Oulike Pienk & Blou trou uitnodiging

Melissa van Pretty in Stains deel vandag met jou die oulikste blou en pienk bruilofsfees uitnodigings vir jou spesiale dag. Die uitnodiging kom in ‘n toegevoude koevertjie waarop die W&N hierbo staan. So dit pas alles mooi in mekaar. Jou gaste sal dit ontvang in ‘n vierkantjie en dit dan kan uitskuif waar die verskillende los dele van die uitnodiging dan sien baar is. Dit is ‘n baie oulike en interaktiewe, maar ook moderne uitnodiging. Perfek vir die moderne paartjie wat hou daarvan om ietsie anders te doen. Ook die gebruik van foto’s as deel van die uitnodiging skep ‘n baie persoonlike gevoel.

Pretty in Stains_0001Pretty in Stains_0002

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

Pretty in Stains_0003

Diensverskaffers:

Skryfbehoeftes: Pretty in Stains