Simboliese Monochromatiese Trou Inspirasie

Hierdie Monochromatiese gestileerde fotosessie is vir die bruid wat hou van ʼn skoon, minimalistiese styl.  ʼn Monochromatiese trou kleurskema word gebruik, maar die teksture van die verskillende dekor items op die tafels gee dit steeds ʼn interessante voorkoms.  Die groep diensverskaffers wat hierdie fotosessie geskep het, het gefokus op die kleur wit en die simboliek daaragter.  Omdat wit dikwels met reinheid en wedergeboorte geassosieer word, verteenwoordig dit die trou industrie wat vir ʼn tydperk gesluit was, maar nou weer stadig maar seker lewe kry.  Hulle doel was om die opgewondenheid wat met troues verband hou weer te laat vlam vat en om vir toekomstige bruidspaartjies nuwe hoop te gee vir die moontlikhede wat 2021 inhou.

Wat hierdie fotosessie selfs nóg beter maak, is die feit dat dit uiters veelsydig is.  In die artikel hieronder word daar idees gegee oor hoe om die fotosessie as inspirasie te gebruik, maar jou eie stempel daarop af te druk en klein veranderinkies te maak.

Indien jy van ʼn skoon, minimalistiese styl hou, is hierdie simboliese monochromatiese trou inspirasie perfek vir jou!

Wie het die fotosessie gereël?


MK Event Management het die fotosessie gereël.

Inspirasie agter die fotosessie:


Wit word gewoonlik geassosieer met lig, goedheid, onskuld, reinheid en wedergeboorte.  Dit word ook beskou as die kleur van perfeksie.  2020 was ʼn jaar gevul met uitdagings en baie bruidspare moes hul troue uitstel.  Daar gaan baie hartseer gepaard met die uitstel van troues en die fotosessie was die perfekte manier om die wedergeboorte van die industrie te vier en paartjies nuwe hoop te gee.

Ons het op die wit kleurskema gefokus deur met wit linne, wit dekor en wit blomme te speel.  Paartjies wat hou van ʼn minimalistiese styl en ʼn suiwer voorkoms sal aanklank vind by hierdie fotosessie.  Hierdie trou inspirasie redelik veelsydig.  Dit laat jou toe om elemente by te voeg en ander te vervang om binne jou spesifieke begroting en smaak te pas.

Die troukoek is altyd ʼn hoogtepunt van die dag.  Ons het die tema weer hier beklemtoon deur die koek in wit fondant te bedek en te versier met elegante handgemaakte ryspapier detail.  Dit het elemente van wedergeboorte, suiwerheid en lig weer herhaal.

Aangesien ons nou ʼn jaar met nuwe moontlikhede binnetree, is dit nou die perfekte tyd om jou trou-beplanning weer aan die gang te sit!

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ons het diensverskaffers gekies waarmee ons al goeie verhoudings in die verlede gebou het.  Ons het geweet hierdie groep sal ons help om ons visie vir die fotosessie na lewe te bring.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Toe ons die moontlikheid van ʼn gestileerde fotosessie ondersoek het, wou ons iets relevant tot vandag se tyd doen.  2020 het baie mense se inspirasie en opgewondenheid gedemp en ons het gehoop dat ons fotosessie hulle ʼn silwer randjie vir die donker wolk sou gee.

Dit was merkwaardig om te sien hoe elke diensverskaffer ons visie op kort kennisgewing ingeneem het en gehelp het om hierdie pragtige fotosessie te skep.  Die finale produk was werklik pragtig!

Dekor:


Ons het ʼn silwer eetgerei gebruik om ʼn moderne element in te bring.  Terwyl die glas borde vir ʼn vars element teen die wit linne gesorg het.  Die glas borde kan ook vervang word met tin, goud of roosgoud om ʼn tikkie kleur in te bring.  Beide wit Tiffany-stoele en deurskynende stoele het mooi by die styl van die gestileerde fotosessie gepas.  Die wit Tiffany stoele komplimenteer die spierwit voorkoms, terwyl die deurskynende stoele die glas-borde komplimenteer.

Hoogte kan by hierdie styl gevoeg word deur kandelare of silinders met kerse van verskillende hoogtes te gebruik.  Alternatiewelik kan hoogte ook verkry word deur gebruik van verskillende soorte blommerangskikkings, byvoorbeeld lang wit Proteas of vloeiende Phalaenopsis-orgideë.

Trourok:


Ons wou ʼn rok hê wat die bruid se liggaam-tipe komplimenteer.  Ons vriende by The Bridal House het spesiaal die rokke vir ons pragtige bruide ontwerp en gemaak!  Die een rok wat gebruik was, is ʼn pasgemaakte trompet-styl rok met ʼn lae rug, gevul met kant en 3D blom-detail.  Die blom-detail vloei pragtig deur die romp en sleep.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Dit is baie belangrik om jou gekose tema met jou trou-koördineerder te bespreek om te verseker dat die regte venue gekies word om visie vir jou groot dag ʼn realiteit te maak.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: