Retief & Jana se baie mooi troue

Vandag se publikasie is besonders mooi van Jana en Retief.  Jana het self-die skryfbehoeftes gemaak met die oulike bewoording op.  Die blomme en dekor was deur Flamboijant gedoen.  Wat die troue spesiaal maak is dat die trou in die ope lug gevier was.


Retief en Jana_0001Retief en Jana_0002 Retief en Jana_0003 Retief en Jana_0004 Retief en Jana_0005Retief en Jana_0006 Retief en Jana_0007


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek en Retief het mekaar ontmoet deur gemeenskaplike vriende by ‘n sosiale geleentheid en hy het vir iemand daar gesê: ‘Met hierdie meisie gaan ek trou eendag’.  Ons het daardie aand nommers uitgeruil en het begin gesêls en nooit weer opgehou.  Ons was van die begin af beste vriende en kon alles deel met mekaar.

Ons het dieselfde belangstellings en vul mekaar aan.


Retief en Jana_0008 Retief en Jana_0009 Retief en Jana_0010


Hoe het julle verloof geraak?

Ons het so instelling dat elkeen ‘n beurt kry om nou en dan ‘n “surprise” naweek weg te reël, dit was die spesifieke naweek my beurt en ons is Tulbach toe, ons het die Vrydag middag daar aangekom, ons het in die mooiste huisie tussen die bome met ‘n pragtige uitsig gebly.

Die Saterdag oggend het ons wakker geword en is ons bedien met ontbyt in die bed, ons het toe die ontbyt buite op die dek van die kamer gaan eet om die mooi uitsig oor wild wat rustig rondloop te aanskou.  Ek het vir Retief gevra hy moet asb vir my iets van binne die huisie bring en toe hy terugkom en ek omdraai sien ek hy is op sy knieë met ‘n boksie in sy hand waarin die mooiste ring is wat ek al ooit gesien het. Hy vra my toe of ek met hom sal trou, in pajamas en al sê ek JA en gryp hom om die nek, my hart het ‘n paar keer ‘n skip gegee.

Daarna is ons na die spa daar op die landgoed en is ons behoorlik bederf met sjampanje en ‘n laat middag tee.  Retief verras my toe op die naweek wegbreuk wat ek gereël het en nooit sou ek dit verwag het nie.

Toe ons die aand terugkeer na ons huis het ons vriende ons ingewag met ‘n “surprise” braai waar almal ons geluk gewens het en saam met ons die groot nuus gevier het.  Dit was naas ons troudag een van die spesiaalste dae ooit.


Retief en Jana_0012 Retief en Jana_0013Retief en Jana_0014 Retief en Jana_0015


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was 9 jaar saam voor ons getrou het, ons is skoolliefdes wat elkeen eers ons eie loopbane gevestig het en deur dit allles steeds saam aan die ander kant uitgekom het.  Van oorsese werke tot universiteitsdae het ons steeds geweet ons wil vir altyd saam wees.


Retief en Jana_0017 Retief en Jana_0018 Retief en Jana_0019 Retief en Jana_0020Retief en Jana_0021Retief en Jana_0022 Retief en Jana_0023


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Maak nie saak hoe besig die lewe is nie maak altyd tyd vir mekaar, waardeer die klein goedjies in die lewe en stel altyd die ander een bo alles. Daar is niks lekkerder as om die res van jou lewe saam met jou beste vriend/vriendin te spandeer nie, dit maak alles die moeite werd.

Wat die trou reëlings aanbetref, wees rustig en sorg dat die reëlings vroeg genoeg voor die tyd klaar is, dan verlig dit die spanning en dan geniet jy ook jou troudag soveel meer. Vat ‘n paar minute op jul troudag en neem alles in, die tyd gaan so vining verby en die heel belangrikste van alles, geniet mekaar dit gaan tog net oor julle twee.


Retief en Jana_0025 Retief en Jana_0026 Retief en Jana_0027 Retief en Jana_0029Retief en Jana_0030 Retief en Jana_0031 Retief en Jana_0032 Retief en Jana_0033Retief en Jana_0034 Retief en Jana_0035 Retief en Jana_0036 Retief en Jana_0037 Retief en Jana_0038Retief en Jana_0040 Retief en Jana_0041 Retief en Jana_0042 Retief en Jana_0043 Retief en Jana_0044 Retief en Jana_0046 Retief en Jana_0047 Retief en Jana_0048


Diensverskaffers: