Jy sal al jou diensverskaffers hier kan vind.   Rol af om meer te lees oor Wihan en Liezl se verrassing verlowing hieronder.

Wihan & Liesl se verrassing verlowing Wihan & Liesl se verrassing verlowing

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons eerste ontmoeting was een ongemaklik Maandag middag by alfa wiskunde klas. Die meisieskool het by die seunskool alfa klas gedraf. Daarna het ons beste vriende geword en ek uiteindelik verlief geraak op die blonde bruinoog kêrel.

Ons was 9 jaar gekys voor Wihan uiteindelik die groot vraag gevra het. Dit was verseker die wag werd.

Wihan & Liesl se verrassing verlowing

Die groot vraag:


14 Oktober 2020 was ons 9 jaar kys herdenking. Wihan het vir ons ‘n “herdenking fotosessie” gereël nadat ek gespot het dat hy nooit só iets sou wou doen nie.

Met min opgewondenheid het ek ingestem op die fotosessie.  Ons het die middag by Meerhof wynplaas saam met ons Golden Retriever babatjie, Skye, spandeer.

Inecke (fotograaf) en Wihan het die middag haarfyn beplan. Ek was stom geslaan toe ek Wihan op sy knie sien en my vra om met hom die res van ons lewens te spandeer. Wat die oomblik nog meer spesiaal gemaak het is dat Skye op daardie oomblik langs Wihan gaan sit het om te kyk wat aangaan. TE OULIK.

Wihan & Liesl se verrassing verlowing

Hoekom ons mekaar liefhet:


Wihan se mooiste eienskap is verseker dat hy met oorvloed omgee en sorg.

Hy reken dat my ambisie is sy gunsteling eienskap ,maar ek dink eerder dis my sagte hartjie.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons het eintlik nie ‘n vaste plan nie. Ons hoop om minstens teen einde 2022 die knoop gehaak te kry.

Die verloofring:


Ek het reeds op Varsity by Wihan idees laat val dat ek mal is oor prinses Diana se ring. Dit was net nog altyd vir my oulik en tydloos. Min het ek geweet dat hy skelmpies die ring laat maak het nadat hy my matriek ring as mate gebruik het.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Nadat vriende van ons ‘n fotosessie gedoen het, het ek Wihan gekoggel dat hy nie só iets sal doen nie. Dit was toe natuurlik die ideale verskoning om Inecke te reël om ons onvergeetlike dag vasgevang sonder dat ek snuf in die neus kry oor hoekom ons ‘n fotograaf gereël het vir die dag.

Visie vir droomtroue:


Sover weet ons dat ons dinge anders as die gewone “koekiedrukker” troue wil doen.

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Verseker. Dit is só onsekere tydperk waar ons tans nie venues wil bespreek vir 2021 nie en eerder net in 2022 wil trou.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: