Reinhardt & Elcke se stedelike bruilofsfees

Ons by Mooi Troues kan sien dat die paartjie, Reinhardt en Elcke, baie prettige is en dit weerspieël in hul troufoto’s hier onder.  Hulle het ook by ‘n unieke trouvenue in Maboneng, Johannesburg getrou wat net by gedra het tot die prettige feesviering.  Ons is absoluut dol oor hul troufoto’s in die strate van Maboneng en daar was onbeplande mense van die publiek deel van hul foto’s wat dit net soveel meer uniek en kosbaar maak!

Ons by Mooi Troues wens vir Reinhardt en Elcke alle voorspoed toe vir die getroude lewe en sê dankie dat ons hul troudag met ons lesers mag deel.  Rol af en geniet hul troue.



wedding dresses

Mother of the bride
bridesmaid dresses
bridesmaid dresses
Mother of the bride

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


24 November 2018, 29 jaar oud.

bridal portraits
wedding dresses
wedding dresses
bridesmaid dresses
bridesmaid dresses

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons was saam op hoërskool, maar het eers op universiteit offisieel begin uitgaan.

groomsmengroomsmen groomsmen groomsmen groomsmengroomsmen

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Vir so lank as wat ek kan onthou het ek gesê ek wil nie in ‘n lang rok trou nie.  Toe dit nou tyd raak om ‘n rok te kies kon ek nêrens ‘n kort trourok kry nie en het toe besluit om een te laat maak.  Soos wat ek met die ontwerper gesels het, het ek besef dat ek wel my rok ‘n bietjie tradisioneel wil hou.  So het ons besluit op ‘n kort rok met ‘n romp wat deurskyn, bo-oor wat ek later kon afhaal.  Ek was so gelukkig en vreeslik gemaklik in my rok!

chapel wedding venues chapel wedding venues cunique wedding venues south africa chapel wedding venues emotional groom unique wedding venues south africaunique wedding venues south africa chapel wedding venues chapel wedding venues unique wedding venues south africa chapel wedding venues wedding planning websites chapel wedding venues chapel wedding venues

Vertel ons meer van jul ringe


Elcke se ring is vreeslik spesiaal en het sentimentele waarde, aangesien die diamant van Reinhardt se ouma se ring af kom.  Hy het die ring laat maak, self die styl en die roos goud kleur gekies. Reinhardt se ring is ook roos goud en gehamer vir ‘n growwer tekstuur.

wedding vows pasgetroud pasgetroud pasgetroud wedding planning websites wedding planning websitespasgetroud pasgetroud just marriedhappy bridepasgetroud bridal party bridal party bridal party wedding planning websites bridal party bridal party bridal party bridal party bridal party bridal party bridal party

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf


Stroopsoet is net ongelooflik!  Ons het hulle ontmoet by ‘n nefie se troue en het dadelik gedink dat hul mens so gemaklik laat voel.  Van die eerste ‘kliek’ af was ons rustig, kon nie ophou lag nie en het aanhoudend gesels.  Ons foto’s en video is so kosbaar en ons kan nie genoeg daarna kyk nie.

wedding planning websites wedding planning guide south africa wedding magazines south africa wedding photography wedding magazines south africa wedding photography wedding planning guide south africa wedding magazines south africa wedding photography wedding photography wedding photography wedding magazines south africa wedding photography wedding photography wedding magazines south africa wedding photography wedding planning guide south africa wedding photography wedding planning websites wedding magazines south africa

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Ons het lank voor ons troue besluit om tyd net vir ons in te werk; net om asem te haal en die oomblik in te neem.  Daar was ‘n stadium wat ons bo gestaan het in die seremonie area en afgekyk het na ons gaste deur die Olyfbome.  In daai oomblik het tyd stil gestaan, toe ons besef hoeveel ons ons dag geniet en hoe gelukkig almal was om die dag saam met ons te deel.

As ons iets kon verander sou ons die troue vroeër laat begin het.  Niemand kan mens voorberei vir hoe vinnig die dag regtig verby gaan nie.

wedding photography wedding photography wedding photography wedding photography wedding photography wedding planning guide south africa wedding planning websites wedding photography wedding photography wedding planning websites bride and groom

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Elcke: Dit is so moeilik om te doen, maar moet nie so baie bekommer nie!  Ek was so opgewerk oor die weer vir ons dag en het maklik 3 keer ‘n dag gekyk wat die voorspelling was.  Ek wou so graag gehad het dat dit nie moet reën nie.  Toe op ons troudag, net toe ek in die kar op pad venue toe is, begin dit storm en in daai oomblik kon ek nie minder omgee nie.  Maak vrede met die feit dat alles gaan nie soos beplan verloop nie.

Reinhardt: In die weke voor jou troue, maak seker dat jy genoeg slaap.  Julle gaan dit nodig hê vir al die spanning soos wat die groot dag nader kom.

wedding photography wedding planning guide south africa unique wedding venues south africa wedding planning websites wedding planning guide south africa unique wedding venues south africa wedding planning websites

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons het vir trou inspirasie gesoek op Pinterest en het fotos gesien van ‘n pragtige troue tussen groen bome, onder die sterre.  Soos wat ons deur dit gekyk het, het ons besef dat dit in Maboneng is en het dadelik vir mekaar gesê dat dit is ons venue.  Ons het daai selfde week hul besoek en bespreek vir ons troudag!  Ons wou ons dekor minimalisties hou, omdat die venue al kaar so groen is. Saam met dit het ons koper en blou kleure ingewerk om by die bome en liggies te pas.

unique wedding venues south africa Maboneng wedding venue unique wedding venues south africa wedding planning guide south africa unique wedding venues south africa wedding planning websites Maboneng wedding venue unique wedding venues south africa Maboneng wedding venue Maboneng wedding venue

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons begroting was ongeveer R190 000 en ons het 85 gaste gehad.  Dit was baie moeilik om by ‘n begroting te hou, aangesien mens nie besef hoe vinnig alles optel nie.  Ons het ‘n baie lang Excel sigblad gehad wat ons gereeld oopgemaak het om ons finansies dop te hou.

 wedding planning guide south africa wedding planning websites unique wedding venues south africa

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons kan glad nie vasdans nie en wou nie op ons troue iets forseer wat nie ons is nie.  Vir ons eerste dans het ons ‘n gunsteling, lekker dans liedjies gekies, die platejoggie gevra om dit so hard as moontlik te speel en almal gevra om op te spring en saam te dans.  Ons het ons dansvloer definitief met ‘n bang oopgemaak.

wedding planning guide south africa

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons Wittebrood was ‘n trou geskenk van Reinhardt se ouers.  Ons het die dag na ons troue Durban toe gevlieg, die aand by die ongelooflike Oyster Box Hotel spandeer en daai volgende oggend op ‘n skip geklim Portugese eilande toe.  Dit was ‘n week van absolute ontspanning!

Diensverskaffers