Tiaan & Lee-Anne se “moody” verlowingsfotosessie

Ons by Mooi Troues hou nogal baie van die “moody” styl redigering wat fotograwe deesdae met hul foto’s doen.  Julle sal weet die donker kleur foto’s wat lyk soos ‘n ou film en wat ‘n storie van hulself vertel.  Tiaan en Lee-Anne is mal oor die styl fotografie  en het ‘n plek gesoek wat afgesonderd lyk.  Hulle het ook donker kleure aangetrek om die effek af te rond.

Vir Mooi Troues se lesers wat ‘n “moody” verlowingsfotosessie beplan, rol af en geniet Tiaan en Lee-Ann se foto’s hieronder.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons onkonvensionele liefdes storie.

ʼn Vlugtige ontmoeting by die bruidegom se broer se 18de verjaarsdag partytjie al die pad terug in 2012.  Ons het toe eers weer paaie gekruis ʼn paar jaar later in 2017, in ons plaaslike watergat.

Wat ons gedink het heel moontlik na niks ernstig sou lei nie, het vinnig verander in ʼn verhouding waar ons mekaar se geselskap gans te veel geniet het sonder om te gaan vir daardie “een drankie” sonder die ander een.

Die groot vraag:


Om ʼn verlowing te beplan sou altyd moeilik wees vir die bruidegom, omdat ek iemand is wat altyd een te veel vrae vra en die bruidegom verskriklik sukkel om ʼn geheim te hou.

Ons geliefdes was al te gretig om die bruidegom te help … Saam het hulle dit reggekry om my te laat dink dat ek en die bruidegom net vir een aand sal weggaan.  Omdat die bruidegom “oor werk” is en ʼn breuk nodig het.

Ons het verloof geraak by die ongelooflike mooi Devon Valley hotel in Stellenbosch op 27 Julie 2019.

Net nadat ons in die hotel kamer ingeloop het en ek die sjampanje en rose gesien het, het ek dadelik foto’s begin neem, aangesien ek nie gedink het hy sou die vraag dadelik vra nie!  Met die bruidegom se verklaring, “Ons is uiteraard hier vir ‘n rede…” en my blatante antwoord, “Huh?” het ek omgedraai en hom op sy knie gesien.  In al die opgewondenheid en met dié dat die bruidegom vergeet het op watter hand om die ring te sit, het ek hom gesoen en moes herinner word dat ʼn, “Ja” nogsteeds benodig word.

Alhoewel ons gepraat het van verloof raak, kon niks ons voorberei vir die ongelooflike spesiale oomblik nie.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons het verloof geraak op 27 Julie 2019 en sou op 22 Augustus 2020 trou.  Maar dit was toe opgeskuif (weens die pandemie) en ons het toe getrou op 28 November 2020.

Die verloofring:


Ons as ʼn paartjie is nie konvensioneel nie, maar modern.  Daarom wou ek ʼn ring gehad het wat modern is, maar nogsteeds klassiek en eenvoudig.  Ons het toe besluit op ʼn swart steen (moissaniet) in die klassieke “princess cut” met diamante op die pand.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Dit is vir my belangrik om spesiale geleenthede te dokumenteer en ek wou graag hê ons moes ons troue se fotograaf ontmoet en met haar en die kamera gemaklik raak, aangesien dit ons albei se eerste keer voor die lens sou wees.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ek wou graag die fotosessie doen in ʼn plek waar dit amper gelyk het asof ons in die “middel van nêrens” is nie en wou gaan vir die “moody” styl.  Daarom het ons toe gegaan met Steenberg, naby Tokai in Kaapstad en het ons gegaan met donker klere en die swart rook granate.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Aangesien ek verskriklik perfeksionisties is met ʼn kant van “OCD” wou ek nie hê dit moes maak dat ek die ongelooflike avontuur van troubeplanning nie kon geniet nie.  Daarom was ons so dankbaar vir ons venue, wat kom met die beste span wat absoluut alles vir ons gereël het en al die stres uit troubeplanning vir ons gehaal het.

Visie vir droomtroue:


Ons troue was intiem, gemaklik, simplisties en net een groot jol!

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Ek glo 2020 was seker die moeilikste jaar vir troubeplanning.  Ons grootste struikelblok was die keuse om eerder uit te stel of om aanhou te hoop en ʼn datum hou.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: