Ons vind dit baie oulik as paartjies uit-die-boks dink wanneer dit kom by hul verlowing foto sessie en veral dié een waar Angelique, Grant se passie vir vlieg wou vasvang. Ons sê baie dankie aan die talentvolle Dominique van Hello Love Fotografie vir die besonders mooi foto’s.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het so te sê op ‘n “blind date” ontmoet. Grant se baas is my oom en hy en sy vrou het besluit om ons aan mekaar voor te stel. Ons het dadelik besef ons het baie in gemeen en het dwarsdeur middag ete én aandete gesels. Dit was vir ons albei “love at first sight”!
Hoe het julle verloof geraak?
Ons is Desember 2014 saam met my familie Kaap toe. Grant het vroeg die oggend van 26 Desember aangedring ons moet iets alleen gaan doen. Ons het die pragtige roete Pringle Baai toe gery, waar hy my op die strand gevra het. Ek het dit glad nie verwag nie… Daarna het ons my familie gaan verras met die goeie nuus. Dit was vir my baie spesiaal.
Wanneer beplan julle om te trou?
Ons trou 19 Maart 2016 op ‘n strand in KZN met so 50 gaste. Ons wil dit graag klein en intiem hou. Die venue is ideaal en ons voel ons gaste kan lekker skoene-uitskop en lekker saam met ons kuier heel naweek.
Wat het julle op die tema vir jul foto sessie laat besluit?
Grant het een groot passie en dis vlieg. Ek wou graag hê dat ‘n deel van die hele ervaring van verloof wees en trou vir hom ook spesiaal sal wees. Dit is sý passie en ek deel dit graag met hom!
Klik hier vir meer diensverskaffers
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Hello Love Photography
- Laser sny van hout vliegtuigie: Craft Cut