Gestileerde Retro Boho trou inspirasie in Namakwaland

In die inskrywing deel ons Gestileerde Boho trou inspirasie in Namakwaland met Mooi Troues se lesers.  Wendy het dié gestileerde trou inspirasie beplan en vertel dat die “Macramé-gogga haar gebyt het” en daarvan die inspirasie agter die gestileerde fotosessie.  Sy is van die platteland/Namakwaland en het ʼn groep dames wat ook in die trou industrie werk bymekaar gekry om die gestileerde trou inspirasie in Namakwaland ʼn realiteit te maak.  Só ondersteun hul mekaar se besighede en vandag deel ons die resultaat met Mooi Troues se lojale lesers.

Die dekor was diep helder kleure wynrooi, smarag groen, donker oranje ens. wat definitief ʼn pragtige en dramaties gevoel tot troudekor gee.  Kontrasterend tot die diep helder kleure is riet flase en koring are ook gebruik en dit dra by tot die Retro Boho trou inspirasie gevoel.

Die trourok in wat ons lesers hieronder sal sien is spesiaal gemaak vir dié fotosessie en is te koop.   Die rok het ʼn lae hals voor, ʼn oop rug en is baie beweeglik en gemaklik.

Rol af om na die pragtige rok te kyk en geniet die retro boho trou inspirasie in Namakwaland.

Wie het die fotosessie gereël?


W P van Zyl Fotografie (Wendy van Zyl)

Inspirasie agter die fotosessie:


Daar is soveel dinamiese vrouens in die platteland wat elk hul eie klein besigheid het.  Ek het gevoel dat ons moet saamspan en iets moois doen. Vreemdelinge het daardeur vriende geraak. Die talente van die vroue wat betrokke was is ongelooflik. Die macramé gogga het my ook gebyt en vandaar het my inspirasie vir die fotosessie gekom. Ek het ʼn klompie dames genader en so is die Fotosessie gebore.

Ek wou eers ʼn rok huur vir die fotosessie, maar toe besluit ek dat ek eerder die bekwame naaldwerkster sal nader om vir ons ʼn pragtige skepping te maak wat ons na die tyd kan verkoop. Die rok is te koop en die materiaal is ingevoer uit Pretoria. Die 3d kant is pragtig en het die rok perfek afgewerk. Ek het besluit op ʼn Boho tema omdat die macramé so mooi daarby sou pas.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ek het gevoel ons platteland kry hopeloos te min blootstelling.  Ons het mekaar nodig ons moet mekaar se besighede ondersteun. As ons saam sal werk kan ons soveel meer advertensie kry vir ons besighede. Basies adverteer ons mekaar. Die eindproduk was absoluut fantasties.

Agter die skerms van die fotosessie:


Wind en weer is ʼn groot faktor omdat ons in ʼn winderige area bly so ek moes sorg vir plan B. My eerste keuse was om in die koringlande te skiet omdat dit perfek sou aanpas by die tema. Dit was ook so op die dag. Stormsterk winde. Ek het geweet dat die wind in die namiddag van die weste af kom.  Plan B was om in die ou huis wat op die plaas staan te skiet. Ons wou nie hê die pragtige blomme en mooi gedekte tafel moes wegwaai nie.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Dit was vir my wonderlik om te sien dat elke diensverskaffer nie gehuiwer het om hul hande diep in hul sakke te steek om die fotosessie moontlik te maak nie. As ek alle onkoste self moes dra sou dit my ʼn aardige bedrag uit die sak uit jaag.

Die meisie wat my model was het ek van kleins af geken (sy was saam my een seun in die laerskool). Ek het haar basies sien grootword. Toe ek haar nader het sy onmiddelik ja gesê. Sy was baie gemaklik voor die kamera. Sy kan ondeund wees en ongelooflik klassiek lyk. Ek is nie een oomblik spyt dat ek haar as model gebruik het nie.

Dekor:


Die dekor is geïnspireer deur diep helder kleure te gebruik. Ek het die mooiste swaar wynglase in my selfsorg huis met kleure soos wynrooi, smarag groen, donker oranje ens. Ons het daardie kleure gebruik as inspirasie. Daar is natuurlike kleure ook ingebring soos gebruik te maak van riet flase, koring are. Ons wou die tema retro boho hê. Ons het ou elemente ingebring asook iets modern.

<

Kleurskema:


Diep kleure was vir my belangrik. Wynrooi, smarag groen, goud, donker oranje en dan natuurlike elemente daarby om by die macramé te pas.

Venue en Ligging:


Ek wou baie graag die fotosessie in die koringlande en tee-lande doen. Op daardie stadium was die koring mooi droog en die rok sou pragtig lyk in die koringland en tee land. Ongelukkig moes ons toe na plan B wat die ou huis was omdat die wind ons daarheen gewaai het 🙂

Trourok:


Die trourok is geïnspireer deur ʼn paar fotos wat ons op Pinterest gekry het. Ons wou ʼn retro-boho rok hê. Die 3d kant was baie belangrik (en baie duur). Die rok het ʼn lae hals voor en ʼn oop rug. Dit was baie belangrik dat die rok baie beweeglik en gemaklik moet wees. Die materiaal wat ons gebruik het was Stretch Dutchess Satin (kleur is Sandstorm). Die bokant is “Illusion veiling” met ʼn “nude mesh layer” en bo-oor met die had vasgewerk is die 3D kant.  Kleur (Fawn)

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Doen baie navorsing oor watter materiaal gebruik is vir jou trourok. Ek as fotograaf sien soveel bruide wat so ongemaklik is omdat hul nie behoorlik kan sit in hul rokke nie. As jy die dag jou rok gaan aanpas lig hou arms so hoog soos jy kan. Draai in die rondte, gaan sit op ʼn stoel. Jy wil nie jou dag bederf omdat jy skaars kan beweeg in jou rok nie. Die laaste ding waaroor jy jou moet bekommer is dat jy tydens jou fotosessie nie sal kan buk of gaan sit nie. Jy wil nie in verleentheid kom as jou rok skeur as jy die dansbaan open of gaan sit by die onthaal nie. Bruide luister na die mense wat weet watter styl jou sal pas, moenie net die prentjie wat jy in jou kop het gebruik nie want dit pas dalk nie jou lyf vorm nie.

Maak seker die blomme wat jy wil gebruik is beskikbaar. Vlasse is baie duur as dit buite seisoen is. Gedroogde blomme kos ʼn plaas se prys soos bv gebleikte vlasse en pompom gras.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: